Minder beurtkrag dié naweek

(Foto: Sten Ritterfeld / Unsplash)

Vooruitsigte vir minder beurtkrag dié naweek is pas aangekondig.

Eskom het Vrydagoggend gesê weens “volgehoue verbetering in opwekkingskapasiteit” sal beurtkrag nog verder afgeskaal word.

Beurtkrag sal van 10:00 na fase 2 afgeskaal word en tot 16:00 van krag wees. Daarna sal fase 3-beurtkrag ingestel word en tot 05:00 Saterdag duur.

Beurtkrag sal Saterdag van 05:00 tot 16:00 opgeskort word, waarna fase 3 weer van krag sal wees.

Volgens die kragvoorsiener is 13 542 MW se opwekkingskapasiteit weens onklaarrakings nie beskikbaar nie.

“Eskom sal Sondagmiddag aandui hoe die vooruitsig vir beurtkrag die komende week sal lyk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Highlander ·

Weereens die op en af van die fases. Daar is geen “logiese” rede daarvoor

vuurvliegie ·

@Highlander. Daar is beslis ‘n verskil in fases want die krag aanvraag verander sekondeliks soos mense krag toerusting gebruik. Jy moet miskien belê in Solar dan sal jy miskien gelukkiger wees.

Jannie van Niekerk ·

Ek waarborg elkeen wat hier lees dat op Satermiddag gaan die minister van Beurtkrag fase 365/7/24 aankondig. Dit beteken dat ons vir 7 dae per week vir 24 uur per dag vir 365 dae per jaar sonder krag gaan wees. Soos dioe Engelse sê: Mark my words!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.