Minister weier glo petisie oor Taalmonument

(Foto: Verskaf)

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, weier glo om die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se petisieskrif oor die voorgestelde naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument in ontvangs te neem. Die minister ontken boonop nou dat hy ooit gesê het die monument se naam moet verander.

Die FAK sê hy het met die minister se kantoor in verbinding getree om die betrokke petisie, waarin meer as 30 000 mense Mthethwa tot verantwoording roep, te oorhandig. Die minister se kantoor weier egter glo om op hierdie versoek te reageer.

Daar is weke lank reeds sprake dat Mthethwa die “Afrikaanse” uit die Afrikaanse Taalmonument en ‑museum se naam wil verwyder en dat Mthethwa dit op ʼn vergadering met bestuurslede van die monument sou voorgestel het.

Dit is wat die ATM na afloop van dié vergadering aan Maroela Media gesê het:

“Dit is korrek dat die agbare minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, op 10 Maart 2022 in Pretoria gesê het dat die ATM se naam moet verander. Dit was tydens die jaarlikse ondertekeningseremonie van die aandeelhouerooreenkoms tussen die departement en alle hoofde en voorsitters van die openbare entiteite wat onder sy portefeulje val.”

Die aandeelhouerooreenkoms, wat Maroela Media self onder oë gehad het, sit uiteen dat die ATM se bedrywighede sal moet diversifiseer ten einde meer inklusief te wees. Daar word egter nie spesifiek na enige naamsverandering verwys nie.

Die ministerie ontken egter nou dat daar selfs enige ooreenkoms tussen die partye onderteken is en sê die naamsverandering is nooit voorgestel nie.

In ʼn brief aan lede van die portefeuljekomitee vir sport, kuns en kultuur, skryf Simon Nkanunu, ʼn amptenaar van die minister se kantoor: “Nadat ons die inligting met die departement bevestig het, is dit duidelik dat geen ooreenkoms tussen die minister en die raad van die Afrikaanse Taalmonument ooit bestaan het nie. Dit is baie ontstellend dat die departement en minister by gerugte of onbevestigde inligting betrek word, wat kosbare tyd en hulpbronne van die departement in beslag neem.”

Gerhard Pretorius, hoofkommunikasiebeampte van die FAK, sê dit is duidelik dat die water nou te warm raak vir minister Mthethwa en hy probeer om die kwessie te ontken deur te skuil agter die vaandel van “valse inligting”.

“Die vraag wat gevra moet word, is: Hoekom as daar ’n dokument oor ’n ooreenkoms, ’n mediaverklaring wat erken daar is gesprekke met die departement én ’n openbare vergadering oor die kwessie is, steeds ’n verset van die departement oor die kwessie is?” sê Pretorius.

“Die FAK reik uit na die minister, maar hy ag dit nie belangrik genoeg om die stem van die kultuurgemeenskap te hoor nie.

“Dit is skokkend, gegewe al die prosesse wat gevolg is, dat minister Mthethwa dink hy kan Suid-Afrikaners ’n rat voor die oë draai.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Agge nee ·

My magtig, die afkorting ATM is wat die minister laat belangstel het in die Monument. Hy het gedink dit is ‘n kitsbank waar hy sy deeltjie kan opeis.

Ontnugterde senior ·

Is daar dan nie ‘n politieke party wat ook ATM as afkorting gebruik nie? Hy is seker bang hulle dink hy ondersteun hulle.

M ·

Hy is totaal onbevoeg vir sy salaris, en daarby fobies-obsessief-/ kompulatief- siek !!! Kon nog baie sê….. maar foeitôg “Hy verstaan hom nie daai ene wat “sy” hom probeer sê nie !”

AmY ·

As Afrikaans dalk uit die naam gehaal word, het hulle ons geld seker ook nie meer nodig nie?
Maar dis steeds bitter hartseer.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Klomp lafaards, ek glo die dag wanneer dit saakmaak, en ons teen hulle moet opstaan , gaan hulle soos kaarthuise inmekaar tuimel.

Geert ·

Dit wys jou net ons moenie net aanvaar dat die ANC alles wat vir ons belangrik is, mee te maak soos hulle wil nie kyk hoe vinnig ontken Mthethwa wat hy gesê het to die FAK opstaan.

Roedolf Johannes ·

Kom ons hou op om Petisies vir die Onbevoegde Kabinets lede te gee EN KEER TERUG NA DIE HERE TOE,ONS VOLK WORD GESTRAF VIR ONS ONGEHOORSAAMHEID

Marcello ·

Watse ongehoorsaamheid, ?????? Die feit dat ons hulle nie as ons vriende beskou nie?

Jasmyn ·

So minister mthethwa is ń leuenaar… wonder wat Gerrie Nel hieroor sal sê.

Darts girl ·

Natuurlik sal dit mos nou ontken word, waar was hulle ooit eerlik.

Hasie ·

Die minister sal nie ‘n toilet kan bestuur nie wat van ‘n hele Staats department ?

annie ·

Nathi weier om verkeerd te doen? Dis goeie nuus! SA se ministers vorder. Hy het nog te nimmer beoog om so onverantwoordelik te wil wees. Waar kom hulle aan soiets? Geluk minister! Jy leer ten minste uit ”hulle’ se foute.

Papsak ·

Ja hy is n lafaard nou ontken hy alles maar hy moet regtig nie krap waar dit nie jeuk nie los ons TAALMONUMENT net UIT ASB rig jou eie taal monument op as jy wil jy het gekd daarvoor

Charl ·

Te hel met mthethwa en te hel met die anc, tyd dat ons wit Suid Afrikaners ons voet neersit oor hierdie omgekeerde rassisme !!!

Nico ·

Dit is die Afrkaanse Taal Monument, waarom altyd afkortings. Die FAK moet die regte naam gebruik nie afkortings nie.

Swerwer ·

Belaglik, hoekom moet ons ons trots inboet vir terroriste. Oral het hul standbeelde vernietig en hul waardelose beelde opgerig en ons moes dit net aanvaar . Voor die Taalmonument ook in die kommunistiese hande val sal ek dit platslaan al is die hoe hartseer. Vernietig liewer dit wat van waarde is vir ons voor die kommunis daarop beslag lê.

Eden ·

Matetwa hou daarvan om die Boere met iets besig te hou en dan iets heeltemal anders te doen. Ek verwag ‘n klompie Afrikaanse dorpsname gaan eersdaags weer sneuwel.

Ontnugterde senior ·

Ek het nie die petisie gesien om te teken nie, maar ek stem saam met almal wat dit geteken het. Ek dink hy wil nou vasskop met die naam omdat hy sy vlag projek verloor het. Dit gaan nog steeds geld kos net soos die dorpsname wat ons ekonomie nie kan bekostig nie. Tyd dat hy ook die trekpas kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.