N2 by Plettenbergbaai steeds gesluit

Die N2 by Plettenbergbaai is steeds gesluit. (Foto: Verskaf)

Die N2-snelweg by Plettenbergbaai in die Wes-Kaap was teen Woensdagmiddag steeds gesluit nadat betogers sedert Dinsdagaand amok op dié pad maak.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het aan Maroela Media gesê ʼn groot groep betogers het omstreeks 21:00 buitebande op die snelweg begin brand en verbygaande motoriste met klippe bestook waarna die besluit geneem is om die pad tydelik te sluit.

Volgens Africa lyk dit egter nie of die pad gou oopgestel gaan word nie aangesien betogers vanoggend ook buitebande op alternatiewe roetes begin brand het. Dié roetes sluit die Wittedrif-pad deur Green Valley in. Motoriste word in dié stadium op die lughawepad herlei, het Africa verduidelik.

Betogers het ook vanoggend die dorp se nywerheidsgebied ingedring. (Foto: Verskaf)

Betogers het ook vanoggend die dorp se nywerheidsgebied ingedring en die gebied begin stroop. Dit is egter nie in dié stadium duidelik waaroor die betogers ongelukkig is nie.

Na Africa se wete is niemand gedurende die betoging beseer en geen motors in die proses beskadig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

karen ·

seker weer een of ander diens wat nie gelewer word nie …..

HP ·

Die belastingbetalers wat lisensie betaal om gebruik te maak van die paaie moet nou verontrief word deur kriminele. Hoekom kan hulle nie net daar deur die polisie gestuit word nie. Is dit hulle reg om so te verniel en amok te maak. Wat is ons belastingbetalers se regte?

KFN ·

HP, die feit van die saak is dat belasting betalers nie regte het nie.

Koos de Meyer. ·

Die betogers regeer die land en maak soos hulle wil. Wat ‘n siek storie.

George in Bloem ·

Die polisie het darem gemonitor? Mense daar voel seker nou baie veiliger? Dankie ou (Groot)Bheki Cele. Onbevoeg en arrogant verby.

dierevriend ·

Die polisie weet nie hoe om haelgewere te gebruik nie. n Skoot of twee en die N2 is oop. Die Honde van die polisie staak ook seker want ek weet dat een hondmeer doen as 100 poliesmanne. Los net die hond, hy ken sy werk, en die N2 is weereens oop sonder ‘n gesukkel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.