Naam bekend van boer wat deur polisie doodgeskiet is

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Die polisie het die naam van die bejaarde boer bekend gemaak wat Maandag op sy kleinhoewe noord van Bergville deur polisiebeamptes doodgeskiet is.

Brig. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het die man as Johannes Potgieter (80) geïdentifiseer nadat hy Woensdag deur sy naasbestaandes uitgeken is.

Maroela Media het Maandag berig die voorval het omstreeks 11:00 op Potgieter se kleinhoewe in die Geluksburg-omgewing plaasgevind.

“Die bejaarde man het glo ʼn 44-jarige man in die gesig geskiet toe hy die oorledene se kleinhoewe betree het om sy bokke te gaan haal,” het Naicker gesê.

Naicker het gesê dit is nog onduidelik of die slagoffer se bokke onwettig geskut was of self na die kleinhoewe geloop het. “Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die man sy bokke bymekaargemaak het en op pad uit was toe daar by die hek ʼn argument tussen die twee mans ontstaan het. Dit is toe dat die bejaarde die ander man in die gesig geskiet het.”

Die man wat geskiet is, het na ʼn nabygeleë winkel gehardloop en hulp ontbied.

Die polisie het by Potgieter se huis opgedaag, waar hy hom glo teen inhegtenisneming verset het.

Volgens Naicker het die polisiebeamptes en gyselaarsonderhandelaars hom genader om hom te versoek om oor te gee toe hy op hulle geskiet het. Die beamptes het teruggeskiet en Potgieter noodlottig gewond.

Moses Dlamini, Opod se nasionale woordvoerder, het gesê die 44-jarige man het glo toestemming van Potgieter gevra voordat hy sy bokke probeer verwyder het.

Dit is nog nie duidelik wat tot die rusie by die hek gelei het nie.

“Die 80-jarige man het sy vuurwapen op die polisie gerig en een skoot gevuur. ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die beamptes hulself moes verdedig. Alle moontlikhede word egter nog ondersoek en verklarings word nog van verskeie mense geneem,” het Dlamini Vrydag aan Maroela Media gesê.

Opod se ondersoek duur voort. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

Die 44-jarige man ontvang nog mediese behandeling in ʼn hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Rot plaag ·

Ek ruik ‘n ROT PLAAG
Die plaasbetreders word altyd as “engele van lig wat in vrede kom” voorgehou.
Die blanke boer is ALTYD die rassis wat eers wil skiet & nie na rede luister nie . . . aldus die populisitiese gepeupel wat hierdie land op sy knieë het

Daar wag ‘n GROOT & VERSKRIKLIKE OORDEELSDAG . . . ek is maar bly dat my heil uitgewerk is . . . op daai dag gaan politieke korrektheid & slagoffer mentaliteit jou niks baat nie

Francois le Cochon ·

Niemand sal ooit weet of Johannes Potgieter wel ‘n skoot afgevuur het nie na die Polisie.

Chrisi ·

Dis nou interresant!!! Die polisie moet hulle self verdedig teen n 80jarige boer…maar die betogers wat plunder en te kere gaan kom niks oor nie!!! Maak my siek!!!!

Moee poliesman ·

Die polisie het hulself verdedig op Marikana. Onthou jy dit dalk? Almal het mal gegaan oor die arme betogers wat gedood is. Nou mag ons nie meer nie, want almal het te veel regte en te min verantwoordelikheid.

Uit die Overstrand ·

Ons onthou Meneer die Polisieman. Ons hier in die Overstrand het baie respek vir julle. Hier by ons is ‘n hele dorp is onlangs gyselaar gehou omdat die polisie nie meer mag intree met die nodige aksie nie. Daar is kindertjies wat oorlede en geestelik vermink is omdat julle nie meer die wet en orde kon handhaaf nie. Julle is daar, maar hou hierdie “wait and see” houding voor en as daar iets te “see” is gebruik julle traangas en glorified paintballs. Ons weet julle hande is ook afgekap deur al die mense wat skreeu “police brutality”. Ek verstaan dat julle konstant onder die mikroskoop geplaas word en dat julle aksies nooit iemand tevredestel nie en ja, julle het die moeilikste mandaat, ons as die wye pubmiek moet julle meer ondersteun. Maar met die geleentheid van die oorlenede hier bo kan ek my nie vereenselwig. Hoe kan ‘n Polisieman in Zwelihle onluste onthou om die krimineel, wat besig was om hom met n byl in die gesig te kap, te skiet met n rubberkoël maar daar by julle skiet julle die omie van ver af met lewendig amunisie. Nie eers n waarskuwingskoot nie. Dan was die omie nogal alleen teen ‘n hele lot van julle. Miskien was die arme oubaas deurmekaar of miskien het hy n ander psigiatriesesteuring beleef. En miskien as gevolg van al die plaasmoorde het die oom gevoel dat hy geregtig was om te skiet. Ons sal nou nooit weet nie sal ons.

Buitelandse vervolging ·

Ons moet hulp van die buiteland kry oor ons regte en om ons te beskerm wand die gefabriseerde aanvalle deur die staat ondersteun gaan almeer algemeen word.

DinkSelf ·

En steeds word artikels soos die van die internationale gemeenskap weerhou. Waarom is maroelamedia steeds net in Afrikaans?

Anoniem ·

Maar net weereens ‘n bewys dat daar ‘n paar stelle reëls bestaan ! So terloops die persoon is oorlede en dié saak sal ‘n stille dood sterf en iemand gaan skotvry kom ! Maar hy sal voor God moet verantwoording doen ?

Hanna Hoekom ·

Die SAPS moet hulself teen n ou oom van 80jr verdedig? Moet nou nie dat ek lag nie… Regtig? Iets is nie reg nie. Dalk die oom se velkleur? Wat n absolute skande!

Bennie ·

Nee Hanna, hulle moes hulself verdedig teen n gewapende man wat op hulle geskiet het. Neem kennis: 0-100 as jy op my skiet, skiet ek terug. Niks met ouderdom ras of geslag te doen nie.

Abe ·

Ja, Bennie,
n 80jarige wat gewapen is kan n gevaarlike kalant wees en die polisie het sekere noodsaaklikke protokol reelings wat eenvoudig nagekom MOET word ter wille van veiligheid en orde.

Oogklappe ·

Ja Bennie. Dalk is dit die probleem dat ons blindelings volg en oordeel terwyl ons boere in vrees lewe!! 100de plunder winkels,brand en breek, mense en kinders verloor hul lewens… daar word traangas en rubber koeels gebruik… 80jarige man, lewendige ammunisie. In die politieke situasie waar ons daagliks van plaasaanvalle lees en dit beleef, waar die polisie net nooit iemand vang nie het die oom dalk gevrees vir sy lewe in polisie teenwoordigheid. Ons sal nooit weet nie. Die oom is nie meer daar om sy kant van die storie te stel nie… maar die boodskap word duidelik oorgedra… wees eerder n terroris met n petrolbom as n boer met n geweer.

Ekskuus? ·

Ja julle sal nou enige storie opmaak om ‘n ou man van 80 jaar te skiet . dink julle regtig ons glo julle stories . julle doen NIKS aan 2000 betogers wat julle met pikke en grawe en bakstene bedreig nie maar julle skiet ‘n bejaarde ou oom dood wat hom juis verset omdat julle weer die oortreder wie se bokke op sy plaas rondgeloop het se part vat?? Neewat ons is nie meer so dom om al julle stories te glo nie .. WAT SOEK die man se bokke op die ou oom se plaas? O ek het vergeet .. bokke en onwettige jag en diere wat daar wei wat aan ander mense behoort is mos heel in die haak solank dit net die regte mense is ne? Hoekom is die Marikana ouens vervolg maar nie hierdie trigger happy polisiemanne nie . WAAR is die bewyse dat die oom EERSTE GESKIET HET???

Jan de Wet ·

Ja, die ou Oom was ‘n Blanke Boer, daarom dat hy dood geskiet is. Was dit nou een van die ander was, het hul niks aan hom gedoen nie. Hierdie Oom is koelbloedig deur die polisie doodgeskiet oor sy velkleur en om geen ander rede nie.

Pieter ·

Jan,
Ek stem 100% saam met jou. Baie makliker om ‘n baie bejaarde blanke boer te vermoor as om hordes vernieteginde betogers vas te vat. Daar gaan niks kom van die saak nie.

Komaan mense ·

Hy het GLO toestemming gevra om sy bokke te verwyder (hoe kom sy bokke daar) hoe toevallig is dit dat ‘n hele trop bokke TOEVALLIG op iemand anders se plaas wei??? Weer verniet gewei op die ou oom se plaas? Hy het GLO eerste geskiet op die polisiemanne . hoe sal ons ooit weet ? DAAR moet ‘n saak van MOORD oopgemaak word teen die polisieman . komaan mense . ons kan dit mos nie net so aanvaar nie .. toe daar net BEWEER was dat ‘n boer ‘n vrugtedief geskiet het (wat hulle nooit gekry het nie) het die plase gebrand en mense voor die huis getoyi toyi tot die boer in hegtenis geneem is HOEKOM aanvaar julle hierdie moord net goedsmoeds???

Nettie ·

@Komaan mense, ek stem saam: in ENIGE onnatuurlike dood, word daar ‘n geregtelike doodsondersoek gedoen. Hoekom nie hier nie? Die saak is bloot “onder ondersoek” van OPOD – die sg. “Polisiediens Waghond” (uhm …… ja, kom ons sê maar so). Wie kan nou, van die oorlede Oom se kant af (al was hy glo ‘n knorpot en het daar ‘verskeie sake’ al teen hom aan die lig gekom) dit stel wie vir wie wanneer geskiet het?

Die meeste van vandag se polisiebeamptes se opleiding en kaliber is maar van twyfelaardige aard (ek weet ek veralgemeen – dankie aan dié polisiebeamptes wat nog hul werk as hul eer beskou en dit goed doen!). Eersgenoemde in ag geneem, sal dit my glad nie verbaas as hier regtig ‘n GROOOOOOOOOOT slang in die gras is nie.

Andre ·

Polisie het die boer vermoor, maklik soos dit.
Maar dit sal nooit uitkom nie.

Callie ·

Met wat het die oom geskiet. Hy skiet n skelm trompop in gesig en die kan weghardloop en bewerings maak. Die polisiemanne voel bedreig en hy skiet glo op hulle. Kom ons doen n leuenverklikkertoets. Ek daag die polisie.

juba ·

Stem saam, waarmee het die ouman geskiet, met sy onder broek se rek, want die skelm kon nog weg hardloop.

Francois ·

Dis die oudste trick in die boek ” hy het sy geweer op ons gerig….toe skiet ons hom dood”
Ek val nie vir die polisie se storie nie.
Daar is natuurlik geen getuies nie.

ekke ·

Wat ek nie kan verstaan nie is dat die man wat deur die polisie geskiet is nie eenkeer nie maar vyfkeer geskiet is en dat nie een polisie voertuig nie maar die taakmag in geroep is en ‘n klomp voertuie een bejaarde man in hegtenis te neem en dan die man doodskiet. Ek is seker dat daar ‘n andermanier kon gewees het om die probleem op te los. Wil net aan die famielie en vriende se sterke. Ek ruik “n groot Rot en gee asb hierdie saak aan by Afri Forum.

Lorita ·

Ai, presies hoeveel verset kan ‘n 80-jarige oplewer? Hoe maklik is nou geskiet uit selfverdediging, maar in onluste oomblikke word polisie aangekla indien geskiet word (self al is niemand dood) Ek ruik ook ‘n rot. Hul kan nou vertel en sê wat hul wil om hul eie gatte te cover, en hul sal geglo word.

Nita ·

Ek hoop almal wat altyd se, ons moet paraat wees en gewere by ons he, sodat ons, onself teen betreders kan beskerm, sien nou wat gaan gebeur. Jy gaan soos n hond platgeskiet word. Die oortreder is mos reg en jy mag niks doen om huis en haard te beskerm nie.

Ella ·

Nita dit was amper my woorde n paar dae gelede. Daar word eintlik GEWAG dat ons so-iets doen want dan kan ons met rede afgemaai word, ons verset ons mos.
Ag Liewe Vader kan die haat en nyd en vergelding nie maar end kry? Hier is genoeg plek vir almal. Ons wil net in vrede ons lewens leef.
Arme man wat sy plek beskerm het en nou doodgeskiet is. Hy het dit waaragtig nie verdien. Die polisie moet voor stok gekry word. Dit is moord.

Shirley ·

Onwettig geskut? Ja, ek glo nie vir ‘n oomblik dat hy vir toestemming gevra het om sy bokke te verwyder nie. Kan net dink hoeveel skade het die einste bokke veroorsaak en hoe haastig die polisie was om die ‘original sin’ settelaar op sy plek te gaan sit. Ai Oom, rus sag by die Here.

Louise ·

Di oortreder en di polisie is al getuies. Wie sè di een van d bokke het ni di oom aangeval ni daar di skoot in di gesig. n Boer van tagtig kan skiet hy sou ni nog kon hol v kilometers om polisie te kry wat n ou man kan kom afmaai ni. Hy is koelbloedig vermoor.

Ella ·

@ Daan Erasmus dankie dat jy dit geplaas het. Jammer almal lees dit nie maar lewer kommentaar op halwe waarhede. Soos die skrywer se: almal wat op n lappie grond bly is nie n boer en n lappie grond is nie n plaas. Ek dink voorvalle moet behoorlik ondersoek word voor n berig geskryf en geplaas word. Onakkurate berigte saai verdere onmin en verdagmaking van onskuldige mense.

Pieter ·

Suiwer sensasie en verdere vedagmaking van die blanke deur die IRR.

Casper Labuschagne ·

@Daan, jy is korrek. Die 80 jarige was ‘n afgetredene woonagtig op ‘n kleinhoewe en nie ‘n plaasboer nie en selfs organisasies in die landbou het hierdie week ‘n verklaring daaroor uitgereik. Uit ander berigte het dit voorgekom asof die bokke op die hoewe gewei het en dat daar toe ‘n onderonsie tussen die bejaarde en die eienaar van die bokke ontstaan het.

Piet ·

Dead man cant talk die lafhartige polisiemanne kon regtig nie n ou man van 80 jaar arresteer nie moes hom soos n hond afmaai nog n plaasmoord en die moordenaars lede van die Sapd wat n skande laat al daai lede n leun verkliker toets doen dan gaan die waarheid seevier wed jou daar was nie blanke lede teenwoordig nie sterkte vir die Oom se famile

Onnie ·

Suicide by cop… dink Oom Kobus het geweet wat sou kom, en op 80 nie kans gesien nie, hy het geweet hy sou nie ‘n regverdige verhoor kry nie – hy het direk op die polisie geskiet. What a way to go! Eerder dit as om jou laaste dae in een van ons land se haaglike tronke met haatdraende mense deur te bring wat hom sou martel vir vergelding.

Abe ·

Onnie,
Ek verstaan nie jou eerste sin nie. Watter selfmoord is ter sprake?

Piet ·

Ek word ongelukkig geblok, so my kommentaar sal net die een wat my blok sien, maar jy is 100% reg Nita. Die oom was gewapen, n betreder of potensiele plaasmoordenaar was op sy plaas, hy het eerste geskiet en waar is hy nou? Net sy swartgesmeerde naam bly oor.

Pierre ·

N ou man van 80 word dood geskiet omdat hy glo op Polisie skiet.Hoeveel betogers skiet op Polisie en nie een word dood geskiet nie. Lieg Storie.

S Viljoen ·

Hoe mag polisie nou skiet maar as AK 47 en ander wapens deur n paar 100 mense op hulle gebruik word mag hulle glo net rubberkoeels gebruik wat ook nie gebruik word nie. N ou oom van 80 word sommer summier doodgeskiet. Ek dink die kort n verduideliking. Hoe bedreig n ou man 80 die polisie se lewe meer ad n paar 100 op n slag wat petrolbomme gooi op die polisie skiet met automatiese gewere nogal. Die optrede maak geen sin nie.

Johan ·

Nog net ‘n witman geskiet. Hulle sal verseker dat hy skuldig is. Marikana word opgehemel. Hier dans hulle nou en vier sy moord. Die polisie het net een haat. Een kleur. Hulle sal niks ondersoek nie. Die wit man was skuldig. Saak gesluit.

Se maar net ·

Wie se die arme oom het nie Alzheimers of Demensia gehad nie? Dan is hulle moeilik! So jammer!

Koos ·

Ons sal nooit die volle storie hoor nie. Gestel nou die betreder se bokke is regmatig geskut en hy daag op om dit te verwyder. Wat is die kanse dat hy glad nie aggressief teenoor die bejaarde was nie? Hy kon hom selfs gedreig het of met ‘n knopkierie bestorm het. Nou word hy geskiet en hardloop weg, en vat sy kierie saam. Hy sal mos nooit erken wat sy rol in die saak was nie. Die grondeienaar is mos dood en kan nie sy kant stel nie. Of het ons te doen met ‘n seniele ou man wat humeurig was en sommer net losgebrand het? Een ding is seker: Hy was ‘n swak skut.

MT ·

En die Oom van 80 is nie daar om homself te verdedig nie. So die ene wat lewe kan enige storie opmaak. Ek stem saam, wie sê nie hy het homself teen die bokeienaar verdedig nie. Sy lewe was dalk toe in gevaar? Maar in Suid Afrika het die krimineel meer regte as die onskuldige slagoffers. Deesdae verbaas niks my nie. Stuur omtrent ‘n taakmag om een 80 jarige wat nie eens kan hardloop as ‘n terroris behandel. (Miskien oor sy velkleur) Dadelik hom arresteer sonder om eers ‘n ondersoek te loods? Die oom is beslis vermoor deur ‘n vuurpelleton! Dit is afgryslik hoe dit in ons land gaan! En die Politikuste het almal ‘n vinger in die pastei! Wie hits vir wie aan om mense op hulle eie werf te gaan aanval?

Twak ·

Ander slagoffer in gesig geskiet en hy lewe en word behandel? Polisie sal hierdie ver weg begrawe om hulself te beskerm en die ander party!RIV oom!!!

Jan Gunter ·

Ek glo hierdie verklaring van SAPD glad nie. Hierdie is ñ gekookte storietjie.

PJC ·

Ek is jammer maar ek sluk maar swaar aan hierdie storie. ń Paar jaar terug toe die polisie ń franse burger en sy metgesel in die Sutherland omgewing in hegtenis moes neem is hulle sonder meer dood geskiet. ń Joernalis het agterna aan my vertel dat die polisie voor die tyd aan hom gesê het dat hulle nie daar is om iemand te arresteer nie maar om dood te skiet wat toe ook die geval was. Geen onderhandelings nie. Na hierdie insident is ek uiters skepties en dink ek die publiek behoort uiters versigtig te wees wanneer sommige polisielede betrokke is. Hierdie in ń heel nuwe SA as waaraan almal gewoond is.

Moee poliesman ·

Dis darem maar baie maklik om klippe te gooi en ‘n ‘keyboard warrior’ te wees as jy nie self op die toneel was nie. As jy die werk beter kan doen, klim dan in ‘n uniform en loop doen dit. Wraggies waar, Marikana het veroorsaak dat daar hele nuwe wetgewing rondom betogers en betogings is. Dit kan nie vergelyk word met ‘n voorval waar iemand op die polisie geskiet het nie. Hy het klaar ‘n ander persoon in die gesig geskiet. Die polisie het die klagte bygewoon, gewoonlik moan julle mos hulle daag nie op nie. Vra jouself eerder af wat doen jy om jou land ‘n beter plek te maak, as om die hele tyd net te wil kritiseer en alles in ‘n rasse ding te wil verander.

Anoniem ·

Met alle respek gesê… Die bewering is dat hy “mentally challenged” was. Is dit prosedure om ‘n “erratic” persoon met ‘n wapen te los? Jy weet, ek verstaan wat jy sê maar, as die oom ‘n geskiedenis van wispelturige optrede gehad het, waarom het niemand sy wapen lisensie laat terugtrek nie? Is dit die beste wat ons kan doen? Iemand se bokke wei op sy stukkie grond en hy is die duiwel omdat hy die persoon (wat tien teen een al lankal gewaarsku is) skiet? Nee, dit klink doodeenvoudig nie reg nie. Maar ja, wat doen ons om ons land beter te maak? Betaal jou salaris vir een! :-)

Ag Asseblief Tog ·

Moee Polisieman ek kon dit nie self beter gestel het nie. Al wat die klomp hier op MM doen is om die berig soos hulle agterente te lees en dan hulle eie gevolgtrekkings te maak. Alles gaan net oor ras by hulle sonder om na die feite te kyk. Die feit bly staan die man het iemand anderste in die gesig geskiet. Hy het dan op die polisie geskiet, Art 49 van die strafproses wet kom in werking. Ongeag die man se ouderdom of ras. Die mense wat altyd so negatiewe kommentaar lewer het n helse probleem met die samelewing. Hulle sal altyd n miserable klomp spul bly.

Doppies ·

@Moee Polisie en Ag Sies Tog:
as ‘n Oud-Lid verstaan ek waar jy van kom.
niemand het die reg om op iemand te skiet nie. veral nie op die Polisie nie. dit ondermyn die gesag van die Staat.
jy het egter ‘n paar dinge verkeerd.
jy moes maar eerder eers die Link gevolg het.
só sou jy meer inligting verkry het.
1) daar is ‘n reuse verskil tussen polities gemotiveerde Onluste en ‘n enkele voorval op ‘n Hoewe.
2) baie gruweldade teen Blankes word lighartig behandel terwyl daar teen Blanke Oortreders met maksimum geweld geantwoord word !
3)die Ou Oom het ‘n lank geskiedenis van erratic behaviour gehad wat al om bekend was.
4) in die lig van alles kyk ek na die voorval met ‘n groot agterdog. totdat ek beter bewyse sien beskou ek dit as ‘n waarskuwing. dit ruik verskriklik na ‘n Teregstelling !
en deur só op jou perdjie te spring doen jy jouself geen goeie guns nie !

Die waarheid ·

@Daan Erasmus Dankie vit die link. Dit wys ons net dat die media en ongelukkig sluit dit mm in nie meer vertrou kan word nie want hulle publiseer berigte so vinnig as wat hulle dit kry sonder eens n bietjie ondersoek om die ware feite te kry nie. Nee man ons het dit nie nodig in hierdie emosionele tyd dat die media ons nog verder opsweep of af breek met verkeerde beriggewing nie.

Anoniem ·

So, die bewering is dat ‘n 80-jarige man “mental challenges” gehad het en “erratic” opgetree het in die verlede? As dit waar sou wees, waarom is sy vuurwapen nooit afgevat nie? Van al die moontlike oplossings, is 5 skote die antwoord maar in Hermanus word ‘n polisieman met ‘n byl aangeval en ‘n oproerige spul wetters word met handskoentjies hanteer? Kan iemand asseblief vir my my sê hoe de duiwel dit sin maak? Nee, ek vertrou die SAPD nie! Hulle kon die situasie op ‘n ander manier benader het!

Ag Asseblief Tog ·

En natuurlik Anoniem weet jy van beter. Jy trek elke dag die uniform aan en deel met mense soos jyself wat hulle arrogant hou.

Johann ·

Die enigste ou wat regtig weet wat gebeur het is dood so hulle kan enigste storie opdis. Hy het een skoot afgevuur en hoeveel het hulle?

Ag Asseblief Tog ·

Nerens staan in enige berig dat hy net een skoot afgevuur het nie. Of het jy nou al weer jou eie afleidings gemaak?

Anoniem ·

Ek verstaan ook nie, polisie mag gewoonlik nie eers op skelms lostrek om hulself teen hul te beskerm, maar noudat nboer homself probeer beskerm, sal daar niks van kom. Dis mos n boer!!! Sulke goed gaan al meer gebeur, in n land waar daar niks met n krimineel gebeur, en eintlik deur die regering en wette beskerm word. Mense voel onveilig, en kan hulself nie eers beskerm. Kriminele loop vry rond, sn ons moet in hokke bly om te probeer on die gemors buit te hou!!! Ek wens die regeringsamptenare wil vir n slag hulle veiligheidswonings verlaat en soos ons gewone mense in gevaar kom leef!!!!

Onnie is reg ·

Onnie, ek verstaan 100% wat jy bedoel en ek stem saam.

Reg en Geregtigheid ·

Ons hoor van die stories omdat dit n wit man was. Was dit n lid van die volk Sou dit geen koerant of berig behaal. Moenie die SAPS blameer nie. Hulle doen ook net wat hulle Kan en waantoe hulle instaat is. Maar ons WIT mense sien ook net raak dat die volk ons probeer uitmoor. Doen julself n guns en Gaan kyk na die polisie stats en kyk hoe min wit mense word eintlik vermoor in vergelyking met die Volk. En een van die Groot redes hoekom meet voorvalle op plase en kleinhoewes gebeur is omdat hulle quick and easy targets is wat gewoonlik meet het as ander. So dit is jou plig om jouself en familie te beveilig.

Dell ·

Word wakker, reg en geregtigheid. Die polisie bestaan uit ‘n klomp ANC terroriste wat daar op uit is om die regering se Land grab uit te voer, met die verskonings dat die Boere hulle verset het teen arrestasie, Hoekom dink jy word wettige wapen eienaars ontwapen deur die polisie, maar Polisie bevelvoerders self help met die diefstal van wapens in polisie besit, Dit is om weerstand van wittes af te breek en dan hulle dood te skiet soos ‘n klomp honde. Dis hoe dit in Zimbabwe gedoen was

Dell ·

Al die Polisie beamptes was seker swart en het met R5 gewere hulself verdedig en daar was seker 100 van hulle om 1 tagtig jarige boer te arresteer. Hoe hardloop ‘n man wat in die gesig geskiet is nog winkel toe, en hy het self die polisie gebel. Dit klink eerder of die polisie uit ANC terroriste bestaan en besig is om die blanke nasie vinnigger probeer uitwis in opdrag van Ramaposa. Tipies wat in Zimbabwe gebeur het

Anna ·

daar is n rot wat vrot in die geval van ou omie .Ek glo ni hy sou sommer geskiet het sonder rede ni maar vandag is die blanke volk mos skuldig aan alles wat gebeur… en daarvoor moet hul mos volgens wet hanteer word wette wat net nog vir die blanke bestaan die res van bevolking het aanbeweeg sonder wette, wonder net hoe lank gaan dit so bly en of daar daad werklik iets gedoen gaan word deur die regering om darem ook die blanke bevolking te beveilig teen moord en doodslag. Sal dit nie lekker wees as daar vrede is nie . rus in vrede omie

rina ·

SELFBESKIKKING VIR ONS BLANKES IS AL WAT SAL WERK, LAAT ONS SAAM STAAN VIR DIE SAAK

Tiger ·

En OMRING word deur terroriste???Dink ‘n slag nugter Rina!Hulle sal al die blankes in so “staat” uitmoor want almal is in een gebied.Verdedig ons ons self teen hulle verklaar hulle net oorlog en wis die onafhanklike staat uit.En die buite wereld gaan op tv sit en kyk.

Chris Ws ·

Hierdie is uit en uit ‘n rassistiese voorval.Die oom was blank en die polisie het hul kans gesien om van ‘n blanke ontslae te raak.Waarom is hy nie in sy been geskiet nie?Waarom is skerp punt ammunisie gebruik?So jammer die oom het nie een van die polisie raak geskiet nie!Hulle is ons vyande.

JAN ·

DIT MAAK NIE SIN, DIT WORD NIE VERMELD OF IEMAND BESEER IS NA DIE MAN OP DIE POLISIE ” GESKIET ” HET MAAR HY WORD SUMIER DOODGESKIET, EK SIEN IN DIE BURGER KOERANT N POLISIEMAN WORD TYDENS OPROER IN HERMANUS MET PANGA ERNSTIG AANGERAND ,DIE AANVALLER WORD NET INHEGTENIS GENEEM.
SEKER OM LATER WEER VRYGELAAT TE WORD OM WEER TE MOOR….. SIEN GEVAL OP REITZ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.