MRK wil gelykheidshof toe oor NG-predikant

dr. Chris van Wyk, NG-predikant.

Die Menseregtekommissie sleep nou ʼn predikant van die NG Kerk gelykheidshof toe, omdat hy glo homoseksuele mense met pedofiele vergelyk het.

Hennie Pienaar, stigter van die organisasie Queers without Borders, het verlede jaar ʼn klag van haatspraak teen dr. Chris van Wyk, voormalige moderator van die Oos-Kaapse sinode, by die MRK ingedien.

Pienaar is veral ontsteld oor kommentaar wat Van Wyk in 2018 op die Kerkbode se Facebook-blad geplaas het. In sy kommentaar skryf Van Wyk indien seksuele oriëntasie ’n gawe van God is, “sal jy pedofilie – seksuele aangetrokkenheid tot kinders – ook op soortgelyke wyse moet aanvaar”. Dié uitlatings het reeds verlede jaar ʼn storm in die kerk ontketen en verskeie lidmate en predikante het daarop aangedring dat teen Van Wyk opgetree word.

“Pedofilie word as ʼn misdaad beskou. Van Wyk se uitlating het hewige ongemak, pyn en skok onder die lesbiese, gay, biseksuele en homoseksuele gemeenskap veroorsaak,” voer Pienaar aan in sy klag aan die MRK.

In antwoord op ʼn navraag deur die MRK oor die aangeleentheid, skryf Van Wyk in Mei vanjaar dat sy sienings gegrond is op dít wat die Bybel oor die huwelik en selfdegeslagverhoudings sê. “As ʼn volgeling van Christus is ek verplig om gehoorsaam te wees aan Hom en sy Woord. In die huidige konteks sit sy Woord dit duidelik uiteen: God se intensie vir mans en vroue wanneer dit by die huwelik en seksuele intimiteit kom, is ʼn lewenslange monogame verhouding tussen een man en een vrou,” lui sy antwoord aan die MRK.

Van Wyk ontken egter dat hy pedofilie met homoseksualiteit vergelyk het. “Ek het bloot aan ds. Nelis Janse van Rensburg (moderator van die NG Kerk) uitgewys dat sy argument dat seksualiteit ʼn gawe van God is, foutief is,” skryf hy.

Adv. Loyiso Mpondi van die MRK in die Oos-Kaap was egter nie tevrede met hierdie antwoord nie en het op 5 Oktober in ʼn skrywe aan Pienaar aangedui dat hulle van plan is om ʼn formele klag van haatspraak teen Van Wyk in die gelykheidshof in Port Elizabeth in te dien.

Die NG Kerk het aangedui dat hulle nog nie teen Van Wyk gaan optree nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

122 Kommentare

Irma ·

Ons leef darem regtig in ‘n veroordelende staat met individue wat uit hul pad gaan om ander mense te kruisig as hul.opinie teen die van ons eie is. Mooi so…. diesulkes is waarskynlik van mening dat dit die manier is om medemenslikheid en omgee te kweek.

Andreas ·

Bybel is duidelik, homoseksualisme is verkeerd en klaar, enige predikant wat dit goed praat werk vir satan. En ja ons mag oordeel, as jy verkeerd doen is dit ons plig om dit te veroordeel. En hy was reg, dieselfde pad wat gebruik is om mense te flous oor homoseksualisme word gebruik vir pedophilia.

Tienie ·

Duidelik lees almal NIE DIESELFDE BYBEL NIE.

2 Timoteus 4:2
verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering;

Johan ·

…en so begin die vervolging van ware Christene in die nuwe Suid Afrika.

Maan ·

Ek stem met die pa met die 3 kinders, wat by elkeen onvoorwaardelik staan. Hang eers die klok om jou eie nek dat dit jou wakker skrik.

WK ·

In die hedendaagse tyd is alles mos aanvaarbaar want MENSE REGTE kry voorkeur oor wat die WOORD vir ons voorskryf. Mense regte staan lood reg teenoor ons geloof in die Jesus en wat Hy vir ons gedoen het. Ja homoseksualiteit is sonde en daar is geen manier on dit weg te redeneer nie, maar Jesus verwag ook van ons om nie te oordeel nie. So is dit aanvaarbaar vir n Gay Predikant, nee dit is nie, al se die mense regte ook wat, die Woord se dis verkeerd. Mag ons n gay persoon oordeel, nee ons mag nie. Soos Dr van Wyk gese het, as jy gay-skap moet aanvaar as nie sonde nie, wat nog kan ons aanvaar as nie sonde nie? Rondslaap van n huweliks maat of dronkenskap? Waar gaan dit stop as ons so aangaan met die Mense Regte dinges.

Von ·

Ds Chris jy is kosbaar ek bid vir jou….die skade wat die tipe mense…bv pedofiele aan kosbare kinders doen het ernstige gevolge.die skade is soms onherstelbaar

Alex ·

Ongelooflik! Mens mag niks meer sê nie. As ek sê “Daai hond loop net soos ‘n kat.”, dan is dit seker haatspraak teenoor katte. Ek hoop regtig niemand kla my nou aan nie…

hiehie ·

as die kat begin blaf soos n hond dan moet jy hardloop!!! nie eers praat nie broer…
almal het hulle “opinies” maar dit is nie die laaste uitspraak nie. die Bybel het die Laaste se, en daarby moet ons hou, klou, kou en By hou.

Mossie ·

Dis God se woord, maak nie saak aan watter kerk of gemeente jy behoort nie. God het ook nie gesê dat jy as ouer jou seun nie mag lief hê nie, God het ons sondige mense immers ook lief ten spyte van als. Die saak is tussen God en jou seun en wat God in Sy woord sê. n Simpel voorbeeld: God verwag van my om nie n afgod te dien nie, nou vertel n ds dit vir my. Wat gaan my volgende stap wees…om die ds aan te kla of om my saak met God te gaan bespreek op Sy terme? Waarom die ds aanvat, hy is net die middelman en praat ten minste nie agter die mense aan nie, maar verkondig slegs God se woord.

Kootjie ·

Amen!! Oom DS. Is aangestel om ons op die regte pad te hou! Dis sy werk! Luister na hom!! Hy het geleer!! En hy sal moet pastaan as hy sy werk gedoen het!! Dis verseker!

P ·

Ek is Gay nie gevrae daar voor nie dis my lewe my besliute . Was deer n stief vamielie lid aan my goed gedoen toe was ek 9 jaar en het goed in my wakker gemaak en ek soek dit nog steeds en dit het my na mans toe gelok ek gaan steeds Kerk toe lees my Bybel bid maak dit nou van my n selgte mens

TJ ·

Liewe P
My hart gaan so uit na jou toe.
Dis maak van jou glad nie ‘n slegte mens nie. Net ‘n mens wat bitter seergekry het. So bly jy gaan steeds kerktoe en lees bybel. Maar ek ken ‘n wonderlike God wat jou so graag sal wil kom heelmaak en genees. Ek sal regtig bid dat die Heilige Gees jou sal lei om by die regte persoon/e uit te kom sodat Jesus jou ook kan kom aanraak. Jy kan vry wees. Ek bid vir jou. Baie seën

Johan Claassen ·

P- jou trauma het jou veranderde oriëntasie veroorsaak. Al rede hoekom ‘julle’ onder ander dink julle so gebore is, is agv programering wat oorgedra word- “cellular memory” maw. Die grootste leuen wat ander julle vertel, is dat daar niks aan te doen is nie. Wees asb eerlik en erken aan jouself dat jy ‘n keuse uitoefen, gebasseer op sosiale ingenieurswese en die seer wat jy in jou lewe ervaar. Dis uiters hartseer dat julle dink vrede en lewe gaan julle vennote wees net omdat wetgewing julle saak dien- en nog erger, sulke wetgewing is geensins op enige empiriese wetenskaplike bewyse gebasseer nie. Indien ‘n gay geen bestaan het, waarom word daar steeds soektogte daarna geloods? Laastens, wat God toe gesê het, staan steeds maar sien die redding tot jou beskikking, deur Jesus se opstandingskrag. Die pad wat julle nou kies is eenvoudig een van “you are gaibing the world but losing your soul (without realizing it)”

Mm ja nee ·

Ek was ook mee vepeuter toe ek nege was,, ek is n man en glo soos in die bybel geskryf staan, mans mag nie met mans seksuele omgang he nie… Wonder waarom is ek nie “gay” nie?

JUIS ·

P se getuienis bevestig presies die sg mening waarteen daar nou geveg word…

Phillie ·

P. Jy het die volste reg om jou lewe te lewe soos jy goeddink vernaamlik jou sexuele oriëntasie
Dit is ‘n kwessie tussen jou en GOD
Maar hoekom wil julle ons oortuig dat net julle siening reg is ongeag die voorskrifte van die Bybel waarin ons geanker is

Gaitsigubib ·

Niemand kan namens God besluit of jy n slegte mens is of nie P. Vir een of ander rede dink ek nie dat jy n slegte mens is nie. Jy is waarskynlik n beter mens as wat ek is. Die hele argument gaan oor of dit sonde is of nie en daaroor is die Woord baie duidelik. Ek verseker jou dat ek self neig ook gereeld na sonde. God kan mens egter verlos van jou sondes as jou geloof sterker is as jou begeertes.

Jakes ·

Beste P
Wat maak van jou ñ goeie mens?
God se woord sê vir ons dat alle mense sleg is. Dit sê ook vir ons dat homoseksualiteit ñ gruwelike sonde is in die oë van God en dat mense wat dit beoefen nie in Sy koninkryk sal ingaan nie. Dus: draai of braai.
Ook: laat iemand jou bietjie help met die spelwerk volgende keer.

Koos de Meyer. ·

Die woord van God sê dit is ‘n sonde. Maar God se standaard word nou af gebring.

Pop ·

Almal wat n sondige ding wil doen plooi die bybel nou na hulle smaak. Eendag gaan hulle daarvoor moet boet. Intussen los ek almal uit en kyk uit vir myself. Ons kan skreeu en skop en preek, dit gaan niks help nie.

WP ·

@P Ek het baie simpatie met jou. Gaan kerk toe dis goed -ons is maar almal sondaars en dis juis hoekom ons moet gaan luister. Maar… net omdat ek as voorbeeld afgele word by die werk, depresief is en my vrou slaan…maak hierdie sonde nog nie reg nie. Kan maar net vir genade vra

Henk ·

Om kerk toe te gaan nee. Maar om te volhard in die sonde ja. Vra God om jou werklik van die verkeerde te bevry en laat die sonde staan.

Christao ·

God het die sondaars lief, nie die sonde nie. Almal get nog tyd Om Sy lewe reg te Maak. As die basuin blaas en Hy verskyn op die wolke Sal Geen sondaars saamgaan nie. Ons dien n regverdige God. Hy gee ons genoeg Kans Om ons sondige lewe agter te laat. Hoekom nie Betyds besin nie. Moenie Soos 5 dwase maagde wees wat te laat ontdek die tyd is verby nie. Die genadedeur staan nog oop. Beheer julle en laat julle doop Soos die Bybelboek effesiers sê.

daniel ·

Mens is ieder Malik of vroulik, enigiets wat nie so ge-endentifiseer kan word nie ,is n abnormale toestand wat medies
of chirurgies behandel kan word.

Arno ·

Die tipe kerk is nie hier ter sake nie. Waaroor dit gaan is die Christelike geloof wat duidelik in die Ou en Nuwe Testament uiteengesit word. Sonde is sonde, of dit nou homoseksualiteit, seks voor die huwelik, of selfs pedofilie is. Ons almal is sondaars, maar dit beteken nie ons moet daardie sonde probeer regverdig nie. As jy nie bereid is om God se wette en voorwaardes te gehoorsaam nie, dan kan jy nie die reels probeer verander om jou te pas nie. En as jy nou na die AGS gaan in plaas van die NGK om te sondig, dan sondig jy nogsteeds – net op ‘n ander plek.

Die enigste werklike oplossing is om die Bybel te aanvaar soos dit is. As jy nie saamstem met God se reels nie, dan kan jy eenvoudig ‘n ander geloof kies waar jy kan maak wat jy wil.

Anys ·

Watter boodskap, Jerry? Dat die skepsel beter weet as die Skepper? Dat die mens gehoorsaam moet word bo God en Sy Woord? Duidelik besef jy nie Wie God is nie, ou maat. Inteendeel, ek salueer elkeen wat opstaan vir die Woord van God, ds Ghris van Wyk inkluis.

Klip in die bos ·

Gelukkig hoef ek nie te oordeel nie en ek gaan ook hier nie. Iets wat my deesdae wel opval is die nuwe neiging dat geslag nie meer bestaan nie? En dat kinders self hul eie geslag kan kies? Dit is verseker tekens van die eind tye… Daar is onlangs ‘n Barbie pop uitgebring wat nie as manlik of vroulik geklassifiseer kan word nie. En ‘n bekende sanger, Sam Smith, het in die media onlangs genoem dat hy nie as manlik of vroulik beskou wil word nie. Dis belaglik! Waar gaan dit alles eindig? Al waaraan mens vandag kan vashou is die Woord en ek verstaan al hoe meer die deel van die smal en breë pad… Noem my maar outyds of tradisioneel, en al maak ek ook foute, basseer ek my lewe op die Woord en sal ek my kinders daarvolgens grootmaak.

Mel ·

As jy gay \lesbies is, laat jy gay\lesbies wees, maar moet net asb nie trou nie. Want wanneer daar kinders in die huwelik moet kom, dan moet ‘n ander party help.. .. 2 mans of 2 vrouens kan mos regtig nie ‘n kinders kry nie…. Ek ken ook gay mense, en hul is die lieflikste mense wat jy kan kry, en op hul kan jy staatmaak…

Kerneels ·

Hulle kan hoe liefies vir mekaar wees, dit bly sonde. Punt.

Poot ·

@Mel
Good people dont go to heaven, children of God goes to heaven.

Gaitsigubib ·

Mens kan en moet slegs op God staatmaak, Hy sal jou nooit versaak nie.

Jerry ·

Vir die MRK wat klaarblyklik die hef in die hand het, tel slegs menseregte, dit word hoer geag as enige ander regte soos geloofsoortuiging ens. Dominee u is dus kniediep in die moeilikheid en om te dink dat die gays se sensitiwiteit tot jou ondergang lei. Jy moes as prediker van beter geweet het en dalk eerder vir jouself gepreek het om n wag voor jou mond te plaas. Hoeveel keer moet ons dit herhaal dat SA n ongeneeslike siek land geword het en dat julle uit die pad van die boosdoeners (MRK) moet bly. Geen geregtigheid sal in woorde teen boosdoeners geskied nie, slegs dade. Hou daarom op om net te praat en begin doen wat gedoen moet word. As jy net kan praat en niks daarvan in dade omskep nie, bly liewers stil en bly uit die moeilikheid uit. “Evil can only trump, when good men talk and do nothing”. Eers was dit gewone mense, toe n sanger, toe n springbok en nou n dominee! Een of ander tyd moet julle darem wragtigwaar die boodskap kry!

TDW ·

Liewer nou geëet word oor jy opstaan vir dit waarin jy glo as om draadsitter te speel en laaste geëet te word, sonder ‘n ruggraat.

Gaitsigubib ·

Asseblief tog! As jy wil he gewone mense moet hulle monde snoer as iets verkeerd is is dit reeds moeilik om jou argument te verstaan, maar nou veroordeel jy n Ds omdat hy se waaraan hy glo. Stel jy nou sowaar voor dat ‘n Ds van die preekstoel af moet lieg? Ek wonder sowaar wat in die lewe jou sal laat standpunt inneem. Het jy mense waarvoor jy omgee?

Konserwatiewepikkie ·

Goeie werk Dr Van Wyk.
Dis ‘n riem onder die hart om te weet daars nog mense wat staan vir God se Woord!!!

JJ ·

My familie gaan na “home church” Reeds een rede is omdat kerke deesdae alles toelaat in die kerk teen God se woord. Alles om polities korrek te wees. Politiek en kerk werk nie in een asem nie. Die MRK is blatant teen ‘n sekere ras ingestel. By die werk moet jy getuie inroep as jy iemand aanspreek anders word jy verkla deur leuens aan te plak.
Jy mag ook niks se as iemand onverskillig voor jou injaag of iets dergeliks nie dan ruk hulle die race card uit. Jammer minderheid maar ons is gekniehalter. Ons spandeer miljoene aan kruideniersware elke jaar maar onwetend fonds ons terroriste organisasies met wat ons koop.85% van ons land is volgens navorsing Christene.
Hoekom het ons dan nie die sê in die land nie inteendeel hoekom regeer Christene nie? Want ons verloën elke dag ons God deur die wêreld se woord en wet goedsmoeds bo sy woord te aanvaar.
Word wakker mense die Here is by ons voordeur en ons is te blind of te polities korrek om agter te kom dat die wêreld niks beteken nie maar God se belofte al is wat vir ons oorbly.
Ek oordeel nie dit laat ek in God se hande.

Stan ·

Stem 100%. Mens pas by God aan, God pas nie by ons aan nie. Daar is nie ‘n demokrasie as dit by ons Skepper kom nie. Hy alleen is in beheer!

Takkie Takooza ·

En toe kom die koshuisvader uit en sê ek is ook betas as kind, nou kan ek nie help om drange vir kinders te hê nie. Hy kan dit nie help nie.
Hou op om die Bybel te buig om by humanisme aan te pas. Verkeerd is verkeerd. Dit is net.

Christine ·

Andries ek stem 100% saam, want elkeen gaan verantwoording doen vir hul dade. Ons mag nie oordeel nie.

Andreas ·

Ons moet veroordeel as dit verkeerd is, dis jou plig. Hulle moet bekeer en God sal vergewe, maar moet NOOIT wat verkeerd is aanvaar nie, veg teen die sonde.

marous ·

Is iemand se godsdienstige oortuigings haatspraak ? Gaan mnr pienaar die mrk versoek om die Bybel as haatspraak te klassifiseer ? Gaan meneer pienaar vir die Moslem gemeenskap in ‘n openbare debat in die teenwoordigheid van mnr mpondi uitdaag oor hul siening hieroor?

Sarel ·

Ons NG’s het ook dan ‘n reg om te besluit waarvoor ons is en waarteen ons is. Dit is hoekom dit ook die ander kerke se reg id om te besluit hoe hulle did Bybel lees. In die politiek presies dieselfde. Nie een party staan vir dieselfde orde nie. Punt is as die politiek hulle party siennings klaar aangeval het en reggestel het kan hul verder uitwyk na wat buite die politiek gebeur. By ond NG’s is almal welkom. Moet ons nie aanval as ons nie na julle vlak kan/sal daal nie. Jy is vry om te doen wat jy wil. Jy kan nie van buite kom en die Heilige sakramente afstel nie. Dan gaan jy waar daar nie sakramente is nie. Jy kan nie Bybel lees afstel nie, dan gaan jy daar waar nie Bybel gelees word. Ek kan nie in ‘n kerk instap en die kerk afstel omdat ek nie daarvan hou nie. Ek bly gewoon net tuis. Ek soek nie fout by hulle, en ek verwag dieselfde van julle. As ek onwettig is omdat die meerderheid nie assosieer met 1 persoon nie, is ek nie onwettig nie. Hy kan sy eie gelykmatige kerk stig en homself daar gaan uitleef. Ons gaan hom rerig nie keer nie.
Mrk as dit julle waardes is om alles plat te vee, gaan ons eindig met 1 politieke party, 1 kerk, een van alles. Gaan sorteer die politiek uit. Die res sal volg.

Anel ·

Pleks die land regeer word, nou word daar jag gemaak op alles en nog wat. Is daar niks beter vir die MRK om te doen nie? Los die Christene uit. Maar soos die Bybel ook sê, alles wat reg is gaan verkeerd wees en alles wat verkeerd is gaan reg wees.

Hansie Slim ·

Julle weet daar is nog so baie aanvalle wat julle kan loots. Ons is kaal gebore. Dis mos natuurlik. Nou trek al jou klere uit en gaan doen inkoppies. Niemand kan bedreig voel nie, want jy dreig niemand. Dis mos jou reg ook om in natuurlike voorkoms inkoppies te doen. Probeer gerus en lê klag by MRK indien jy onsuksesvol is.

Frans C ·

In die Bybel word ‘sonde’ wat ‘n afwyking van God se plan vir die mens is veroordeel.
Jesus gaan egter verder en leer dat ook die gedagte aan ,’n begeerte ‘n oortreding is.

Dit is nie die seksuele oriëntasie wat sonde is nie maar die dade wat daar uitvoorspruit wat veroordeel word.

Judie ·

Alle “menseregte” is ondergeskik aan God se Woord. Geen mens, kommissie, regering of wat ook al kan Sy Woord buig sodat dit by hom pas nie. God het gespreek en dit IS en BLY en SAL WEES. Punt.

Wielspore ·

Geen mens op aarde het die goedkeuring van ‘n ander persoon nodig vir sy bestaan. Ons drie kinders het ons met liefde groot gemaak en ons sal altyd vir hulle lief wees. My seun het ons in kennis gestel dat hy gay is op ouderdom 21. Ek bly net so lief vir my seun as vir die twee ander kinders, ek gaan nie my kind nou weg gooi of verstoot. Sy vriend is nou net soveel deel van ons familie as my twee ander kinders se lewensmaats.
Na my mening is my seun nou groot genoeg om self lewensbeluite te neem, my plig as ouer wat direkte besluitneming oor hom behels is nou klaar, ek kan hom net met raad bedien en bystaan.
Moet nie ‘n klok om jou eie nek hang en ander veroordeel, dieselfde klok gaan jou wakker lui as jou siel rus nodig het.

Andreas ·

Jou seun moet homself bekeer, hy en sy vriend, hulle is slagoffers van ‘n afvallige propaganda program. Hulle gaan hulleself verwoes as hulle as hulle nie bekeer nie.

Natalene Visser ·

Baie dankie dr Chris vir dit waarvoor u nog staan !!!!

Slim Jan ·

Goed en wel Wielspoor. Is daar nie ‘n greintjie in jou wese wat skree dat jou seun ontspoor het nie? Dit was jou taak om hom te leer die wel en wee van God. Lees gerus Deut 6 waaroor die lewe gaan. Lewensmaats trou en wat sal mens dit noem is nogal nie verpligtend in die Bybel nie. Daarom is daar ook voorskrifte daarvoor sou jy kies om nie met die teenoorgestelde geslag betrokke te raak en trou nie.

Ampie ·

So ek neem aan jy glo nie aan dit wat in Die Bybel staan. Of glo jy net dit wat jou pas?

Jakes ·

Lief vir hom, Wielspore?
Lief genoeg om hom te waarsku dat hy op pad is na die ewige dood? Of glo jy ook nie dat daar ñ oordeelsdag kom nie?

Waar is jou liefde dan – wanneer die Regter van alle mense oordeel volgens Sy standaard, soos geopenbaar in Sy Woord en nie volgens die MRK se reëls nie?

Shalom ·

I would rather stand with God & be judged by the world, than stand with the world and be judged by God!

Sonja ·

Ek stem saam. Ek ly liewer hier op aarde vir my Godsdiens as om in die ewige vuur te gaan brand omdat ek “polities korrek” wou wees.

Catharina ·

Goeiste, kan mens nou nie meer jou eie opinie hê nie!! Dankie, dr Van Wyk. Jy dwing respek af.

Marisa ·

Werklik?! – om te oordeel wat ander mense in hulle binnekamer doen met ander consenting adults is verregaande. Van wanner af bepaal die geslag van iemand se lewensmaat sy of haar menswaardigheid of integriteit. Daar is baie heteroseksuele verhoudings wat maar lekker vrot is – so sit ons Sondae in die voorste gestoeltes in die kerk en knyp die res van die week die kat in die donker of in die etensuur. Los die mense uit en haal maar die balk/e uit jou eie oog. Die kerk het my laaankal verloor met sy hoogwaardige houding en uitsprake oor almal en alles – die kerk is ‘n lekker cash cow.

Dirk ·

Wag net broers en susters; een van die dae sal Pedofilie gewettig word. Hulle sal begin met hoe jonk die oumense vroeer getrou het.

Anoniem ·

Ons mense hou onsself te slim en behoort te kyk hoe dit in die natuur werk. Die natuurwette het nog bloedweinig verander. Die mens pas sy sienings elke dag aan om sy swakheid te verbloem of om sy uitsprake te regverdig. Die mens het ‘n walglike spesie geword en verdien om swaar te kry soos wat ons vandag wêreldwyd sien die geval is.

Griet ·

Waar gaan alles heen! Die dominee is reg. Die woord van God is baie duidelik daaroor dat seksuele intimiteit tussen een man en een vrou, binne die huwelik, bedoel is. God se in die Bybel Hy verafsku homoseksualiteit. Ons moet die gay persoon lief he en nie veroordeel nie, maar terselfdertyd aanvaar ons bloot nie hoe hy sy seksualiteit uitlewe nie Die oordeel kom God toe. Daar is nie iets soos klein of groot sonde nie. Sonde is sonde maar dit kan vergewe word deur vergifnis daarvoor te vra as ons dit bely. Die MRK moet liewer sy energie op beter maniere gebruik as om n predikant wat reg is te boelie. Sterkte dominee.

Dirk ·

Julle 45grade mense en wielspore. Dis die dad wat veroordeel word en nie die mens nie

se net ·

Ek kry gays ens baie jammer. Daar is altyd iets wat hul so gemaak het. Hier en daar is iemand wat so gebore is.
Ek is n ouer en sou belsis dit aanvaar het as dit my kind was, want jou kind is jou kind al is dit moeilik.
Mag hul kerk toe gaan? Weet jul ek glo nie jy moet enigiemand die kerk belet nie. Moet ons nie juis probeer om dai mense met liefde op die regte pad te lei nie? Ek ken baie goeie gay mense wat n man met n man getroud is. Hul behandel mekaar beter as die hedendaagse witboordjie kerklidmate, hulle wys hul liefde aan hul medemens en ook aan hul maat. Hulle is getrou aan mekaar, hoeveel van ons straight getroude pare kan dit se? Ek wil nie n gay as n predikant he nie, maar ja jy is welkom in die kerk, want wys my een lidmaat van n kerk wat wedergebore is wat geen sonde het nie.
Maak dissipels, het God gese en nie gese verwerp sondaars nie. Deur die regte optrede en liefde kan ons hul eerder tot ander insigte bring. Moenie sy sonde jou sonde maak nie.

WeesWys ·

Lees die Bybel, se net. Vir wie flous ons as ons kerk toe gaan, maar voort te gaan om aan God ongehoorsaam te wees? Net onsself. Ons flous God beslis nie. Ons kan ook nie Sy seën of vrede of ‘n innige verhouding met Hom verwag nie, want ons tree op soos stout kinders wat verwag God en Sy ander kinders moet ons en ons eiewillige stoutigheid bloot aanvaar. Dit geld vir enige ongehoorsaamheid aan God. As iemand God waarlik liefhet, sal hy baie graag Sy Woord wil gehoorsaam. Ons kan dit ook wel doen omdat Jesus Christus vir ons die prys betaal het aan Sy kruis.

DS ·

Elly so as jy jou bekeer sal jy nooit weer sondig nie? Ek ken hordes bekeerde mense wat nadat hulle bekeer is nog steeds rook of ‘n drankie drink maak dit hulle onbekeerdes? P het presies dieselfde probleem as die wat aanhou rook of drink hy is menslik. Sonde gaan jou nie uit die hemel hou as jy’ n kind van God is nie dit gaan jou beloning wat jy eendag in die hiernamaals gaan kry beinvloed. Daar is soveel “heilige” Christene in die wereld klim van jou troontjie af en wen siele vir die Here moet hulle nie met julle kwetsende woorde laat wegdraai van die Here nie want dit is OOK ‘n sonde.

Andreas ·

Een ding om te sondig en ander ding om sonde goed te praat. As jy leef in sonde en dit eerder wil goed praat dan is jy ver van die pad af. Siele wen help niks as jy dit met valse en sataniese teologie van welvaart en goedvoel probeer doen nie. Wen siele deur mense te laat besef dat God ons gaan verwoes oor ons sonde, ons moet by hom pleit en weg keer van sonde, elke keer as ons sondig. NIE DIT GOED PRAAT NIE!

Bernard Hellberg ·

Die waansin van die “Volksgericht ” het nie brieke nie. Binnekort is ons soos die ou Oos-Duitsland waar almal op mekaar klik. Afro-Fascisme in aksie

Christien vd Westhuizen ·

Waarheen gehasie waarheen is die MRK met die mensdom op pad ek weet reguit hel toe

Dis Nou ·

Dis dominee se mos net wat in die Bybel staan – hoekom nou vir hom kwaad wees?

Sê net ·

Een van die dae mag ‘n predikant ook nie iemand as ‘n “sondaar” verwys nie. Dis daai persoon se keuse en jy mag nie hom teregwys nie. Moet tog net nie sy “menseregte” aantas nie.

Johanna Botha ·

Die bybel se ook die wat so egbreek pleeg moet gestenig word ….enige stenigings ?

Frans C ·

Jy sal die antwoord kry in Johannes 8
.9Daar staan die Joodse geleerdes toe met ’n mond vol tande. Hulle het nie geweet wat om te doen of te sê nie.
Een vir een het hulle toe maar weer tussen die mense in verdwyn. Die belangrikstes het eerste gemaak dat hulle wegkom. Hulle het die vrou net daar by Jesus gelos.
10Jesus kyk toe weer op en sê vir haar: “En nou? Waar is al daardie mense? Kon niemand so ver kom om ’n klip op jou te gooi nie?”
11“Nie eens een nie, Here,” kom die antwoord.
Jesus sê toe: “Ek gaan ook nie. Gaan gerus, maar ook vir jou is daar ’n voorwaarde: gaan stel nou vir daardie mense ’n voorbeeld hoe om gehoorsaam aan God te leef.”

Piesang ·

Die waarheid lok deesdae erge woede uit. Kyk maar die Israel Folau sage.

CHAPPIES ·

Eks lief vir my kind… maar as hy iets verkeerds gedoen het as kind, is sy DAAD gestraf en aangespreek… Ek is lief vir gays en alle mense, maar ek keur hul DADE AF, WAT VERKEERD IS… ons almal maak foute, maar DOEN wat IN die bybel geskryf staan!
Soo eks lief vir gays, maar NIE vir hulle VERKEERD nie! En bly sommer ver weg van my jong seuns af, ook asb

Johan ·

Die MRK is nie geloofwaardig nie. Die oomblik wanneer hulle nie meer selektief vervolg nie, sal my siening oor hulle miskien verander.

EAN ·

2 Tim 3:1-5 vir die wat Die Bybel eer as hulle Kompas. Vervolging op alle vlakke sal net toeneem! Soli deo Gloria!

Atta ·

Een ding is verseker: As jy ‘n Christen is wat vir die Waarheid opstaan, sal jy ongewild wees en selfs vervolg word. Dit was nog altyd so en dit sal altyd so wees. Die praktyke van die duisternis kan nie die Lig verdra nie en sal velle teenkanting bied wanneer die Lig van God se woord daarop val. Ongelukkig is daar te veel mense wat hulleself Christene noem, maar wat banger vir mense is as vir God. Hulle verstaan blykbaar nie dat vriendskap met die wereld vyandskap met God is nie. Die Kerk (alle Christengelowiges wereldwyd) moet sonde binne hul eie kringe uitwys en stappe daarteen neem. Die hele Nuwe Testament is vol voorbeelde daarvan. Vals leraars en mense wat dwalinge probeer inbring het om verdeeldheid te saai, was baie maal by die naam uitgewys. Dit is nie veroordeling nie, dit is tug en het ten doel om die persoon tot bekering te roep. Wat ongelowiges buite die kerk betref het Christene die plig om die goeie nuus van Jesus se Evangelie boodskap met hulle te deel, sonder om te oordeel. God sal die ongehoorsames self oordeel. Maar om die Evangelie korrek te verkondig, MOET sonde uitgewys word, ook dat God sonde straf. Dis nie veroordeling nie, dit is om ‘n slapende persoon wakker te skree as sy huis brand. Dit is LIEFDE. Dit is nie haat nie!

Heinrich van Zyl ·

Is dit nie juis die NG Kerk wat destyds so ten gunste van die nuwe SA was nie?
Kyk nou net waar het hulle mensliewendheid hulle gebring.

Gatvol ·

Gaan google: Cottesloe kerkberaad. Daar het hulle doelgerig besluit om ‘n liberale teologie te verkondig.

Nee wat ·

Dink jy regtig ons sou kon voortgaan soos voor 1994? Ek was en is, in beginsel, nogsteeds ten gunste van die nuwe Suid-Afrika.

Sarel ·

Meeste kommentare is geldig. Menslik. Wat is nou ‘n Bybelse oplossing vir hierdie toring van babel?
Bid is wat julle kan doen. Bid dat die kragtige werking van die Heilige Gees die hele mrk oorneem. Bid vir die Ds om die regte leiding te gaan oordra. Bid dat God se wil dan nou ook op hierdie manier bekend kan word, wat onder ander omstandighede nie mense kon bereik nie.
Hierdie is ‘n geleentheid. Kom ons dra die saak waaroor daar soveel opinies is op aan ons onveranderlike God en hemelse Vader. Kom ons vra vir die kragtige werking van die Heilige Gees in hierdie saak en alle sake daarna. Dis jou plig. Stel jou alarm 20h00 vanaand. Ek hoop jy is in?

JohanR ·

Die SAMRK raak nou rerig belaglik. Maar dan wat kan verwag word….hierdie ANC regering is belaglik!!

Ben ·

Ek is n gay man en het dit nie gevra nie. Ek kon net so wel ‘straight’ gewees het. Moenie vir my kom oordeel of probeer bekeer nie. Ek het geensins probleme met my geaardheid. Ek het géén één kerk nodig om liefde te gee of te ontvang nie. Al wat ek nodig had en gekry het was baie liefde en n warm huis. Ek was 38 jaar met my man getroud toe hy oorlede is. En soos alle ouers maar trots en lief is vir hul kind, is ek ook trots en vreeslik lief vir my ouers. Dankie liewe Pa en Ma dat ek als 1 van 4 kinders deel kon wees van jul familie en dat julle ons met veel liefde en wysheid bygestaan het en gekreeer het tot die mens wat ons nou is….. om liefde te gee en elk ander te respekteer. En ook dankie dat julle van my man gehou en aanvaar het as jul eie seun. Dít is n warm huis!

Johnny ·

My Oupa was n pastoor hy het altyd gese party Kerke hou so lekker kerk die duiwel sit agteroor en lag

Johnny ·

Asb ek wys nie vinger nie maar as ek en vroulief voor ons gaan slaap n gebed doen dan slaap ek beter

Wingman ·

Die predikante moet ook maar wag voor hulle se monde hou soos die res van ons.

Johan ·

Ek wonder hoe lank nog voordat God se Woord as haatspraak verban sal word in die nuwe Suid Afrika?

PJC ·

Iemand is al weer besig om die dominee se woorde te verdraai. Dit sal natuurlik die MRK soos ń handskoen pas. Wat ek wel weet uit ń leeftyd se ondervinding is dat homoseksuele mense, pedofiele en ontbloters nooit sal verander nie. Baie van hulle sou dalk wou maar is nie so a.g.v . ń vrywillige keuse nie. Hierdie probleme is dus baie meer kompleks as wat die gewone mens ooit kan besef.

Christa ·

Lees die mrk ooit die Bybel? Of is hulle nie Christene nie. Lees net Livitikus en besluit dan of die predikant verkeerd is. Liewer deur mrk vervolg word en ewige lewe be-erwe as Om saam met mrk te stem en die Hemel misloop. EK steun die predikant

Jakes ·

Die howe en die moderators van vele kerke het baie meer mag as God. Hulle gedrag is afskuwelik en belaglik. Janse van Rensburg se insig en kennis van God se woord is uiters karig. Geen wonder dat sy kerk geen groei toon nie. Gay regte en die aanstelling van vroue in die kerk is tern die Woord. Ds van Wyk moet staan by sy beginsels.

Hans ·

So, die bybel in NG kerk sal politieke korrektheid regstel aksie moet kry, want God het dan lewensmaat gemaak, nie ‘n vrou nie? Die man sal sy ouers verlaat en sy lewensmaat aankleef, nie meer sy vrou nie? Selfs ou Paulus sal nie meer sy “broers en susters” van die gemeente kan aanspreek oor die vrou se onderdanigheid aan haar man as hoof van huis nie, maar die lewensmaat?
Jislaaik, dis tammeletjie…

Christa ·

God het die sondaars lief, nie die sonde nie. Almal get nog tyd Om Sy lewe reg te Maak. As die basuin blaas en Hy verskyn op die wolke Sal Geen sondaars saamgaan nie. Ons dien n regverdige God. Hy gee ons genoeg Kans Om ons sondige lewe agter te laat. Hoekom nie Betyds besin nie. Moenie Soos 5 dwase maagde wees wat te laat ontdek die tyd is verby nie. Die genadedeur staan nog oop. Beheer julle en laat julle doop Soos die Bybelboek effesiers sê.

Christa ·

Die AGS kerk se leering is volgende die Bybel. Sonde is sonde. AGS glo dat mense volgende Bybel Moet leef en nie Bybel volgende jou sienswyse Wil verander nie. Die hele hoofstuk Livitikus Gaan oor homoseksualiteit. Wat daar beskryf staan, daarvolgens Sal ons geoordeel word.

Christa ·

Klippe in die Bos, EK stem saam. Die koms van my Hemel Koning is voor die deur. Wie Hom vir God skaam, vir hom Sal God skaam. EK Wil Elke tree op Sy spoor loop. EK Wil verseker saamgaan as Hy verskyn op die wolke. Ons moet beslis bid vir ander. EK wens so EK Kon almal saamtrek maar ongelukkig Kan elkeen net vir homself bekeer.

Schalk ·

Indien alle kerke en bybels verdwyn sal niemand voor Vader kan staan en sê ek het nie geweet nie.Ons weet van kleins af wat is reg en verkeerd dink maar terug.Die oordeel is kies ons reg besluit vir jouself wat kies jy vandag stop om te dink die kerk of mense gaan jou red.Net jou keuses is die bepalende faktor.Liefde sonder keuse is nie liefde nie.Ons moet Vader bo alles lief he so kies maar jou mense regte en verskonings blameer ander maar jy en jy alleen maak jou besluit.Vrede in die Naam van Messias.

Poot ·

@Mel
Good people dont go to heaven, children of God goes to heaven.

Ben ·

MM ek kan nie glo nie, hoekom is my kommentaar nie geplaas nie? Dit was nie lasterlik nie………my himmel!

Mag ek iets se? ·

Mense wat in glas huise bly moet nie met klippe gooi nie. Hier is een van die vermanings uit God’s woord:
1 Korintiërs 6:9-10:
(9)Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen
(10) of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie. Wees eerlik met jouself, doen jy enige van die bogenoemde dinge? Die Woord se ook :1 Korintiërs 11:14
Dit is nie vir ’n man natuurlik om lang hare te hê nie – dit is ’n skande –
Matteus 19:4-6 die volgende:
(4)Hy het hulle geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie?
(5) Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’
(6)Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag ’n mens nie skei nie.”
God praat duidelik van ’n man en ’n vrou en laat nie die opsie oop vir ’n verhouding tussen twee mans of twee vrouens nie.
“I rest my case.”

Anoniem ·

En wat dan van Jesus wat met lang hare in feitlik elke afbeelding voorkom? Dan is Hy volgens die Bybel ook ‘n skande?

Gaitsigubib ·

Manie eintlik is afbeeldings van Christus ‘n katolike praktyk en nie versoenbaar met die bybel nie. Ek kan nie sien waar in die bybel n beskrywing van Christus se “lang hare” is nie en dit maak nogal sin om die bybel te gebruik as verwysing wanneer jy redeneer oor die Christen Godsdiens. Christus kom wel uit die geslag van Dawid en daar sal jy verwysings kry van lang hare. Wat is terloops jou probleem met lang hare?

terleurgesteld ·

Dit verstom my dat die meeste kommentare hier getuig van mense wat nog oppervlakkig redeneer, indien enigsins. Ek hoop nie hierdie steekproef is verteenwoordigend van die breër bevolking nie! As die saak so eenvoudig was soos jul dit wil afmaak, dan sou die teoloë en ander nadenkendes nie sulke uiteenlopende opinies gehad het nie. Vir my dan, ek het geen probleem met gay huwelike en gay predikante nie, maar ek ondersteun ook elkeen se reg om van my te verskil. (ook interessant vir my dat soveel hier die Bybel/Woord as hul hoogste gesag gebruik. Hoekom is God nie jul hoogste gesag nie? ‘n Almagtige God kan nie gelyk gestel, wat nog te sê van ondergeskik gestel word aan ‘n boek nie.)

Drikus Kotze ·

Terleurgesteld: Die Woord / Bybel is die Almagtige God se geopenbaarde wil vir die ganse mensdom oor alle tye reguit vanaf die Allerheiligste, geinspireerd deur sy Heilige Gees uit die pen van al die Bybel boeke skrywers. Ek verstaan jou kommentaar glad nie.2 Tim. 3:16 en 17 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. ” Sterkte!

Adam ·

Ek vind die MRK se betrokkenheid by die geskil baie vreemd. Dit blyk dat daar genoem is dat indien seksuele orientasie ‘n gawe van God is, pedofilie op dieselfde wyse gesien moet word. Die dominee kon net sowel genoem het dat indien drankmisbruik sosiaal aanvaarbaar is, dronkbestuur ook in dieselfde lig gesien moet word. Dit is bloot ‘n logiese argument. Reg of verkeerd is nie eers ter sake nie; dit is bloot ‘n opinie wat uitgespreek is en wat vir seker nie die narre van die MRK se betrokkenheid verg nie.

Tinus Coetzee ·

Gelukkig het die NG Kerk nog predikers wat God se Woord lees en dit as die hoogste gesag erken.
God se Woord behoort die hoogste gesag in elke kind van God se lewe te wees.
Ek weier om selfde geslag huwelikke te bevestig. Hoe kry ek dit reg?
Ek bevestig slegs eie gemeentelede in die huwelik.
Gay mense mag die Kerk besoek, maar net soos mense wat buite die eg saamwoon, kan hulle nie as gemeentelede beskou word nie.
Die wet soos dit tans staan vir huweliksbevestiging gaan herskryf word.
Dit is wanneer ek en vele ander predikers hulle Huweliks bevestigers aanstellings gaan inhandig.

Suzette ·

Ek het ‘n broer wat se oriëntasie deur ‘n pedofiel(‘n NG predikant wat later jare gevang is en groot koerant nuus was) veroorsaak is. Ek bly lief vir hom en sal hom nooit oordeel nie. Net God weet wat hy teen baklei. Ek het nog nie in my amper 50jaar ‘n homoseksuele persoon teegekom wat nie depresief was of is nie. Miskien is daar, ek weet nie. Ek sal dit nooit sien as reg nie, maar God alleen het die reg om te oordeel. Ds. Chris, sterkte.

Attie. ·

Ek is 100% aan Ds Chris van Wyk se kant. Alle seksionele situasies kom dus van Ons Skepper af en dit sluit verkragting en pedofielie in. Dit is nou as ‘n sekere groep mense reg is. Ek glo vorentoe gaan die Gay-gemeenskap die kerk dwing om alles in die Bybel te verwyder wat teen hulle is. Al word die helfte van die Bybel weggelaat sal ek nog altyd die 1933 vertaling ag as die ware Woord van God. As daar in die Bybel iets staan tengunste van ‘n seksionele afwyking dan is dit reg, maar ek sal graag wil weet waar dit staan.

Gert R@Midstream ·

Goeie reaksie van lesers. Wye redenering. Hierdie debat sal nog baie verder gevoer word. Bybelse beginsels is duidelik. Leef daarvolgens.

Deon Koegelenberg ·

Dat die NG Kerk kan sê hul gaan nog nie optree teen die betrokke predikant nie klink vir my net soos Malema se “Ons gaan nie wit mense doodmaak nie .. wel nog nie.” Dis asof hul wag om eers te sien wat die uitspraak van die hof gaan wees ipv om dadelik hul predikant te beskerm met wat die woord van God sê .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.