Moontlike bedrog met herbouing ná vloede  

‘n Beskadigde pad in KwaZulu-Natal. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

ʼn Voorlopige verslag deur die ouditeur-generaal van Suid-Afrika (OG) dui op die moontlikheid van wydverspreide bedrog met die toeken van tenders vir die herbou van staatseiendom ná die verwoestende oorstromings vroeër vanjaar in KwaZulu-Natal.

Die tenders word deur die departement van openbare werke en infrastruktuur toegeken.

Van die onreëlmatighede wat in die OG se verslag uitgewys is, sluit in tenders aan maatskappye wat deur dieselfde persoon besit word, diensverskaffers wat besit word deur mense wat vir die staat werk, verskaffers wat nie op die regering se databasis van sentrale verskaffers verskyn nie en kwotasies wat ontvang is nadat die verskaffer met die werk begin het. Vyf van die tenders van meer as R1 miljoen is aan dieselfde diensverskaffer toegeken.

Meer as 400 mense is dood en miljoene rande se skade aan infrastruktuur aangerig toe oorstromings KwaZulu-Natal in April getref het. Verskeie hoofpaaie is verwoes en ernstige skade is ook by die Durbanse hawe aangerig.

Die OG het intussen voorgestel dat ʼn ondersoek gedoen word na gevalle waar die departement nie aan die nodige maatreëls voldoen het in die toekenning van hierdie tenders nie, om te bepaal wat die risiko vir bedrog kon wees. Gevalle van wanbesteding met betrekking tot hierdie projekte moet ook in die 2022-’23-jaarverslag ingesluit word.

“Hierdie fondse is bedoel om noodsaaklike infrastruktuur te herbou en dit is ontmoedigend, maar nie verbasend nie, dat die geld die gevaar staan om gesteel te word,” het Samantha Graham-Maré, die DA se woordvoerder vir openbare werke en infrastruktuur, gesê.

Die DA vra nou dat betalings teruggehou word aan enige van die maatskappye wat in die verslag by moontlike bedrog betrek word. “Die regering het duidelik niks geleer uit vorige bedrogskandale nie,” het Graham-Maré gesê met verwysing na grootskaalse bedrog in die regering met die aankoop van persoonlike beskermingstoerusting tydens die Covid-19-pandemie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Yvonne ·

Ek het dit verwag maar tog bly hoop….hoe bitter tragies het ons pragtige land nie geword nie

Jr ·

As geld in “hulle” hande is, is daar van aard bedrog. Hulle kan dit nie help nie

Waarnemer ·

“Moontlike bedrog”?Almal weet mos al teen die tyd dat die kaders leef van bedrog.Wat is nuus?

Kobus ·

Julius Malema sê dis witmense se skuld dat swartmense bedrog pleeg, want e.g. besit ALLE besigheid in die land – so hulle moet maar korrup wees. ????????

Ronél ·

Daar was vele kere voorgestel om die fondse vir “Gift of the Gievers” te gee om te bestuur……………

Di ·

Meeste van ons het dit VOORSPEL – ANC Kaders is korrup en die grootste skelms. Ons almal weet dit, kyk maar net na die aantal korrupsie sake in SA en alles wat ten gronde gegaan het agv korrupsie. DIT sal NOOIT eindig solank daar geld is om te verduister en hulle in die poste sit nie.

Christine ·

Ek het dan gelees dat die fondse goed gemonitor sou word om te verseker dat daar nie korrupsie plaasvind nie? Wat het daarvan geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.