Middelburg-man gevonnis ná hy vrou doodry

Lizel Visagie (38).

Khumbulani Malinga is vandag effektiewelik vyf jaar gevangenisstraf opgelê in die Middelburgse streekhof vir die dood van Lizel Visagie. Landdros Andreas Masteroudes het hom tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis, maar drie jaar daarvan vir vier jaar opgeskort op die voorwaarde dat Malinga nie ’n soortgelyke misdryf in hierdie tydperk pleeg nie. Malinga se rybewys is ook vir 12 maande opgeskort.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid tree ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag namens Visagie se ma, Marie Hamman, in hierdie saak op. Dit volg nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) aanvanklik die saak teen Malinga teruggetrek het as gevolg van uitstaande bloedalkoholverslae en die privaatvervolgingseenheid skrywes aan die NVG en polisie gerig het oor die gebrek aan vervolging.

Malinga is in Oktober 2021 in die streekhof in Middelburg skuldig bevind op ’n klag van strafbare manslag. Hy het skuldig gepleit op hierdie klagte nadat hy Visagie in Maart 2019 doodgery het. Visagie het tydens die voorval haar dogter (wat toe minderjarig was) uit die pad van Malinga se motor gestamp terwyl hy besig was om vir die verkeerspolisie te vlug. Malinga het Visagie se been afgery en sy is onderweg na die hospitaal oorlede.

Die verkeersbeampte van wie Malinga tydens die voorval weggejaag het, het tydens die hofsaak getuig oor die grusaamheid van die toneel, asook die feit dat Malinga oor vier rooi verkeersligte gejaag het nadat die beampte hom afgetrek het.

Lizel Visagie (38) en haar dogter, Ceriza.

Visagie se ma, Marie Hamman, het ook getuig oor die onomkeerbare impak wat die verlies van haar dogter op haar en haar familie se lewens gehad het aangesien haar dogter haar finansieel ondersteun het en vanweë die feit dat haar kleindogter moes emigreer ná haar ma se dood om by haar pa te gaan woon.

“Ons verwelkom dié vonnis, aangesien die familie geregtigheid verdien,” sê Wico Swanepoel, aanklaer by AfriForum se privaatvervolgingseenheid. “AfriForum se privaatvervolgingseenheid het by hierdie saak betrokke geraak om toe te sien dat geregtigheid geskied en om te verseker dat diegene wat die wet oortree nie ongestraf bly nie. Ons hoop dat hierdie vonnis vir die oorledene se familie berusting sal bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Richard ·

Sy vonnis is skokkend lig, inaggenome die omstandighede. Dit was nie ‘n ongeluk nie, omdat hy die moontlikheid moes kon voorsien dat hy iemand kon dood as hy oor rooi ligte jaag. Ek dink onwillekeurig weer aan dolus eventualis. Dit maak my woedend day hy slegs 5 jaar kry vir wat hy gedoen het, en dan is hy seker na 2 of 3 jaar uit.

Frank John ·

Hy kom weg met moord, dis hoekom hulle nie worry nie, ongeregtigheid bly ongestraf of onregverdige ligte straf.

Andries ·

Taxis ry ook so hier by ons in George. Elke oggend pleeg ek meer sonde soos ek vloek in my kop. Gaan seker nie eers die Poorte haal nie. Voel niks vir n rooi lig

christo ·

Was dit nie vir my masker wat dié woorde wegsteek nie, was ek in die moeilikheid. Die SAPD en die SA regstelsel laat ons in die steek. Laat ek perongeluk voor ‘n BBP inry word ek daar en dan gearresteer, aangerand en kry tronkstraf. Daar is nie gelykheid voor die reg in SA nie.

Colombo ·

Ek bly ook in George en het nog nooit dit ondervind nie.Trouens vir my is die teendeel waar.

SjN ·

Jy mag dus moor, straf is minder as ander oortredings, dubelle standaarde.

Frank ·

As die saak omgedraai was, sou daar weer busse vol nikswerd EEEFFFFFers aangery gewees het.

boerie ·

En sy lisensie word opgeskort terwyl hy in die tronk is, waar kom die hedendaagse regters aan hulle sogenaamde geleerdheid ?

Tienie ·

Bestuurs lisensie opgeskort vir 12 maande waartydens hy IN ELK GEVAL in die tronk gaan sit.

Drie jaar opgeskort vir vier jaar waartydens hy hopelik in die tronk sal wees en nie ALWEER NET 18 maande sal uitdien ie

Wat n belaglike vonnis. Dit skreeu ten hemele.

Ek is seker hy is tevrede met sy vonnis.

Yvonne ·

As die situasie omgekeerd was……ek kan my nie indink wat die staf sou wees nie…..is die regstelsel is ook gekaap???

Magda ·

5 jare, hoop di judge kan lekker slaap, SHAME ON YOU, YOU DO NOT DESERVE TO BE AN JUDGE.

Madz ·

Liewe Hemel! Hoekom is SY straf so lig? Ek wonder of daardie hof dit anders sou hanteer het as dit een van hulle se ma was…..

Swerwer ·

5 Jaar gevangesnisstraf vir moord? Ja nee die ANC kom letterlik met moord weg. S… ….. Hoe op deesaarde kan dit berusting bring vir Lizel se naasbestaandes.

Johan ·

Sedert die ANC na 1994 oorgeneem het, het hulle “kleur” heeltemal uit SA verwyder. Geen verkeerslig is meer ROOI nie, slegs lig- tot donkergroen! Jy waag jou lewe om in enige stad of dorp, blindelings deur ‘n groenlig te ry sonder om eers doodseker te maak dat “iemand” nie deur die kruising gaan jaag nie. Intussen sal jy alle wettoepassings-amptenare slegs by die winkelsentrums opspoor waar hulle daagliks inkopies doen……

Realis Thailand ·

Het nou die aand na n paar vonnisse gekyk in die VSA vir soortgelyke oortredings
gemiddeld so twintig jaar tot een vrou wie dronk was wat 56 jaar gekry het
Dit is nou behoorlike vonnisse
Kyk maar gerus op You Tube

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.