Misdaadstatistieke: ‘Cele moet gepos word’

Minister Bheki Cele. (Foto: Siya Duda)

Die skandalige misdaadstatistieke wat Vrydag bekend gemaak is, is die perfekte geleentheid vir pres. Cyril Ramaphosa om minister Bheki Cele in die pad te steek.

Die statistieke wys ook dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ’n verlore stryd voer, meen Andrew Whitfield, DA-LP en woordvoerder oor polisie.

Die kwartaallikse misdaadstatistieke wat deur Cele, minister van polisie, bekend gemaak is, toon ’n skokkende toename van 20,7% in moorde tussen Julie en September vanjaar. Voorvalle van seksuele aanranding, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer het ook toegeneem.

“Daar is eenvoudig geen goeie rede om minister Cele in die kabinet te hou nie. Die president het hom daartoe verbind om geweldsmisdaad in sy eerste ampstermyn te halveer. As die statistieke teen hierdie tempo aanhou styg, is die kans beter om geweldsmisdaad te verdubbel as om dit te halveer.”

Magstryde tussen diegene in die topgeledere en die minister belemmer doeltreffende polisiëring. Dan is daar ook swak bestuur en opleiding, swak instandhouding van noodsaaklike toerusting en wydverspreide korrupsie binne die SAPD.

“Dit het tyd geword dat die president ’n minister van polisie aanstel wie se bevoegdheid swaarder weeg as hul oormatige selfvertroue – iets wat moeilik te vinde is in ANC-geledere, maar iets wat Suid-Afrika nietemin broodnodig het.”

‘Agteruitgang in polisie’

(Argieffoto)

Die deurlopende opwaartse kurwe in misdaadstatistiek dien as genoegsame bewys dat misdadigers toenemend besig is om veld te wen teen wet en orde in Suid-Afrika, meen dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Dit is egter eers wanneer ʼn vergelyking getref word tussen die misdaadstatistieke van tien jaar gelede (vanaf begin 2012) dat die skokkende werklikheid oor die toename in misdaad werklik duidelik word. “Een voorbeeld is moord wat met sowat 75% toegeneem het.

“Dit is ʼn duidelike aanduiding van die agteruitgang in die polisie en die ANC-regering moet die skuld hiervoor kry weens ʼn verskeidenheid redes. Hiervan is die groot verlies aan kundigheid hoofsaaklik weens regstellende aksie (RA) een van die grootstes.”

Hierby tel faktore soos die wegdoening met spesialis-eenhede, ʼn rits swak politieke aanstellings as nasionale polisiekommissarisse en ʼn algehele agteruitgang in die polisie se topstruktuur met gevolglike struktuursverbrokkeling soos gesien kan word in die agteruitgang van laboratoriums vir DNS-toetsing, die hantering van vuurwapenlisensie-aansoeke en die doeltreffendheid van die polisie se intelligensiediens.

In die polisie se voorlegging het Cele gesê hy is tevrede met die vordering wat teen misdaad gemaak word en dat die polisie besig is om die krisis om DNS-toetsing “reg te ruk”.

Ook die nasionale kommissaris, genl. Khehla Sitole, het gesê die syfers lyk “beter” as in die vorige kwartaal.

“Hieruit is dit vir die VF Plus duidelik dat die twee belangrikste ampsdraers wat die stryd teen misdaad betref, nie besef hoe kritiek die misdaadsituasie in die land is nie en dat hulle ʼn vals beeld aan die publiek probeer voorhou oor die suksesse wat behaal word in die stryd teen misdaad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Johann ·

En MADHATTER lees die stats af asof dit n fliek is! PLA HOM NIKS! Absurd onbevoegd maar Ramapoza hou sy kader presies waar hy hom nodig het. SHAME ON YOU!!!!!!!!

KB ·

So wanneer gaan hy? Is hy reeds oppad? Het hy al sy tas gepak?…
Of gaan die DA net weer verskoning maak, en sê:
Ons is jammer, ons trek dit terug? (Soos in Phoenix, KZN)?

Bertie ·

As hy gepos word, kom ‘n volgende wat net nog skelmer en slegter is.

annie ·

Ons sit met polisie wat hul fone afsit wanneer krisisse dreig en waarskuwings as twak afskryf. En aan die anderkant ‘n buitebeheer-bevolking met human rights wat alle hemelwette troef. Polisie reageer net as hulle kwaad word en nie volgens die boek nie. Oom Cele sal onthou word vir sy good-bad-and-ugly hoede en 9-5 all roads closed for my se beauty sleep.

Santjie van Soendal ·

Daar is nog heelwat vrot appels wat moet uit…Cele, Mbalula en Nkosazana en op provinsiale vlak Lesufi val my nou op…maar hulle is nog heelwat meer wat uitgeskop moet word…..eintlik maar die hele vrot kabinet

Martie Smartie ·

Die feit dat Cele nog hier is, beteken een of albei van twee dinge: Rama voel vere vir misdaad en/of Cele weet goed v hom wat maak dat hy hom nie kan jaag nie. So moenie iets v Rama verwag nie.

Hoekom ·

Hy sukkel maar al te lekker om groot getalle te lees. So iemand hoort nie in sulke belangrike poste waar jy die hele dag met groot getalle werk nie…

Waarnemer ·

Ramaphosa sal hom nie fire nie want hymis deel vamn die groot komplot

Jr ·

En as mens iets sê, dan is jy n RASSIS en nie ‘n REALIS nie. Ostrich syndrom. Put your head up your behind and hope it goes away

Samuel ·

Jellievis Ramaphosa sal nie, nee, mag nie van Cele ontslae raak nie anders is hy in die moeilikheid. Cele is nie net ‘n onbevoegde kader nie, maar uiters gevaarlik vir Ramaphosa se politieke voortbestaan.

Nie Verbaas ·

Ek het al mense beleef wat ideeloos is maar die man is verby die oortreffende trap. En CR doen absoluut niks daaraan nie.

Anthony ·

Wel – het dit alreeds gese en nou weer. Die SAPD is ook nog n korupte staats instansie (van hoeveel staats instansie). Eskom klaar in dit soeklig asook die SAPD. Herregistreer al die SAPD beamptes en verander hulle uniforms met n sentrale beheerde uitrukeenheid. Dit is werkskeppping van gehalte en beheer. Deer sekerlik nie on die beheer van Bheki nie ! Watter instantie is volgende ? ons eers trotse hoog aangskrewe Weermag ?

Adeline ·

Mens kan nie wat vrot en sleg is nog slegter of vrotter sê nie, dit is onmoontlik met wat slegter as sleg is. Ek vra weer wat het geword van die petisie wat die hoed uit sy pos uit gaan lig – gee ons nuus hiervan want as dit nog nie gesluit het nie moet elkeen wat kla en elkeen wat kan daardie petisie teken sodat ons as landsburgers wat onder die misdaad ly hom uit sy pos uit haal of meneer gelly-fis ramp hom nou nodig het of vrees is nie my saak nie – Ek persoonlik soek die hoed uit sy troon en pos saam met die absolute onbevoegde sitole wat niks beteken nie.

MakersMark ·

Misdaad sal nooit afneem solank kriminele aan hoof van die polisie is nie.

Nico ·

Fire Cele, stel mense aan wat bevoeg is om die polisie mag te beheer.

Grassie ·

Cele se verbintenis met die EFF slaan duidelik deur in sy gesindhede en optredes. Daardie dag toe hy en Juli-ass saam soos twee groot hand-om-die-blaas pelle in die hof gaan sit het terwyl die EFF hul volkslied, “kill a farmer, kill a Boer” buite sing het ek dit beséf. Hy moes lankal gepos gewees het maar om een of ander rede wil Ramamparra dit nie doen nie. Ons land is ongetwyfeld op ‘n afdraandepad.

Maggies ·

Hoe vinniger hulle van Cele ontslae raak, hoe beter. Maar wie in sy plek kom sal boekdele spreek oor hoe die ANC hierdie land verder wil beheer.

Mariana ·

Hy sal nooit uitgeskop word nie. Hy hoort nie in daai pos nie.

agnes ·

Kan ons asb aandring op die doodstraf vir erge misdaad soos voorbedagte moord en erge misdaad

Ian ·

Dit sal nooooit gebeur nie. Die ANC worry nie oor bevoegdheid nie. Hulle is ras gedrewe en worry nie oor geregtigheid nie behalwe as dit vir hulle iets kan beteken nie. Dus the Mad hatter gaan nie nie gepos word nie. Hulle maak wat hulle wil en doen wat hulle wil.

Philip ·

As n mens na die foto met sy plat wit hoed kyk laat dit my terugdink aan die 1950 toe daar dansers van Amerika in kortfilms deelgeneem met wit geverfde gesigte genaamd the Coon Carnivals en hulle kon lekker vals sing ook.

Andries ·

Polisie Kan nie die gereg in hulle eie handle neem en oordeel nie die polisie is da ve wet en orde nie om self te oordeel en die wet in hulle eie handle neem en mense Kan skiet links en regs nie en met mense dood te Wil skiet in hulle kope die polisie nee deesdae die wet en gereg in hulle eie handle maar moord is moord en moet gestraf word

Esme ·

Elke keer as ek die nuutste misdaad statistieke sien, wonder ek of die President of die Minister van Polisie daarvoor verantwoordelik gehou moet word. Bheki Cele het homself bewys as onbevoeg en ons President is blykbaar onder druk om nie Bheki die trekpas te gee nie.

Di ·

Eerlik waar, die beste ding wat eintlik moet gebeur om hierdie land te red is om AL die ANC kaders in die regering wat ouer as 60 is op pension te sit. Weet nie wat op dees aarde hulle nog wil regeer op hulle ouderdomme nie. Maak plek vir jonger mense wat nog die wilskrag en verstand het om die land te regeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.