Minister veroordeel plaasmoorde

Thoko Didiza (Foto: Facebook)

Die minister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Thoko Didiza, het Dinsdag in die parlement plaasmoorde skerp veroordeel en ʼn beroep gedoen op versoening en beter rasseverhoudinge op die platteland.

Sy het haar meegevoel met slagoffers van moorde op plase – van boere asook plaaswerkers – uitgespreek en gesê dit is boonop baie sleg vir die landsekonomie.

ʼn Sterk pleidooi teen onwettige grondbesetting is terselfdertyd gelewer deur Didiza en haar adjunkminister, Mcebisi Skwatsha.

Hulle het ʼn duidelike onderskeid getref tussen die beleid van die ANC oor grondhervorming en die EFF-beleid oor dieselfde onderwerp toe hulle die parlementêre mediakorps toegespreek het voor die parlementêre debat oor hul begrotingspos.

Skwatsha het gesê daar is geen manier dat die ANC sal toelaat dat grondhervorming in wanorde, onwettige of ongrondwetlike gedrag verval nie. Dit sal verantwoordelik en ordelik hanteer word aan die hand van die ooreengekome prosesse, met inagneming van die belange van wat hy sonder spesifieke rasverwysing bestempel het as enersyds “diegene wat al lank wag dat die grond wat hulle ontneem is, aan hulle teruggegee word” en andersyds “diegene wat al lankal in Suid-Afrika woon”.

Hy het gesê daar is beslis nie ʼn lys van private eiendomme wat die staat eerste wil onteien nie. Die teendeel is volgens hom waar – soos reeds begin gebeur het, sal die kostelose oordrag van die deel van sowat 1,4 miljoen hektaar staatsgrond wat sinvol vir landbou en stedelike huisvesting gebruik kan word, eerste aan die beurt kom.

Skwatsha en Didiza het benadruk dat die verslae van die hoëvlak-hersieningspaneel van oudpres. Kgalema Motlanthe en die presidensiële adviespaneel oor landbou, die parlementêre proses oor die inhoud en bewoording van art. 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, en die insette wat kundiges soos adv. Tembeka Ngcukaitobi, adv. Wim Trengove, prof. Ruth Hall en oudregter Albie Sachs vroeër vanjaar aan die tersaaklike parlementêre ad hoc-komitee gemaak het toe Didiza nog die voorsitter daarvan was, in ag geneem sal word, asook die tyd gegun sal word om behoorlik hul loop te neem.

Hoewel Didiza benadruk het dat sy die parlementêre proses (tans voor ʼn ad hoc-komitee onder voorsitterskap van die ANC-LP en oudpremier van Gauteng, dr. Mathole Motshekga) volkome respekteer, het sy haar gehoor spesifiek gewys op Ngcukaitobi se inset oor die onderwerp.

In Ngcukaitobi se voorlegging – wat uiters gematig is – betoog hy dat die Grondwet liefs nie gereeld verander moet word nie, maar siende dat die parlement nou besluit het dit moet gebeur, staan hy ʼn baie klein verandering voor wat die huidige art. 25 net duideliker stel.

Ngcukaitobi se inset lui voorts dat die fokus eerder moet val op behoorlike beleidsuitvoering, die hof as finale arbiter oor grondkwessies en die kleinste bestuursrol moontlik vir die staat – dus eerder private eienaarskap.

Didiza en Skwatsha het albei gevra dat mense nie paniekbevange moet wees oor grondhervorming nie. Dit is wêreldwyd ʼn natuurlike en nimmereindigende proses, en Duitsland is byvoorbeeld tans besig om die aard en omvang van ʼn nuwe program ter omvorming van grondeienaarskap aldaar te bepaal.

Didiza en Skwatsha het voorts beklemtoon dat die invloed op die landsekonomie deeglik en versigtig in ag geneem moet word voordat enige grondhervormingsmodel gefinaliseer word.

Didiza het haar daartoe verbind om verdere uitvoermarkte vir Suid-Afrikaanse landbou-uitvoerprodukte te vind, veral in Europa, elders in Afrika en in Oos-Asië, by name die massiewe Chinese mark.

Plaagbeheer en die uitwerking van klimaatsverandering op die landbou is twee gebiede wat vir Didiza prioriteit is, asook groter stabiliteit en sekerheid oor die toekoms in die sektor, en die makliker verkryging van lenings.

Didiza het erken dat baie bedrog, wanbestuur en selfverryking tot dusver in die grondhervormingsprogram voorgekom het. Sy het die versekering gegee dat die skuldiges sal boet. Dit word tans deur die Valke ondersoek, en die eerste agt skuldige amptenare is reeds afgedank.

Didiza het wel gesê mense moet in hierdie verband geduldig wees. Die ondersoeke is uiters ingewikkeld en neem lank om so deeglik te voltooi dat vervolgings suksesvol kan plaasvind.

Die minister het haar laastens verbind tot die proses om reg te laat geskied aan oudinwoners van Distrik Ses in Kaapstad en hul nasate, tot regstelling van die ongeregtigheid van gedwonge verskuiwing na die Kaapse Vlakte deur die apartheidsregering wat die historiese buurt gesloop het.

Sy het egter gewaarsku dat dit ʼn uiters moeilike taak is om vas te stel wie die wettige eienaars van eiendom in Distrik Ses was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Ig ·

Jy kan goed wees vir jou werkers tot jy blou word maar as dit stemtyd is stem hulle Anc en sal nie skroom om die hand te byt wat hom voed nie.

Marietta ·

Nou eers….????…dis net weet n heuningkwas Om wittes “sag” te maak…hulle weet hulle Gaan wittes nodig he met vaardighede….hulle het 25 Jaar gehad Om iets te Se en te doen aan plaasmoorde….Wie Val nog Vir hierdie taktieke?

emily ·

Hulle almal veroordeel dit, Maar doen enige van hulle iets omtrent dit.

Anoniem ·

Kan ‘n mens dit glo ? Ek wil eers hoor dat plaasaanvalle 0 is dan sal ek weet iemand het ingegryp

sweis ·

Nie waar die DA is tjoepstil volgens hulle bestaan daar nie iets soos plaasmoorde nie.

kolla ·

sweis – Jy is al so ver van die spoor af jy glo jou eie leuens. LOL

Anoniem ·

Kan ‘n mens dit glo ? Ek wil eers hoor dat plaasaanvalle 0 is dan sal ek weet iemand het ingegryp

Antoinette ·

Grondgrype nie toeglaat nie? Wat gaan hulle doen omtrent daardie arme man van Ennerdale (en ander) wie se plaasgrond stuk-stuk ‘verkoop’ word, en nou sit hulle met die gemors – en so ook die ‘nuwe eienaars’ wat om die bos gelei is?

Ben Potgieter ·

Lees mooi tussen die lyne dit gaan oor versoening en rasse verhouding.By implikasie word die probleem op ons boere geplaas.Moet nie te gou bly word nie,wag en sien of iets gaan gebeur.

Ekke ·

Dit is darem een ANC leier wat die plaasmoorde veroordeel. Maar wat van onse Prez…..?

Marietta ·

Nou eers….????…dis net weet n heuningkwas Om wittes “sag” te maak…hulle weet hulle Gaan wittes nodig he met vaardighede….hulle het 25 Jaar gehad Om iets te Se en te doen aan plaasmoorde….Wie Val nog Vir hierdie taktieke?

andries makopa ·

Wys ons ek glo niks wat uit julle monde kom nie #ANC ek glo eerder my bierman se hond

Anoniem ·

Kan niks glo wat uit hulle monde uit kom nie talk is cheap dit na die Vreiheids front druk op hulle begin plaas het. Dit is hoekom julle my stem gekry het. Ten minste probeer julle die boere en blankes beskerm van hierdie kommunistiese land. Well done.

Pensioenaris ·

Dankie, dankie vir hierdie minister wat vir die HEEL EERSTE KEER erken dat daar iets soos plaasmoorde bestaan. Kan sy nie dalk tot ons prez ook deurdring nie? Klein druppel in die emmer maar iewers word iets raakgesien

Lindtjies ·

Thank you Lady!! Ek hoop net jy bedoel dit regtig. Ons Afrikaner nasie se vertroue het maar bietjie ‘n knou weg.

Willie ·

Ek hoop net dis nie net woorde nie… Ons wil aksie sien, dat iets daadwerkliks gedoen word

Magda ·

Nou gee hulle aandag of eerder probeer ons heuning om ons monde smeer. Afrifroum moet nie julle taak om die Plaasmoorde tot die VN te vat LOS nie. Gaan voort. Ons as Wit mense het ook NOU genoeg gehad en stil gebly.

Andre ·

Dit gaan nie soseer oor rasseverhoudinge as wat dit is deur die aanhitsing tot geweld teen plaasboere nie. Die EFF is bekend daarvoor.

Wielspore ·

Hierdie is ‘n mylpaal in die erkenning van plaasmoorde en die gevolge kan net goed wees.
As ‘n minister ‘n verklaring uitreik dat sy plaasmoorde veroordeel, veroordeel sy die motief agter die moorde en dit plaas die soort optrede op die hoogste vlak van regering en ek glo daar gaan positiewe sake hieruit volg.

GP ·

Nog ‘n stap in die regte rigting, dankie aan die minister.
Moenie so negatief wees nie mense, die is goeie nuus.

marous ·

Na hoeveel jaar se moord en marteling kom dit nou eers oor een se lippe ? Die besluit om die wittes en spesifiek die Afrikaner uit te moor en in die grond in te vertrap is al dekades gelede geneem . Daar is en sal nooit bekommernis hieroor vanaf die leiers van die mishoop wees nie.

kolla ·

Dit gaan ‘n bietjie lank neem om die blankes “uit te roei” teen die huidige “uitroeikoers”.

@Marietta ·

Jy is heeltemal reg. Hou op om so naief te wees mense. Dit is gese omdat soveel toenemende druk op hulle uitgeoefen word. Dis al, want die wereld kyk.

George ·

Moet die president nie eerste reaksie toon na sy “stories” oorsee nie?

JL. POS ·

Hoekom vertrou ons nie op die Here en begin spreek lewe nie . Ons S-A boere moet meer op ons kniee gaan en bid en ons nie laat lei deur die ontmoonlike en ongelowige nie. As jy net kan glo is alles moontlik by hom wat alle mag het bo ander . Hoop en vertrou dat daar n beter plan van die allerhoogste sal kom die dag wanneer jy dit nie verwag het nie.

Tino ·

So as jy grond gevat het vir self verryking word jy net afgedank as amptenaar, dit sodat jy nou kan gaan boer. Geen verantwoording of straf word toegepas nie?

Jerry ·

Die ANC se NDR programme het dit alles ten doel om SA binne die raamwerk van die demokratiese bestel en Grondwet te de-kolonialiseer en te sosialiseer (hierdie stelling is gebaseer op die feite van die ANC se beloftes aan die kiesers, beleid wat tydens die ANC konferensie geformuleer was en reeds uitgespelde narratief vir SA en is positief vir die ANC, maar negatief vir die opposisie). Enige persoon wat nie aan dieselfde kant van die draad as die ANC staan nie en wat positief is oor ANC mooi uitsprake word dus deur die ANC om die bos gelei. Onteiening sonder vergoeding is maar net een van talle NDR programme waarmee die ANC graag de-kolonialisasie en sosialisasie sal wil bereik. Die ANC gebruik misleidingstaktiek om mense te kondisioneer deur mense met mooi idees en woorde te paai of met lelike idees en woorde te dreig na gelang van wat die politieke en ekonomiese klimaat verlang en vir wat en hoe die ANC se NDR programme die minste weerstand en beste samewerking kan kry vir implementering. Agter die nederige mooi woorde en vriendelike mombakkies skuil n donker en lafhartige psige met misleidende en gewetenlose ideologie. Maar nou ja, so was dit nog altyd met die goedgelowiges die geval, “you dont know, what you dont know, because you dont want to know”! In eenvoudige Afrikaans beteken dit, dat jy reeds gekondisioneer is tot oorgawe!

Israel ·

Dingaan het dieselfde gesê en wat maak hy toe!!!!Al veskil is die wat vandag aan bewind is dra klere,hulle siening op die lewe het nie verander nie, word asb wakker

Koos ·

Wat gaan aan? Sy veroordeel plaasmoorde, gister sê die minister van basisies onderwys dat Afrikaans nie in skole bedreig moet word nie, die EFF word verwys na ‘n disipline komitee en die BLF word as politieke party geskrap. Is die nog SA of het ek ‘n paar maande iewers gemis? Ek bid hard dat meer leiers van hierdie land die voorbeelde kan volg en verbeter!

Stem saam ·

Ek stem saam – al hoe meer positiewe nuus. Dalk droom ek, maar dinge is besig om te gebeur, en dis baie positief!

Vintcent ·

Die hoof-indoena is egter steeds tjoepstil en ontken steeds alles. Die impis (Didiza en Skwatsha) gaan nou weer pakkry omdat hul dit gewaag het iets te sê.

BM ·

Mooi broodjies moet nou eers gebak word om die aansag af te lei. Die buiteland het kennis geneem van wat hier aan die gang is en begin gevolglik druk toepas. Jerry se kommentaar hier bo is 100% in die kol. Tydelike misleiding, die einddoel bly die NDR

Ek sal ook nie grype toelaat ·

Eks bly julle maak dit duidelik. Ek gaan beslis ook nie grype van my eiendom toelaat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.