Misdaad in SA bereik nuwe hoogte  

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Kontakmisdade in Suid-Afrika het tussen 1 April en 30 Junie vanjaar met 60,6 % toegeneem terwyl moord in die land het met ʼn enorme 66,2% gestyg het.

Só het Bheki Cele, minister van polisie, Vrydag tydens die bekendmaking van die nasionale misdaadstatistieke vir die eerste kwartaal van die 2021/2022 finansiële jaar gesê.

Dié toename, sê Cele, sou onder normale toestande “katastrofies” gewees het, maar maan dat die syfers nie met die vorige jaar sʼn vergelyk moet word nie, aangesien die onderskeie vlakke van inperkings tydens die Covid-19-pandemie ʼn beduidende impak op misdaadtendense gehad het.

“Wanneer dié syfers met dié van die eerste kwartaal van die 2019/2020-finansiële jaar vergelyk word (vóór die pandemie), is die algehele toename in die moordsyfer 6,7%.

“Hoewel ons nie die hoë, onnatuurlike syfers onder die mat sal vee nie, moet ons ʼn holistiese beeld skep deur die syfers van die eerste kwartaal in die huidige boekjaar ook met die syfers van ʼn ‘normale tydperk’ twee jaar gelede (2019-’20) vergelyk.”

Luidens die jongste statistieke is 5 760 mense tussen April en Junie vanjaar in die land doodgemaak.

Dit is 2 294 meer mense as dieselfde tydperk verlede jaar.

“Wanneer dit met die tydperk sonder inperkings vergelyk word, was daar ʼn toename van 362 sterftes.”

Moord

Uit ʼn steekproef van 4 467 gevalle blyk dit dat meer as helfte (2 531) van moorde in openbare plekke plaasgevind het. Dit sluit strate, parke, velde, verlate geboue en strande in.

Minstens 1 385 (sowat ʼn derde) van die moorde is by die slagoffer of oortreder se huis gepleeg.

Volgens Cele was die hoofoorsake van dié moorde argumente, rooftogte, gepeupelgeregtigheid (mob justice) en bendegeweld.

Cele sê 206 moorde is by kroeë of drankwinkels gepleeg, wat beteken dat dit die vierde mees waarskynlike plek is om vermoor te word.

Verkragting

Altesame 10 006 verkragtings is tussen April en Junie vanjaar aangemeld.

Dít dui op ʼn toename van 4 201 (72%) gevalle vergeleke die vorige jaar se syfers. Wanneer dit met die syfers van twee jaar gelede vergelyk word, was daar ʼn toename van 2,8%.

Die statistieke dui aan dat 3 766 gevalle uit ʼn steekproef van 5 439 (amper 70%) by die slagoffer of oortreder se huis plaasgevind het.

Cele sê 478 van dié gevalle hou met huishoudelike geweld verband.

Die meeste verkragtingsgevalle is by die Inanda-polisiestasie in KwaZulu-Natal, die Delft-polisiestasie in die Wes-Kaap en die Lusikisiki-polisiestasie in die Oos-Kaap aangemeld.

Plaasaanvalle en -moorde

Luidens die polisie se statistieke is 181 plaasaanvalle tussen April en Junie vanjaar aangeteken. Minstens 15 mense is in dié aanvalle vermoor.

Volgens Cele het 119 van dié aanvalle met roof verband gehou.

Eiendomsverwante misdade

Hoewel eiendomsverwante misdrywe met ʼn algehele totaal van 6% gestyg het, sê Cele dat ʼn afname van 8% in veediefstal aangeteken is.

“Veediefstal het in ses van die nege provinsies afgeneem. Die Oos-Kaap het 398 minder gevalle in vergelyking met die vorige jaar aangeteken.”

Volgens Cele het nie-residensiële inbrake met 22% afgeneem.

Dit is hoër as die afname van 15,3% indien dié syfers met die 2019/2020-finansiële jaar vergelyk word.

Aanranding

Luidens die statistieke blyk dit dat aanrandingsake die hoogte ingeskiet het.

Minstens 76 936 gevalle van algemene aanranding en geslagsgebaseerde aanranding is tussen April en Junie aangeteken.

Cele sê meeste van dié gevalle hou met huishoudelike geweld tussen persone in ʼn verhouding verband.

Die voorvalle vind hoofsaaklik by die slagoffer of oortreder se huis asook by kroeë plaas.

Groepsmisdrywe

Roof met verswarende omstandighede soos motorkapings het met 92% in vergelyking met die vorige jaar toegeneem. Indien dit met die syfers van twee jaar gelede vergelyk word was daar ʼn toename van 13,1%.

Minstens 1 340 meer huisbrake is tussen April en Junie vanjaar aangeteken.

Volgens Cele neem dié getal drasties af indien dit met die 2019/2020-finansiële jaar vergelyk word (132).

Transitorooftogte

Minstens 46 transitorooftogte is tussen April en Junie aangemeld. Dít is 27 meer gevalle as verlede jaar en agt meer as twee jaar terug.

Cele sê die polisie se verskerpte pogings om dié misdade hok te slaan werp egter vrugte af.

Hy het verwys na ʼn operasie in Junie vanjaar waartydens ʼn groep van 27 swaar gewapende rowers voorgekeer en 23 in hegtenis geneem is. Vyf rowers is dood nadat ʼn skietery tussen polisiebeamptes uitgebreek het.

Cele het ook opnuut aandag op die harde realiteite van die Covid-19-pandemie gevestig en die impak wat dit op lede van die Suid-Afrika Polisiediens het.

Volgens Cele het 821 polisiebeamptes sedert die aanvang van die pandemie aan Covid-19 gesterf en is meer as 50% tot op hede teen die virus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Hardekwas ·

Lekker man, lekker. Anc, julle einde is naby. Ons gaan groot makietie hou.

Sandra ·

Ek mors nie my tyd om die artikel te lees nie. Die opskrif en dinge wat mens elke dag hoor van mense wat aangeval word vir hulle besittings, en die dinge wat mens in die koerante en op sosiale media lees is genoeg bewyse.

Hennie J ·

Snaaks dat hy nie ewe windlawaai aangekondig het dat misdaad op strande afgeneem het nie.

Blikkies ·

So daar sien ons dit. Alle misdrywe is op? So dit beteken die Polisie doen nie hulle werk nie…..wat gaan Cele en sy leiers daaraan doen.

Anoniem ·

Ai, en wat gaan Cele rondom hierdie sirkus waarvoor hy verantwoordelik is doen.

Kobus ·

Die hoed sal iemand anders die skuld gee want hy is te sleg om asem te haal maar die einde vir die klomp is nou naby

Persheks Adri ·

En JY hoed wil ons ontwapen! Dit sal die dag wees!!! Waar is jou uniforms om misdaad te voorkom huh?

Kobus ·

Welgedaan Cele, onder jou patetiese leierskap is jou departement nou tops. Ek gee jou ‘n Bells. Mooi man!

Misky ·

Hierdie man is ons grootste probleem. Terroris onder ‘n hoed!!!

koos10 ·

Cele, vergelyk bietjie die getalke met 10, 20, 30 en 40 jaar terug, dan sal jy sien hoe die ANC vere voel vir SA en sy mense. En dan wil jy my enigste ding waarmee ek my kan verdedig, afneem. Ek kan die hier skryf wat ek werklik wil sê nie, maar daar is baie vloekwoorde in!

Porseleintjie ·

Kyk nou net hoe bekwaam is die SAPD. Staan voor die spieel en saluut jouself Cele. Net jy kan trots wees op so n verslag. Karakter sou gemaak het dat jy die amp neerle, want duidelik is jy te lig in die broek daarvoor. Die skrif vir jou is aan die muur.

Alleen Wolf ·

Sy skrif is lank nog nie aan die muur nie, hy is onaantasbaar solank anc aan bewind is
Ek weet nie wie en wat gee die hoop aan die wat voel die anc se einde is naby nie.Our people gaan hulle nog lank aan bewind hou,

Hennie ·

Die slang is seker baie trots op die goeie vordering wat misdaad maak in SA! Hy het “super powers”!

H.A. ·

Hou op om die ‘score board’ dop te hou, begin NOU werk daarvan te maak !

Kobus ·

Hy verstaan nie sy job nie.Dink hy presteer as alles onder sy beheer so gemors is ,hoe meer hoe beter.

Maggies ·

Dit sal sekerlik verander wanneer ‘n sekere iemand van sy pos onthef word en daar dalk iemand wat integriteit weerspieël in die pos aangestel word. Maar as dit gebeur eet ek my (son) hoed op.

Marthinus ·

Is jy ook deel van hoed se brigade? Tong in kies…… hehehehehehe

Alleen Wolf ·

Welgedaan beke cele, jou hoed druk duidelik die paar breinselle wat jy het dood.

Kanjynoumeer ·

Cele, jou hoed moet tog net pas by jou uitrusting.
Jy moet tog net blink voor die TV, maar jou misdaad syfers stink.

Wesie ·

Net om te dink die ergste kom nog daar word nie opgetree teenoor booswigte nie dis die norm van die dag… tragies

Peetjie ·

Ek wonder hoekom??? Omtrent elke Jan rap en sy maat loop met n ongelisensieerde gesteelde vuurwapen rond…
En die belangrike SAPD hou gewoontlik die situasie “dop”…

Jr ·

BLACK KOJAC and his car guards couldn’t catch a cold in winter if it hit him in the face

Yolandie ·

As ons regering maar soveel geld en energie in die veiligheid van SA’ners gesit het soos hulle huidiglik insit in die Covid 19 pandemie…….dan sal die misdaad statistieke seker beter gelyk het. Om nie eers te praat van die onbevoegde minister te praat wat hier in beheer is nie!!!! Dis absoluut lagwekkend!!!!!

Niklaas ·

Ons land se grootste probleem wat ons het met Hoedman, is dat niemand sy plek wil inneem as hy vervang moet word nie. (Behalwe miskien ou Nathi)

JohnnyS ·

En die oplossing ? Ontwapen die gelisensieerde vuurwapen eienaars.

Vonkprop ·

Ek verbaas my om te hoor hoe hulle die syfers probeer regverdig. Ek weet dit klink baie, maar onthou as jy dit met verlede jaar vergelyk is dit net so bietjie meer. Pateties man. Ons is die hoofland van moord en roof. Een moord is een te veel. Hierdie ouens praat van vermoordes asof dit niks is nie. Maar laat jy nou net sonder masker loop dan is die hele polisiemag op jou. Waarlik hartseer dat lewens net syfers geword het.

Johann ·

ABSOLUTE SHAME ON YOU!!!??? JYT BLOED OP JOU HANDE!!!!!!!!!!!

Jr ·

Laat n enkele man sterf op n myn is dit nag op daai myn. Unies en politiese party skarrel rond. Mense word uitgetrek van werks plekke. Myne en produksie word gestop. Millione rande verlore. Bonusses stop of weggevat. Re training, sake vir nalatigheid. Baie geraas van unies. Maar 4500 moorde is nie te bad SA as jy dit vergelyk met laas jaar en blah blah blah uit Swart Kojac se verskonings

Hans ·

Dis omdat ons n minister met n onderwys diploma het aan die stuur. Voor hom was dit Fikile wat n gekwlifiseerde nar is. Nutteloosheid onder n hoed!!!!

melW ·

Haal jou hoed af en tree aan in die voorste linies met ń masker op, jy sal nooit weer dieselfde wees nie Cele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.