Minister besoek familie van vermoorde brigadier

Genl. Bheki Cele, minister van polisie (Foto: ANA)

Bheki Cele, die minster van polisie, en ʼn polisie-afvaardiging het Donderdag die familie besoek van die senior bestuurder van die Gautengse polisie wat Woensdagaand by sy huis in Protea-Suid in Soweto doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig die hoë offisier is tussen 18:30 en 19:00 geskiet toe hy by sy huis opgedaag het. ʼn Onbekende aantal aanvallers het hom oorval, geskiet en op die vlug geslaan. Die slagoffer is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas waar hy by sy aankoms dood verklaar is.

Die motief vir die aanval is nog onbekend en word ondersoek. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het die slagoffer as brig. Malefetsane Jonas Mofokeng, stasiebevelvoerder van die Meadowlands-polisie, geïdentifiseer.

Volgens Naidoo het Cele, genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, lt.genl. Yolisa Matakata, hoof van die Valke, en die topbestuur van die polisie Mofokeng se familie besoek om hul meegevoel te betuig.

Mofokeng het teen die tyd van sy dood 37 jaar diens in die polisiediens gehad.

Sitole het opdrag gegee dat ʼn taakspan met ervare speurders saam met beamptes van die Valke saamgestel word om die oortreders op te spoor.

“Niemand kan een van ons lede vermoor en by die huis slaap nie,” het Cele tydens sy besoek gesê. “Vir ons as polisie is dit nou belangrik om uit te vind wat en hoekom dit gebeur het en antwoorde aan sy familie te verskaf.”

Cele het ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan. Bel Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

p ·

Maar plaasmoorde . wat die daad gepleeg het mag rustig le en slaap waarom nie ook so baie mense aan stel vir die plaas moorde nie wat maak hom meer belangrikker as ons blankes mmmmmmmm

Spike ·

Wens hy was so besorg oor die plaasmoorde, mense wat sorg dat hy elke aand met ñ vol maag gaan slaap en nog sy salaris ook betaal.

Spike ·

Ek kan raai wat is die motief. Hy was ñ eerlike polisieman en sou iets onwettigs oopvlek.

marous ·

Hoeveel van sy lede is betrokke by misdaad en slaap by die huis ….en by die werk ?

Alida ·

Hy stel mens teleur om net aan te kondig dat hy se vuiste bal vir polisiemoordenaars. Wat van al die 1000 ander moorde wat gepleeg word. Sies Mnr Cele jy stel ons regtig teleur. Hy behoort sy vuiste te bal vir ALLE tipes misdaad in die land.

snoefie ·

die man het nie sy hoed op die, anders sou hy verseker gesê het vuis bal teen misdaad as n geheel. veral die onder polisie lede.

Ad ·

Wat van die plaasmoorde se mense wat agterna stukkend is???????????????

Alida ·

ALLE moorde moet prioriteit wees nie net sekeres nie. Cele moet oorlog verklaar teen ALLE misdadigers. Hy kan nie uitsonderings maak nie. Is die radio stasies of TV te bang om hom hierdie vrae te vra of wat?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.