‘Misdaadvlaag’ teister Vrystaatse boere

Vrystaatse landskap. Foto: Herman Archer/Vrystaat Landbou/Facebook

Inwoners van die Vrystaat, en veral dié in landelike gebiede, gaan gebuk onder ʼn misdaadvlaag. Só sê Vrystaat Landbou (VL) ná afloop van die bekendstelling van die misdaadstatistieke vir die derde kwartaal van 2020.

Dié syfers, wat verlede week deur Bheki Cele, minister van polisie, bekendgestel is, wys dat die Vrystaat aan die einde van 2020 altesaam 26 plaasaanvalle aangeteken het, ʼn toename van 53,85% in plaasaanvalle in vergelyking met dieselfde tydperk in 2019. In daardie jaar is 12 aanvalle aangemeld. Dié provinsie het ook die meeste aanvalle en moorde op plase landwyd aangeteken. Sewe mense is tussen Oktober en Desember op plase in die Vrystaat vermoor, teenoor twee en drie slagoffers aan die einde van 2018 en 2019 onderskeidelik.

Die Vrystaat het ook ʼn algehele toename in moord (14%, 38 gevalle) en poging tot moord (39%, 73 gevalle) aangeteken. Dié syfers is die hoogste wat dit die afgelope vyf jaar was. Dit is ook die grootste toename in moord en poging tot moord van al die provinsies.

“Vrystaat Landbou beskou dié syfers as bewys dat die regering nie behoorlik toegerus is om die polisie in staat te stel om misdaad te bekamp nie,” het VL Dinsdag in ʼn verklaring gesê. Die organisasie sê kleinhoewes en plase in die omgewing van Bloemfontein, Clocolan, Hennenman, Mafube, Odendaalsrus, Viljoenskroon en Virginia loop veral deur onder plaasaanvalle.

“Gedurende die Covid-19-afsonderingstydperk het ons gesien hoe ernstig die regering daaroor is om regulasies af te dwing. Ons weier om die misdaadgolf wat gemeenskappe terroriseer net so te aanvaar. Die regering moet die landelike veiligheidsplan met dieselfde ywer en politieke wilskrag as die afsonderingsregulasies herinstel,” het dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder verbonde aan die VL, gesê.

Klagte van gewapende roof het in die laaste maande van 2020 met 12,5% gedaal, maar huis- en sakerooftogte het met onderskeidelik 2,7% en 6,8% toegeneem. “Dié voorvalle van ernstige en gewelddadige misdade het ʼn direkte uitwerking op gemeenskappe en veral dié op plase,” sê Buys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Casper ·

Die oorgrootte meerderheid zama zamas kom van Lesotho af .Grensboere word deur hierdie land se mense geteister.Hulle noem dit affirmative shopping.Wat gaan oompie met sy hoed doen na die belofte aan Vrystaat boere dat polisieēring opgeskerp gaan word.Weereens onbevoegde lui polisielede wat eerder saam met die kriminele werk.Dit her mos aan die lig gekom tydens Cele se besoek daar.

Kokerboom ·

Lesotho as ‘n onafhanklike staat is ‘n Engelse klug. Lyf die enklawe in by SA en oefen behoorlike beheer uit! As hul nie luister sper hul af. Hongersnood sal resultate lewer. Die uitgediende “sagte handjie” beleid is uitgedien

Anoniem ·

Vuurplan op ongereelde tye snags werk ook goed. Het dit vir etlike jare toegepas en het nooit probleme ondervind nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.