‘Misdadigheid onder polisielede in Noordwes skokkend’

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die groot aantal polisielede wat by misdaad in Noordwes betrek word, is skokkend.

Só het Fanie du Toit, VF Plus-LP in Noordwes, gesê nadat Bheki Cele, minister van polisie, in antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus bekend gemaak het dat 104 polisiebeamptes in Noordwes sedert 2020 by misdaadvoorvalle betrek is.

“Die erns van die misdadigheid is kommerwekkend. Dit sluit in poging tot moord, sakeroof, korrupsie, verkragting, ontvoering en diefstal.”

Cele het bevestig dat vyf Noordwes-polisiebeamptes oor die afgelope twee jaar in hegtenis geneem is en een is reeds gevonnis.

“Geen melding is in die antwoord gemaak oor vordering met ondersoeke teen die ander 99 lede nie. Die VF Plus sal in ʼn opvolgvraag aan die minister aandring op ʼn volledige uiteensetting van die status van hierdie ondersoeke.

“Opmerklik ook is die groot aantal senior polisielede en speurders wat by hierdie misdade betrek word. Polisie-offisiere met range soos kolonel, eenheidsbevelvoerders en langdienende lede van die polisie, maak deel van die statistiek uit. Dit is juis diegene waarna opgekyk word in die gemeenskap en wat daarom ʼn voorbeeld behoort te stel.”

Du Toit meen hierdie stand van sake skep ʼn donker prentjie in ʼn provinsie waar die gemeenskap toenemend vertroue in die polisie verloor. Voorvalle waar gemeenskappe die reg in eie hande neem, kom ook al hoe meer voor.

“Hierdie situasie dui ook op die lae morele vlakke onder polisiebeamptes wat oor die afgelope jare ontstaan het, onder meer weens onstabiliteit in die nasionale polisiebestuur.  Die meeste toegewyde polisiebeamptes ly ook nou onder die gevolge van swak bestuur en die dade van misdadige elemente in die polisie. Die herstel van die moreel en dissipline in die polisie behoort minister Cele se hoogste prioriteit te geniet.”

Die hoë vlakke van misdaad in die land kan nie bestry word met ʼn polisiediens wat van binne af uitgekalwe word deur misdadigers in hul midde nie en dit is ʼn skande dat ʼn eens gerespekteerde en doeltreffende polisiediens só verval het onder die ANC-regering, het Du Toit gesê.

“Die inwoners van Noordwes, en so ook die hele land, verdien beter as die ANC.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Marelize ·

Ek stem saam ons verdien beter. Cele moet gegroet word. Bye Mr Cele moenie dat die deur jou op die patat klap op pad uit nie.

Nie Verbaas ·

Ramaphosa sal hom nooit groet nie. Hy weet te veel van Ramaphosa se sake af en druk Cele in n hoek en hy sing soos n kanarie.

wiesalweet ·

Wat het nie verval onder die sodanige ANC-regering in hierdie land nie??

Keelvol ·

Omdat die polisie nie meer n roeping geword het nie, maar EK’s net daar n vir n salaris.

Nie Verbaas ·

En dit is presies hoekom die publiek geen respek het vir die meerderheid van nar Cele se lede nie.

LANA is ELANè ·

Mense verloor geensins hul vertroue in die SAPD nie, hulle het al lankal nie meer vertroue in die polisie nie. Dit is ñ wanpersepsie as julle wat die media is, dink die polisie word enigsins vertrou.

Kokerboom ·

Die hele Polisiemag moet ontbind en heringestel word met professionele keuring van lede. Verklein topstruktuur met professionele lede en nie uitgevrete kaders
Die President versaak sy verantwoordelikhede! Waarom het ons een?

Deon ·

Wat jy beskryf is 100% reg, maar dis nie in die vermoë (of wil) van die huidige sogenaamde regering nie.

marius ·

Dis ‘n druppel in die emmer van wat die hele land vol gebeur . Faal , faal en faal . Dis die hool se leuse .

Gerhard ·

Die ding is, daar is baie meer korrupsie onder van die polisielede as wat ons ooit sal weet. Dit is skokkend om te sien hoe erg die situasie is. Cele is geensins bevoeg om hier te wees nie, soos meeste van die lede in ons parlement. Ek weet nie meer waarheen ons oppad is nie, want as die polisie so korrup is, hoe op aarde kan ons beskermers vertrou word deur die publiek. Hier sal daadwerklik iets gedoen moet word om die situasie uit te sorteer. Dit maak my bekommerd om die goed te sien en dan belieg hule nog die wereld oor die stand van sake in ons land.

marius ·

Korrek . Die hele spul is deurtrek . Die paar eerbares wat daar oor is sien nie meer kans nie.

Deon ·

Wat moet gebeur is dat ons ophou op sosiale media (ja, selfs Maroela Media is ook so ‘n plek) kommentaar en klagtes lewer en iets daadwerkliks doen. Ek is nie een om so ‘n beweging te lei nie, maar ek neem met graagte en met drif deel as en wanneer dit gebeur.

Maritza ·

Oor hulle die werk doen net om te kan werk en nie oor hulle ‘n passie het daarvoor nie. Hoe doen hulle keuring?

Jacobus ·

Cele homself is n misdadiger so wat verwag mens.
SA is soos die res van AFRIKA DIE POLISIE EN WEERMAG IS DAAR VIR DIE STAAT en nie vir die publiek nie alhoewel hulle betaal word met belaastingbetaler geld.

Thelsa ·

Blyk dat die SAP as die laaste uitkoms vir ‘n ‘job’ gesien word deur die werkloses.

Kokerboom ·

“n Uiters vrot Polisiediens! Trots gebring aan u deur u ANC regering!!!

Gerhard ·

Ek het voorheen in die Staatsdiens (in uniform) gewerk, voor ’94 en om oorweeg te word, is gewig en lengte noodsaaklik geag. Tydens opleiding het ons op die grond geslaap want ons moes elke oggend ons beddens stryk, elke dag kamer en kas inspeksie gehad, ons moes self ons klere was, ophnag en stryk. Elke dag uniform inspeksie gehad, moes glad geskeer gewees het elke dag. Ons is opgevoeter elke dag oor simpel goed wat instrukteurs uitgedink het. Fiksheid elke dag gedoen en nog vele meer. Hoekom ek hierdie goed noem is eenvoudig omdat dit ‘n trots in ons gesit het, selfrespek en hope dissipline. Ek het na ’94 nog so bietjie uitgehou, maar toe hulle begin met mense in poste sit wat regtig nie daarvoor gewerk het nie, het dinge met n spoed uitmekaar geval en ek, soos baie ander kon nie die verval aanvaar nie en ek het bedank. Net soos dissipline uit die skole gehaal is, het dit uit die staatsiens verdwyn, wat een van die grootste oorsake is dat alles totaal en al verval het.

Papsak ·

Ja nee kyk hulle is net daar vir vet pay maar andersin gee hulle niks om vir land se veiligheid nie

Manie ·

Dis die gevolge wanneer jy ‘n terroriste beweging by ‘n georganiseerde Mag inlyf.

Janee ·

Die dag as klaas koning word…doen ons net wat ons wil en geen haan sal kraai…

Marianna ·

Ons polisie is sekerlik die swakste in die hele Afrika. Geen polisiemag kan slegter wees nie. Ek het vriende in die polisie- die wat wit en nog daar is.

Dup ·

As jy mense met misdadige neigings as polisielede aanstel dan sal misdaad in hulle geledere floreer.

annie ·

… en met Zuma wie se huisarres/tronkstraf vandag ten einde loop, begin die volgende hoofstuk. Nou sal Zuma weer dans… en die poppe ook. Groot marakkas wag op SA. Soos die lewensgehalwe wêreldwyd val, sal die lont vinnig korter brand hier met Zuma, al sterwende, aan die voorpunt om die vuur aan te hits. Vele winkels is reeds versier vir Kersfees. Ons bid ons haal dit heelhuids.

Christelle ·

So word die die lede wat die SAPD destyds as n roeping gesien het en vandag nog deurdruk, gestroop van alle respek vir hul opoffering en harde werk. Dit is nie lekker om te sien hoe n eens trotse polisieman nou te skaam is om te sê watter beroep hy beklee nie, want mense is nydig.

Deon ·

“Police typically are responsible for maintaining public order and safety, enforcing the law, and preventing, detecting, and investigating criminal activities.” Dit bestaan nie deesdae in hierdie land nie. Of net onder ‘n klein deel van die sogenaamde SAPS. Dis tyd dat ons ophou met “politically correct” stellings en dinge sê soos dit is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.