Minister in presidensie ook op pad na Rusland

Ntshavheni Khumbudzo, minister in die presidensie. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Dit lyk nie of die onlangse skokbewerings oor ’n Russiese wapenskandaal Suid-Afrikaanse regeringsamptenare se reisplanne enigsins in die wiele gery het nie, want minister Khumbudzo Ntshavheni is óók op pad na Rusland.

Ntshavheni, minister in die presidensie, sal die internasionale vergadering van hoëvlak-amptenare verantwoordelik vir veiligheidsake van Dinsdag tot Donderdag in Rusland bywoon.

Sipho Mbele, Ntshavheni se woordvoerder, het Maandag gesê verteenwoordigers van tientalle lande bespreek algemene neigings in die internasionale veiligheidsituasie waaronder internasionale voedselsekerheid tydens dié jaarvergadering.

Mbele sê Ntshavheni het ook ʼn span hoëvlak-amptenare na Oekraïne gestuur ter voorbereiding van die vredesending wat pres. Cyril Ramaphosa verlede week aangekondig het.

Dié vredesending behels dat ses Afrika-leiers binnekort na Rusland en Oekraïne sal reis om te help om ʼn blywende oplossing vir die konflik tussen die lande te vind.

Ntshavheni sal tydens haar besoek aan Rusland met relevante owerhede vergader oor sake wat op dié vredesending betrekking het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

ABDP ·

Ek kan nie dink dat sy iets weet van vrede of onderhandelings tegnieke nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Verseker nie. Dit Russe weet dit ook. Maar sy kan seker inkopies doen.

Marthinus W ·

My oorlede broer was n “negotiator”. Dis nie die slimste persoon, of die een met die meeste grade, of die een wat die meeste tale praat, wat n goeie negotiator is nie. Dis die persoon wat soepel in denke is, by die onderwerp hou, en bereid is om oor enigiets te onderhandel.

Josef Stalin het nooit sy humeur verloor, om omgekrap geraak tydens onderhandelingsnie. Veldmaarskalk Montgomery skryf dat Stalin nooit n voet verkeerd gesit het in n onderhandeling nie. Maar, hy het gekry wat hy soek.

Juffrou ·

Net wéér/nog ń lekker vakansie trippie!
Wat weet sy tog van vrede onderhandelings!

Jaco ·

Ramaphosa en die ANC buig dubbeld agteroor om vir Rusland te wys SA is regtig ‘n vriend van Rusland, maar Rusland help SA absoluut NIKS. Wat van grootskaalse hulp met die Eskom probleem en wat van goedkoper petrol?
Uiters vreemd dié steun van die ANC vir Rusland . Rusland wil basies die etnies-Russiese dele van die Oekraïne beset en beskerming teen sogenaamde slegte behandeling vanaf die Oekraïne.
Draai dié situasie nou om en pas dit op SA toe: ‘n ander land val SA aan om ‘n einde te maak aan die onderdrukking van wit mense en kleurlinge in die Wes-Kaap.
Die ANC is vol dubbele standaarde:
Blykbaar is die 20 etniese republieke vir verskillende volke binne die Russiese Federasie reg.
Blykbaar is die skep van ‘n Palestynse staat reg.
Blykbaar is die groot mate van selfregering wat Kanada aan hulle “Native Americans” gee reg.
Blykbaar is die outonomie wat China aan Hong Kong en Macao gee ook reg.
NET nie-ANC-mense wat die Wes-Kaap wil laat afstig, is rassisties en vol apartheid

Republikein in die Wes Kaap ·

Ongelukkig dink nie al die etniese minderhede soos jy nie. Hule kerm en kla oor die regime se onderdrukking maar weier om afstigting te steun. Mbeki het 25 jaar gelede vir minderhede gevra om met voorstelle vorendag te kom. Hy wag nog steeds.

Nettie ·

Ek stem saam met jou kommentaar, amper in sy geheel, maar verstaan nie wat jy bedoel met die skep van ‘n Palestynse staat nie. Die land se naam WAS Palestinië tot Israel ‘n deel gekry het. Toe besluit Israel om ‘n groter hap te vat as wat aan hulle toegeken was in 1948. Toe nog ‘n groter hap en nog een en nog een. En toe besluit hulle om die dele wat nog “Palestinië” heet, te okkupeer met militere magte. Hoe is dit verkeerd vir die Palestiniers om nog ‘n stukkie land oor te hou wat hulle s’n is?

Marthinus W ·

Hoekom stel ons nie n groep saam nie, bv Flip Buys, Johann Rupert, Whitey Basson, Jannie Moolman, Dawie Roodt, Bennie van Zyl, ens. En reel dan n afspraak met Poetin, of wag as hy hiernatoe kom. Verduidelik wat ons in 300+ jare bereik het, en nog steeds doen. [Ons kap Rusland oor Oekraine, wapens, ens, maar dan verwag ons hulle moet ons etniese probleem oplos?]

Republikein in die Wes Kaap ·

Die menere wat jy noem stel nie belang nie. Die huidige SA werk vir hulle.

Blomkind ·

Net so ja…Ek aan daai selfde ding gedink…Maak die sakke vol en dan los hulle die res om te kripeer…Dis n blerrie skande en ek skaam my om vir iemand buite die hool te sê, ek bly in SA…

JohanR ·

En daar dink ek die blyplek in Dubai is al lankal gereel? Dubai tot Moscow is maar net 62ure pad af.

Di ·

Die hele land val uitmekaar maar hulle almal vlieg oorsee asof hier niks fout is ons land nie. MORS van ons belasting betalers se geld

Anel ·

Kan jou nou meer! Lyk regtig of hulle wil hê die res van die wêreld moet ons weer afsny! Wat weet hulle van vrede bewerkstellug? En wie gaan tog vir hulle luister? En met wie se geld gaan hou die spul so lekker vakansie? Kan nie ‘n enkele probleem hier by ons oplos nie, maar wil ander lande se probleme gaan uit sorteer!

Kokerboom ·

Rerig?!Noodsaaklik?? Sal geagte Minister die land kom inlig oor al die konstruktiewe besluite geneem met ekonomiese voordeel vir SA9 Jammer kaders weet nie wat dit is!) om uitgawes te regverdig?

Nozi ·

Om ‘n blywende oplossing vir konflik te vind tussen Duitsland en Oekraïne. Wat is die blywende oplossing vir konflik/vrede in SA? Julle kan dit nie eens oplos nie.

Papsak ·

Wat gaan soek hulle daar Rusland kike ons nie baie nie julle krap waar dit glad nie jeuk nie

Faraway ·

Blywende oplossing vir die konflik tussen die lande te vind???
Skrop eers voor jou eie deur dan . . . sal jy ander kan help!

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

…en natuurlik die belasting betaler se hardverdiende geld verkwis op ñ luuks, gefinansierde vakansie. Moet tog nie vir my vertel die klomp noncom-poops gaan iets anderkant uitrig nie. Asb.

JohanR ·

Hei hei lekker vakansie! Rus ruble teen die rand – R1 koop vir jou 4.14 rubles. Soe as Ntshavheni Khumbudzo R100000 belastingbetalers se geld vat, dan kry sy 414135 rubles. Weet nie hoeveel die 30 vriende en familie wat sal saam kaaring sal kan kry van belastingbetalers se geld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.