MRK gaan staat tydens afsondering fyn dophou

Wetstoepassers in Johannesburg staan gereed om die staat van algehele afsondering af te dwing. (Foto: Timothy Bernard/ANA)

Suid-Afrika is sedert Donderdag om 23:59 in ʼn staat van algehele afsondering, maar die Menseregtekommissie (MRK) sê daar moet daarteen gewaak word dat die maatreëls wat ingestel is om die Covid-19-pandemie te probeer beperk, nie Suid-Afrikaners se menseregte onredelik ondermyn nie.

Hy het die 21 dae lange afsonderingstydperk verwelkom en sê dit is ʼn belangrike stap om die reg op gesondheid te verseker en lewens te red.

Die MRK sê dit is sy plig om al die regte vervat in die Handves van Regte te beskerm en te bevorder. Gesien in die lig van die streng maatreëls wat pres. Cyril Ramaphosa sedertdien afgekondig het, sê die MRK dit is selfs belangriker om in dié tyd te verseker dat mense se regte beskerm word.

“Die MRK doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners om die staat van afsondering te ondersteun, te voldoen aan die voorwaardes daarvan en hul samewerking aan wettige opdragte van die owerhede te gee.”

Die bepalings tydens die afsonderingstydperk sluit onder andere in dat niemand, behalwe onder uitsonderlike omstandighede of om noodsaaklikhede aan te skaf, hul huise mag verlaat nie.

Net ondernemings wat noodsaaklike dienste of goedere verskaf, mag soos gewoonlik sake doen, terwyl alle ander mense gevra word om van die huis af of aanlyn te werk.

Duisende soldate van die Suid-Afrikaanse weermag (SANW) is bykomend tot die polisie ontplooi om die bepalings te help afdwing.

Ramaphosa het Donderdagaand tydens die uitstuur van troepe ʼn beroep op die weermag gedoen om die publiek te respekteer en te ondersteun. Hy het gesê dit is normaal dat die publiek vrees sal hê wanneer hulle soldate met wapens sien rondloop.

Die MRK sê hy gaan tydens die afsonderingstydperk ʼn klein groep van sy werkers en kommissarisse afvaardig om die situasie te monitor en indien nodig in te gryp.

Die res van die kommissie se personeel sal van hul huise af werk.

Die MRK sê hy gaan voort om bestaande klagtes, asook klagtes wat nie uit die staat van afsondering spruit nie, op die gewone manier te hanteer. Omdat personeel van die huis af werk, kan dit wel lei tot ʼn vertraging in die hantering van klagtes, het die MRK gesê.

Die kommissie het ook gevra dat mense tuis bly in ʼn poging om die verspreiding van die nuwe koronavirus te help hokslaan.

“Tensy daadwerklike stappe gedoen word en almal saamwerk, gaan ons ekonomie verder versleg wat tot meer werkverliese en verhoogde armoede gaan lei. Dit gaan ʼn groot uitwerking hê op die land se vermoë om menseregte, maar ook ekonomiese en maatskaplike regte, te bevorder,” het die kommissie gesê.

“Dít terwyl die land reeds sukkel met die lewering van basiese dienste soos die verskaffing van water, sanitasie en behuising.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaco ·

as swart mense iets lelik aan wit mense doen, dan se die MRK dis nie rasssime nie. So nou wil ek net graag weet, as “die Staat”, waar 90% van die werkers, insluitend weermag en polisie, nou lelik is met mense van alle rasse, swart ingesluit, wat die lockdown reels oortree, gaan dit nou ook as rassisme gesien word?
Eerlikwaar, ek dink nie daar gaan werk wees vir die MRK nie. Hulle tree net teen wit mense op.

Nie Verbaas ·

Alreeds n video op Facebook waar n weermag lid sy opinie lig oor hoe hy dinge gaan hanteer. Dit is eintlik skokkend.

Michael 1 ·

Die MRK is so onpartydig en diskriminernd wanneer dit by minderhede kom dat ek dink hulle moet hulle naam verander na SMRK.

Vriendelike Frikkie ·

Die staat van afsondering geld blykbaar net vir sekere mense. Daar is nog hordes karre op die paaie, die asblik grawers is in volle swang en net na sewe is hier ‘n groep fietsryers van een of ander klub verby. Terwyl die man in die asblik grawe ry ‘n polisiewa reg langs hom verby sonder om te stop of iets. Ek het dit op video. Ek voorsien hier kom groot probleme as almal nie gaan saamwerk nie.

Chris ·

Dis waar die mense wat die ekonomie dra word gestuit om te werk maar die ander drentel in die strate en winkels rond.

Daan ·

Daar is baie oortredings van mense regte en Vryheid, wat het rook met die virus uit te waai en hoek kan daar gediskrimineer word teen ons rokers?
Dieselfde met drank, ek wil vleisbraai by die huis, hoekom mag ek nie doppie drink nie, dit is my mense reg soos brood eet ens. Ek kan koeldrank drink, vleis eet , brood en pap eet, lekkergoed eet, en dit is seker jou mense reg om dit te kan doen, maar jy mag die Wyn od brandwyntjie drink nie, en mag nie sigarette koop nie, die wat ek gister gekoop het kan ek die hele tyd geniet,.

Hoekom mag ek nie my vrou met haar verjaarsdag bederf nie met ‘n lekker visgereg in ‘n vis restaurant nie, ons het niks verkeerd gedoen nie en ek is seker dit is een van die basiese mense regte

Vriendelike Frikkie ·

Jy mag rook en drink net soos jy wil. Jy mag dit net nie gaan koop nie, want dit is nie voedsel nie. As jy nie voorraad gekoop het nie, gaan hierdie ‘n laaang 21 dae wees.

Anel ·

Hulle het nou die geleentheid om hul komunistiese idiologie op ons af te dwing onder ‘n dekmantel. Ek sou sê dat die ouens wat sy dop wil drink toe gelaat word om sy daaglikse kwota te gaan koop. Nou word hy verhoed om enigsins drank te koop. Wat van die ouens wat gaan ontrek? Wat van die ou wat nie sonder sy dop kan gaan nie? Die is ‘n resep vir geweld. Nie van voorkoming nie. Dieselfde geld vir die rokers. Die een wat homself minister noem het duidelik nie idee wat hy gedoen het nie. Net sy wil op die land uit geoefen. Wat gaan hy nou maak as die teenoorgestelde gaan gebeur as wat hy dink?

Sarel ·

Die MRK ……..ha hulle us bietjie vroeg eers April Foolsday kom nog

Piet ·

Ek stem saam met Jaco. Wie is die meeste wat nog op straat rondloop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.