MRK-hoof in die sop oor Etzebeth

Eben Etzebeth het die span in Siya Kolisi se afwesigheid gelei. Foto: GB Jordaan.

Buang Jones, hoof van regsdienste by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK), is in die pekel weens sy gedrag in sy ondersoek na beweerde rassisme deur die Springbokslot Eben Etzebeth.

Adv. Bongani Majola, voorsitter van die MRK, het vanmiddag in die parlement aangekondig dat hy opdrag gegee het dat daar dringend ondersoek ingestel word na Jones se gedrag, en na sy geskiktheid om die Etzebeth-saak verder te ondersoek.

Majola het die besluit self aan Jones oorgedra, en Jones is verbied om enige verdere openbare stellings oor die Etzebeth-kwessie te maak.

Die saak spruit uit ʼn beweerde voorval in Langebaan aan die Weskus waar Etzebeth en/of vriende van hom na bewering rassisties opgetree het. Etzebeth, wat tans in Japan aan die Wêreldbeker-rugbytoernooi deelneem, ontken die bewerings ten sterkste. Jones het egter volgens mediaberigte reeds in die openbaar gesê Etzebeth “het met moord weggekom” en dat die MRK “van hom ʼn voorbeeld gaan maak”.

Jones se stellings is vanmiddag in ʼn gespanne vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie deur sowel die DA as die VF Plus van rassistiese vooroordeel teen wit Suid-Afrikaners beskuldig.

Zindzi Mandela (Foto: Twitter)

Werner Horn, DA-LP, het gesê die MRK het dubbele standaarde wanneer hulle bitterlik stadig indien hoegenaamd optree teen mense soos Zindzi Mandela, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Denemarke, Andile Mngxitama van Black First Land First of die EFF-leier, Julius Malema. Dit teenoor die haas waarmee Jones vir Etzebeth in die openbaar skuldig bevind sonder verhoor of sonder dat sy kant aangehoor is. Dit laat die persepsie ontstaan dat die MRK bevooroordeeld is teen wit mense.

Ook dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep, het ʼn onderskeid getref tussen die manier waarop klagtes wat die VF Plus, asook sommige wit mense wat volgens hom duidelik die slagoffers van rassisme was, by die MRK aanhangig gemaak het. Hierdie sake is oor baie jare en baie slap hanteer, teenoor hoe Etzebeth nou sommer vooraf in die openbaar skuldig bevind word, het hy gesê.

Die MRK het die bewerings van anti-wit gedrag ontken en gesê elke keer dat ʼn prominente wit persoon se gedrag deur die MRK ondersoek word, kom sulke bewerings voor. “Wanneer ʼn prominente swart persoon ondersoek word, word weer beweer die MRK is agente van wit monopolie-kapitaal.”

Priscilla Jana, menseregtekommissaris en voormalige ANC-LP, het aangevoer “Zindzi” (Mandela), na wie sy deurgaans op die voornaam verwys het, se gedrag verskil per definisie van Etzebeth s’n omdat hul geleefde wêrelde verskil.

Adv. Andre Gaum, nog ʼn menseregtekommissaris en ook ʼn voormalige ANC- en NNP-LP, het egter gesê Mandela se saak word nog ondersoek. Die MRK het trouens later aangedui dat Mandela se saak deur die MRK voor die hof gedaag is en dat Mandela nou ʼn senior advokaat aangestel het om haar te verdedig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Wielspore ·

Ja mnr Jones, dit gebeur as jou persoonlike oortuigings en siening juis ander mense jou besluitneming by die werk negatief beinvloed, jy slaan jou naam met ‘n plank. Omdat jy ‘n openbare figuur is het hierdie plank momentum bygekry en jy word in die openbaar onbevoeg verklaar om voort te gaan met jou ondersoek.

Ekke ·

Duidelik dubbel standaarde maats en miskien dalk so ietsie onder die tafel ook?!

McG ·

Ha eh, Priscilla, nou hoe nou? Verskillende geleefde wêrelde nogal…. ek dink iemand miet vir die dametjie ‘n prentjie teken want daai is al manier hoe st die opset gaan verstaan. Zinzi se fake Gucci handsakkie maak haar mos nou nie anders nie en is almal nie gelyk voor die reg (van enige aard) nie…
Ek sou graag ou Lesufi Foefie ook voor die MRK wou daag, want dis 1 perd wat seker okk in ‘n geleefde wêreld van sy eie is….

Anoniem ·

Ek stem saam jou McG, dit is n belaglike argument van hierdie kommesaris, as ons van geleefde wêrelde afhanklik is om ons vryheid van spraak te beoordeel dan kan ons enige iets sê teenoor, as voorbeeld, die engelse wat destyds ons vrouens en kinders in konsentrasie kampe geplaas het en plase afgebrand het so as te ware het ons meer vryheid van spraak as die engelse… die MRK het die punt verloor, hulle dink oor die dinge met emosie eerder as verstand en feite en indirek daardeer skep hulle vir een groep meer regte as vir n ander. Daar bestaan dubbele standaarde en by die MRK is ons verseker nie onder dieselfde kam geskeer nie.

Werner ·

Hulle wil ook net gelyk gestel word waneer dit hulle pas anders is dit ons en hulle word wakker hulle wil nie met ons vereenselwig nie

Anni ·

Daar mut ook net onthou word dat hierdie Jones gesě het, Eben mut van moord aan gekla word. Siestog shame hy het seker helse grade agter Sy naam om so iets slim te kan kwyt raak.

Sputnik ·

Anni, droom jy nie dalk oor die bewering dat Jones gesê het “hy moet van moord aangekla word”? Ek kan net onthou dat hy iets van “wegkom met moord” gesê het. Sê maar net.

Werner ·

Nee Anni droom nie hy het gese Eben moet van moord aangekla word

Sarel ·

Hy is net van hierdie saak onttrek, of mag nie meer kommentaar lewer nie. Dus is hy nog vol on die tuig. My vraag is of is mr jones enigsins opgewasse vir sy werk in REGTE? Hy behoort die aard van sy werk mos te besef om nie skuldig te propageer tewyl die ondersoek nie naastenby afgehandel is nie.

Swannie ·

En julle glo dat Jones geroskam is ???
haha..dit is slegs gesê om die witmense te paai.

Vintcent ·

MRK is ‘n selektiewe klomp rassiste. Só loop Malema en ander vry rond, ongeag die feit dat hul daagliks moord skree teenoor blankes, asook hul verbaal aanval. Geen haan kraai daarna nie, want die MRK maak net jag op blankes. Die “gereg” in SA vinnig oppad om ook dieselfde trop te jag.

Ian ·

Vintcent,ek wonder net hoe hulle so kan sloer om die sake te ondersoek as julius en kie voor die media skree Kill the BOER?As ek of jy iemand skiet of aanrand voor die media word daardie beeldmateriaal gebruik vir jou spoedige skuldigbevinding!!!Daar sal altyd iets wees wat diegene se sake anders sal maak as wat dit regtig is………….DIT EN HULLE IS N KLUG!!!!!!!

Johanna Botha ·

Mrk is n joke …meer regte en moord en verkragting gaan net op jaar na jaar !

Dubbelloop ·

Dit is baie duidelik dat Jones doe rassis is. Iemand moet hom sommer onder sy agterent skop. Die naam MRK moet verander na BVK = Blanke Vervolgings Komissie.

Ig ·

Ja-nee en so gaan dit aan en aan en aan, weereens n wit persoon in gedrang. Adv Majola dankie dat jy jou voet neergesit het nadat jy lont geruik het, vat die ander ook nou vas asb

Fielies Miswurm ·

Het enige iemand na die gesprek op RSG geluister met ‘n voorsitter van die MRK of een of ander amptenaar ‘n eerwaarde wat glo die saak ondersoek. Hy het ook klaar hieroor besluit. Dan is daar n FB video wat die glo ware toedrag beskryf. Ek dink hier is baie meer ter sprake as wat die publiek sien. My simpatie aan Etsebeth en die span. Die hele saak is onnodig. Manne wat kuier en agterna verskil. Word groot asb.

m ·

Ja Swannie, ek stem met jou saam. Hulle het duidelik niks van die aard gedoen nie, Jones het homself duidelik uitgewys as onbevoeg, en wat maak jy met ‘n publieke figuur wat onbevoeg is vir sy pos? Jy “sack” hom!!

Riaan ·

In SA word sulke mense nie gesack nie, hulle word bevorder!

Andre ·

Die MRK is tot in sy kern besmet met haat teenoor Witmense en moet daarom aangekla word by die Internasionale Menseregte organisasie.

Hierdie oppervlakkige beeldbou oefening (propaganda) in die parlement is slegs ‘n klein “pleistertjie” wat geplak word op ‘n ‘groot, vrot abses’ van “boere bashing” wat tans hoogmode is in SA.

‘n Klagte en gevolglike ondersoek deur die Internasionale Menseregte organisasie sal help om die nodige balans, orde en dissipline in die SA MRK te herstel.

‘n Klagte van rassisme asook ‘Crimen Injuria’ behoort teen Jones gelê te word. Hy behoort persoonlik aanspreeklik gehou te word vir skadevergoeding!

Martin ·

Jones moet nou self aangekla word vir rassisme, want hy handle soos een.

ChrisE ·

Dit is nou een van die vele voorbeelde wat nog gaan kom van die blinde sambok wat jou gaan piets. Dit is ook ‘n sprekende voorbeeld van emoisioneel onintelligente en onbevoegde persone wat in posisies geplaas is. Kry vir julle. Daar is nog baie pak op die pad.

Gemaskerde Sopbeen ·

Kyk tog af en toe na die positiewe kant ook. Hierdie “voorval” het ons Wêreldbeker deelname ontsettend goed gedoen…..Het julle die game teen Kanada gesien? Hoekom het al ons kleurling spelers so vinnig gehardloop en drieë gedruk? Want hulle’s vrek bang vir Etzebeth!!!

Johan ·

Die MRK is sonder enige twyfel nou (dankie Jones), doelloos en nikswerd. Dit moet eintlik volgens alle redelikheid ontbind word. Hulle kan n nuwe kommisie en dit noem ‘swart en bruin regte wat witmense n voorbeeld maak omdat hulle wit is’.

Leon ·

Wat verwag mense van die Massiewe Rassistiese Kommisie. Hulle bestaan uit ANC rassisste.

Anoniem ·

Hierdie ouens is so vol haat dat hulle enige iets sal doen om n blanke na te kom. Ek luister na hulle by my werk. Hulle se hulle kan nooit rassiste wees nie net die witman kan en dit is hoekom dit gaan soos dit gaan in die land. Ek persoonlik stel nie belang in versoening nie want ek het hom niks gemaak nie. Ek is deur n regering verplig om diensplig te doen, agter in n trok gegooi saam met ander slagoffers om op die grens te gaan oorlog maak. Ek moes uit modder poele waar wilde diere water suip my water drink. Moes eet wat ek gegee word en uit n staal trommel lewe. Jy het basies in n tronk gebly jou vryheid was weg jy moes net ja korporaal en nee korporaal. Ne diensplig moes jy vir 8 jaar 3 maande kampe doen. Weer deur hel gaan dit alles verniet. Vlieg jy met jou liberalistiese brein in jou peetjie.

Waarheid ·

Ai Jones is dit al wat jy kan bied?
Jou intense haat teenoor blankes dryf jou voort.
Waarom die minderwaardigheidskompleks?
Jy is dan nou so geleerd?

LANA ·

WANT – Hy besef sy “geleerdheid” is nie die papier waarop dit staan werd nie.
Nog iemand wat in ‘n pos is – NIE omdat hy dit KAN doen wat geleerdheid, vermoë en karakter aanbetref nie,
MAAR hy kan dit doen volgens die vereistes wat deur die regering gestel word.
Naamlik – haal die blankes op alle maniere uit.
Mooi, Jones. Jy voldoen uitstekend aan die vereistes aan jou gestel.

Derick ·

Hoe se die spreekwoord: “as jy n hond wil slaan sal jy altyd n stok kry”
Glo Etsebeth is onskuldig
Sou daar bewerings wees dat hy ander spelers op die veld stamp en rondpluk, ja dit sal ek glo.
Maar dit wil my voorkom, sekere ellemente fabriseer “getuienisse”.

Joke! ·

Eben skuldig aan wat? Waar is die bewyse? Hoorsê?? Van wanneer af is die woord hotentot haatspraak? Skielik omdat hulle nou so se omdat hul gou gou n quick buck wil maak???? In watter wetgewing se dit dat nie n wettige woord is nie? Help my asb reg as ek verkeerd is…

Albert ·

Dalk moet die VF+ ‘n klag gaan lê by die MRK, teen die MRK en hul blatante rassisme en eensydige heksejag teen blankes.

JohanL ·

En AS, ja AS daar ‘n ondersoek is waar die blanke onskuldig bewys word, dan hoor mens NIKS daarvan nie. Dink maar aan Me Barkhuizen, die Schweizer-Reneke juffrou. Die MRK het ondersoek gedoen, maar het ons ooit hul bevindige gehoor? Nee. Nie in die media nie en daar is ook niks op die Mees Rassistiese Kommissie se webwerf nie.

Genieve ·

Die MRK kan nie vir Malema vervolg nie is jy die nuus lees is dit net Eben maar niks van Malema nie..dis n heksejag geen Eben.

Johan ·

Hiedie dubbel standaarde probleem moet êrens in die hof draai sodat daar n saak kan wees wat bewys dat die die MRK dubble standaarde toepas….dis maklik om te ontken dat dit nie so is nie…..maar almal met gesonde verstand weet dit is nie so nie en dit is onaanvaarbaar punt.

Swerwer ·

Hoop Eben kry hierdie boodskap. Eben as ek jy is gaan speel ek so gou as moontlik oorsee my rugby,want hierdie land wil baie graag witmense vernietig,fisies en finansieel.

Suzette Geringer ·

Die MRK IS bevooroordeeld teenoor wit mense – dis reeds keer op keer bewys.
Ek hoop van harte dat Etzebeth onskuldig is en dat dit bewys kan word. Hy moet dan die MRK, Jones en die hoof van die Mandela stigting dagvaar vir naamskending.

Andre ·

En Dan is Priscilla Jana in n posisie om besluite oor ander mense te maak.

En nou? ·

Beteken dit dan nou dat as ‘n wit rugbyspeler die k-woord gebruik anderste gestraf gaan word as ‘n wit prokureur wat die k-woord gebruik aangesien hulle geleefde werelde verskil?

Claus Malema ·

Niks sal hiervan kom nie. Hy moes lankal teruggekom het

isabella bekker ·

Ek was met ‘n saak MRK toe gewees. Die knapie wat die saak hanteer het, het my aangeraai om “afkoop geld” te aanvaar. Wat nie gebeur het nie – ek het hom gerapporteer en wag nou nog vir uitsluitsel.

DewaldS ·

Na aanleiding van sy rubriek oor die Etzebeth kwessie dink ek News24 behoort ook vir Adriaan Basson te ondersoek vir sy geskiktheid om rubrieke te skryf.

JohanR ·

Soe waar DewaldS. Adriaan Basson se uitlatings het my soe bietjie baie verbaas. Het gedink hy is beter as dit! Miskien moet hy nie weer ‘n pen optel nie.

Elsa ·

Alles word gepolitiseer , dis deel van die plan.

Ons het net niks meer regte

Jordaan ·

En met “in die sop” bedoel hulle seker om hom aan te spreek oor hy die strategie so blatant uitvoer! Hulle gaan hom sekerlik net vra om bietjie meer diskreet te wees in die toekoms.

maryann ·

Is dit darem nie snaaks nie – ‘n groep manne saam met Eben en ‘n ander groep – nou koggel hulle Eben en dan breek ‘n geveg uit – dit maak nie vir my sin dat hul net Eben wil kruisig wil jy vir my se geen ander ou in sy kring het iets gese of gedoen – of het hul nie ‘n miljoen om hand-outs uit te deel – Dis belaglik – Eben ons glo jy is onskuldig. Vat bietjie die ander aan oor hul uitlatings Lesufi, Zindisi, Malema en die MRK is gif

Ingo ·

Eben Etzebeth is darem baie talentvol….nie net speel hy voltyds rugby nie en is bykans nooit in die land nie,maar as hy wel hier is oefen hy,speel games ens.
Nou hoor ek hy is nog aktief bedrywig in n bende…die man het 48 ure in sy dag!

Wim ·

André se samevattng is uitstekend gedoen – kort en bondig en feitelik korrek. Wil ook saamstem dat Jones aangekla moet word vir onbevoegdheid , rassisme en opsweping tydens ‘n massa vergadering wat verdeeltheid bevorder. Sou Eben onskuldig bevind word moet hy Jones in sy persoonlike hoedanighrid aankla vir skadevergoeding.

Lee ·

Stem 100% saam met jou Wim. Hy is sommer skuldig bevind sonder ‘n verhoor. Ek hoop net sekere mense van die publiek wat so aangaan vra ook omverskoning. ‘n saak het meer as een kant…

AH ·

Dit is so ‘n groot jammerte (maar te wagte) dat net mense van sekere kleure oor “regte” beskik volgens die MRK. Dit maak ‘n bespotting van waarvoor MRK behoort te staan! Ek wonder of die hele herrie sou ontstaan het as dit ‘n doodgewone persoon i.p.v. Eben Etzebeth was. Ek dink nogal nie so nie! As dit iemand anders was sou die geleentheid om ‘n vinnige miljoen Rand te maak ontbreek het!

JohanR ·

Dankie tog ou adv Buang Jones is nou stil gemaak. Sy bek was soos ‘n masjien geweer….pou pou pou pou!. Ek hoop Etzebeth het een van die beter advokate in Suid Afrika, sodat hy hierdie SAMRK lot ry tot by tant Sannie in Rusland!

Erica ·

Ek hou nie juis van Eben maar regtig, die is net weereens ‘n heksejag op ‘n blanke persoon. Dit is regtig tyd dat daar iets daadwerklik aan die blatante omgekeerde rassisme gedoen word. Genoeg is genoeg. Die MRK is ‘n verleentheid vir ons land.

Gerrit ·

Jones en sy trawante is skaamteloos arrogant, want hul primêre doel is om blankes te kruisig en die lewe vir hul ondraaglik te maak in SA. Die feit dat laasgenoemde groep ook nie werklik standpunt inneem nie, vanweë ‘n gebrek aan leiers, help natuurlik eersgenoemde in hul aanslag.

Gertjie ·

1. Dis nou die tyd om aan ons bokke alle emssionele steun te gee, en definitief nie die teenoorgestelde nie. Kon Jones nie maar wag totdat die wereldbeker reeks verby is, voordat hy met sy blanke-jag begin het nie?
2. As Jones ook glo aan die beginsel van “onskuldig totdat skuld bewys is”, hoekom moet Eben voorlopig al aan die span onttrek word en teruggestuur word?
3. Die verskriklike pyn wat die h-woord veroorsaak, kan nou met R1m genees word? Dus, nie pyn nie, maar vraatsug. Vir pyn sal ek Grandpa aanbeveel.
4. Wil Jones dalk die Springbok-trots afbreek todat dit ook net soos Bafana-skaamte is?
5. Sal iemand asseblief vir Jones inlig dat die man se naam Etsebeth is, nie Eetsebeth nie.

Sinies ·

Verkla MRK by VN, daar is aanlyn klagte opsie. Nie dat ek veel verwag daarvan nie, maar ondergrawe hulle op enige manier deur die feite deur te gee.

Hulle is haatstokers.

Dawie ·

Eben moet soos busisiwe maak oor die reserwebank se hofsaak en se hy kan dit net bekostig om R10.00 n maand af te betaal as hy skuldig is.

Jannie van Niekerk ·

Almal wat vir die MRK werk lieg die oomblik as hulle monde oopgaan al is dit net om asem te haal en al is sy van Gaum. Die spreekwoord sê nie verniet h “hy lieg sioios ‘n advokaat” nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.