ʼn Saterdag grootliks sonder beurtkrag

(Argieffoto: Dall-E)

Soos sake nou staan sal daar geen beurtkrag tussen middernag vanaand en Saterdag om 16:00 geld nie.

Eskom het ʼn kort ruk gelede gesê fase 3-beurtkrag sal vandag van 16:00 tot middernag geïmplementeer voordat dit voorlopig opgeskort word.

Fase 3 sal dan weer Saterdag van 16:00 tot 00:00 geld.

“Dié patroon sal hom tot verdere kennisgewing herhaal.”

Altesaam 5 003 MW is tans nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding, terwyl 14 374 MW weens onbeplande onderbrekings nie beskikbaar is nie.

Eskom sê daar is die afgelope 24 uur ʼn opwekkingseenheid elk by die Grootvlei- en Kriel-kragstasie in diens gestel. ʼn Opwekkingseenheid elk by Camden en Kendal sowel as twee opwekkingseenhede by Matla het egter weer gedurende dié tydperk onklaar geraak.

Daar is boonop ʼn vertraging in die herstel van ʼn opwekkingseenheid by die Tutuka-kragstasie wat net verder tot die huidige tekort aan opwekkingskapasiteits bydra.

Eskom sê sy spanne werk hard daaraan om nog opwekkingseenhede oor die afgelope paar dae weer in diens te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alta Alleman ·

Wonder net waarom ons van 16h00 tot 17h00 en dan weer van 23h00 tot 01h00 af gaan wees. Dis naweek maar ons in die platteland kry sommer 2 keep beurtkrag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.