Minister ‘oneerlik’ oor SAL

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Die Metaalwerkersvakbond Numsa en die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging (Sacca) het die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, van oneerlikheid beskuldig nadat ʼn sakereddingsplan wat tot 3 700 werksverliese by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) kan lei bekend gemaak is.

Die vakbonde sê hulle oorweeg nou regstappe om ʼn stem oor die plan – wat hulle aanvoer sonder die insette van arbeid saamgestel is – te verhoed.

Die regering het SAL in Desember verlede jaar in sakeredding geplaas. Dinsdag het die sakereddingspraktisyns ʼn plan bekend gemaak wat die staat se rekening vir die betaal van die redery se skuld, en die finansiering van die SAL se herstrukturering, op R26,7 miljard plaas. Ingevolge die plan gaan net 1 000 van SAL se meer as 4 600 plaaslike werkers hul poste behou.

In ʼn voorlopige reaksie het die departement van openbare ondernemings gesê hy is bekommerd dat die plan dalk nie voldoende is nie. Die regering sal wel ʼn voorstel steun wat lei tot ʼn lewensvatbare, volhoubare en mededingende lugredery wat plaaslike, streek- en internasionale vlugte verskaf.

Numsa en Sacca sê ten spyte van die regering se openbare stelling dat die likwidasie van SAL nie ʼn opsie is nie, het die vakbonde gehoor dat die departement reeds die groen lig vir ʼn nuwe redery gegee het.

“Die vlak van oneerlikheid van die departement en die manier waarop hulle die proses bestuur en afgehandel het, laat veel te wense oor. Dit is nie ʼn oordrywing om te sê dat die sakereddingspraktisyns en die departement die land en werkers liederlik in die steek gelaat het nie.”

Die vakbonde sê dit sou in die eerste plek nie nodig gewees het om SAL in sakeredding te plaas as die regering met integriteit en bevoegdheid opgetree het in sy bestuur van SAL én ander sukkelende staatsbeheerde instellings nie.

“Ons het alle vertroue in die departement en veral in min. Gordhan, as ʼn eerlike en bevoegde vennoot in ons strewe om SAL te red, verloor.

“Hoe kan die departement met ʼn rein gewete 3 700 werkers op straat laat, terwyl daar soveel werkloosheid en armoede is? Ons oorweeg dus alle wetlike opsies.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Nie Verbaas ·

Gordhan, gee asseblief op met SAL en likwideer. ANC het 100% reputasie dat hulle niks kan maak werk nie en SAL is geen uitsondering nie. Dit is hoog tyd dat die vakbonde ophou om die regering voor te skryf.

JN ·

Wel hul is veronderstel om te wees.. Lyk vir my meer na n sirkus!

Michael ·

Gordhan is ‘n geharde kommunis, ek verstaan nie waar kom die vertroue wat so baie mense in hom het vandaan nie. Oral waar hy betrokke was het dinge lelik skeefgeloop.

Burgermeester ·

Vakbonde is ‘n groot probleem in die land. Tannie Margret Thatcher het ‘n goeie punt gemaak toe sy gesê het, “We had to fight the enemy without in the Falklands. We always have to be aware of the enemy within, which is much more difficult to fight and more dangerous to liberty,” (Thatcher, 1984).

Kobus ·

En nou jaag hulle die pryse van Repat sitplekke so op en dan dink hulle hulle gaan die SAL met daai geld red.

Mariana ·

Wonder of hier hier nog mense in die land wat enigiets glo wat die ministers opdis en saam met president is hulle gedugte span leuenaars. Wanneer gaan genoeg dan nou genoeg wees. Hoeveel moet die belastingbetalers nog opdok vir hulle ondeurdagte besluite of steek daar dalk meer agter die besluite? Daar is soveel dinge in die land verkeerd, waarvan SAA maar een is.

Magda ·

Vakbonde moes lamkal die trekpas gekry het. en SAL moet toe gemaak word ASAP.

Kokerboom ·

Die SAL onderwerp is nou al so holrug gery dis regtig nie meer snaaks. Net die feit dat mens heeldag na sulke onbevoegde mense soos staat en vakbonde se sinnelose redenasies moet luister en wat total vergeet het dat hul op ‘n illusiewolkie lewe maak mens naar. Die brutale geldvermorsing deur sakeredders op ‘n oplossing wat voor die hand liggend is is om van te ween! Die arrogansie ken keen perke. Hoop Tito ruk hul in die bek.

Althes ·

Numsa en Sacci erken dat SA ñ geweldige probleem het met werkloosheid en armoede deur ‘die werkers op die straat te laat’ – na 26 jr van demokrasie kan Cyril Ramaphosa gelukkig nie vir ‘Groenewald en sy Ilk’ die skuld gee dat hul barriers is vir inklusiewe ekonomiese groei nie.

Pieter ·

Gordhan lieg saam met sy ANC pelle niks snaaks nie dit is hoe komuniste werk. Vat die staats pension fonds en bele dit in SAL mnr gordhan dan is jou geld ook by SAL

Porseleintjie ·

Kan mens ooit enige eerlikheid aan die regering koppel?

Martie Smartie ·

Fire Pravin Gordhan. Waar is die EFF nou, het hulle bang geword vir hom?

Elsa ·

Een van die beste lugrederye ter wêreld, is net soos Eskom en ander, in die grond best uur.
En daardie be stuur loop breë bors rond.

Willem ·

Dis die grootste probleem in S Afrika as jy n minister word dink jy verstand kom saam

Misky ·

Die vakbonde wou mos staak en staak en nogmaals staak en almal gewaarsku en se moenie. Toe het almal gewaarsku en se moenie huil as die hele SAL tot niet gaan met al die stakery nie. Hulle moet maar lekker huil – gesoek daarvoor.

Maak toe daai kraantjie en die skip sink al 26 jaar lank!!!

Hennie ·

Hoe sinneloos en belaglik word daar stellings gemaak! Om te se die”land” en die SAA is in die steek gelaat ‘n goeie poging tot ‘n klakkelose leuen! Die waarheid is, die SAA , sy hele bestuur asook die regering en die vakbonde het SA en sy mense in die steek gelaat, nes elke ander staatsinstelling en departement. Ewe skielik dop daar ‘n besigheidskenner agter elke bos uit met kundigheid em dié sake te red, maar waar was julle die afgelope 26 jaar of was dit vir julle voordelig om te deel in die korrupsie en diefstal van staatsentiteite se bates en geld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.