Mkhize by etiekkomitee verkla

Dr. Zweli Mkhize, voormalige minister van gesondheid. (Foto: Dept. van gesondheid)

Die DA het dr. Zweli Mkhize, voormalige minister van gesondheid, by die parlement se etiekkomitee verkla omdat hy moontlik die komitee se gedragskode oortree het.

Dít volg nadat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se verslag rakende die Digital Vibes-skandaal onlangs bekend gemaak is.

Mkhize, wat steeds ʼn parlementslid is en dus deur die komitee verantwoordbaar gehou kan word, word betrek by die omstrede toekenning van ʼn tender aan die maatskappy.

Siviwe Gwarube, DA-LP en woordvoerder oor gesondheid, sê die DA sal ʼn beëdigde verklaring en ʼn formele klag by die komitee indien.

Die DA voer aan dat Mkhize verskeie bepalings van die etiekkode oortree het.

Volgens Gwarube het hy teenstrydig met sy posisie as hoof van die departement opgetree toe hy die staatskontrak aan Digital Vibes toegeken het. Die opposisieparty meen ook dat Mkhize sy posisie gebruik het om homself, sy familie en medewerkers te verryk.

“Mkhize het versuim om bekend te maak dat die toekenning van die kontrak ʼn botsing van belange is, aangesien die SOE bevind het dat die voormalige minister ʼn hegte persoonlike verhouding met die eienaars van Digital Vibes het,” sê Gwarube.

Die DA sê Mkhize word voorts verkla omdat hy ʼn onregmatige geskenk ontvang het wat meer as R1 000 beloop het.

“Die etiekkomitee het ʼn verpligting om die saak te ondersoek en sy bevindinge op grond van die SOE se verslag bekend te maak,” sê sy.

“Die parlement kan nie meer die plek vir mislukte politici wees wat nooit aanspreeklik vir hul dade gehou word nie. Ons moet doen wat die mense van Suid-Afrika van ons verwag: Hul verteenwoordigers in die parlement wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Kokerboom ·

DA dis die begin van ‘n lang lys van ANC korruptes wat jul kan aankla.

Dup ·

Sal die eerlike ANC kaders en meelopers asseblief opstaan……?….toe,toe ons het nie heeldag tyd nie!

Sarel ·

Hoekom kry Mskemna nie ook dieselfde nie..Hy sou lankal voor die sg. ” Etiek” Komitee verskyn het.
Lyk vir my indien ons meermale verkiesing kan hou hoe meer sal mense hulle werkdoen

Baardman ·

DA is woelig hier voor die verkiesing, maar waar was julle toe die kontrakte toegeken was. Julle moes mos insae hê. Julle is dan proporsioneel deel van die besluite in die land.

Di ·

Hy moet aangekla word van diefstal en korrupsie – As dit een van ons was, het ons klaar in die selle gesit. Daar kan nie verskillende wette wees afhangend van jou titel nie.

JM ·

En parlementslede wat gedurende sessies sit en slaap EN daarvoor betaal word! Dié moet ook aangevat word. Dit gaan darem net te lekker in hierdie land.

marius ·

Julle kan net sowel die see probeer leeg skep met ‘n tee siffie . Hierdie spul sal niks oorkom nie . Dit is al langer as dertig jaar terug besluit .

Di ·

Ja hulle staan bymekaar want almal is ewe korrup! – boetie sorg vir boetie!

SomeOne ·

en daar sal niks van kom nie, die grootste skarmunkil is nommer 1

Deon ·

So, hy het bedank maar is steeds lid van die parlement? Ek begryp dit nie

Jack ·

So mnr R het hom nog nie afgedank nie. Sal ook nie sy beloftes slegs lee woorde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.