Nagklubmoord: Jong man ontken hy slaan

Daniël Botha (26) kort voor sy dood.

Jacques de Lange ontken dat hy vier jaar gelede sy vuiste vir Daniël (Danie) Botha gelig het. Dít ten spyte van ʼn uitsmyter se vroeëre getuienis dat De Lange een van die jong mans is wat Botha in die vroeë oggendure van 26 Julie 2018 glo só erg by ’n kuierplek in Benoni aan die Oos-Rand aangerand het dat hy later breindood verklaar is.

“Dit is vals,” het De Lange Maandagoggend in die streekhof oor die uitsmyter se getuienis gesê. Die saak is daarna vir die soveelste keer in vier jaar uitgestel.

De Lange staan saam met Gideon Fourie en Sampie Hearn tereg weens die moord op die 26-jarige Botha. Al drie ontken skuld.

Volgens De Lange het hy die aand van die aanranding by Dingo’s Pub se kroeg gestaan om ’n bier te bestel toe hy ’n geraas in die rigting van die dansbaan gehoor het.

“Ek het vloekwoorde en ’n geskree gehoor.”

Botha en ʼn vriendin, Charlene Maré (19), was by die kuierplek toe ʼn geveg daar uitgebreek het.

Luidens De Lange se getuienis het hy nader gestap en gesien hoe Fourie van Botha weggetrek word. ’n Erg beseerde Botha het glo alleen op die dansvloer gelê. Niemand het hom in daardie stadium gehelp nie.

Gideon Fourie. (Foto: Tania Heyns)

De Lange beweer daar was geen uitsmyter in sig nie en hy het nader gestap – tot omtrent ’n halwe meter van Botha af. Hy het glo gesien Botha sukkel om asem te haal.

“’n Mens kon dit hoor. Hy het gesnak vir suurstof.”

Volgens De Lange is hy daarna na buite waar Fourie in sy bakkie gesit het. De Lange het getuig dat hy aan Fourie gesê het dat Botha sukkel om asem te haal. De Lange is toe terug na die kuierplek en het gesien Botha is reeds na buite gedra.

Sampie Hearn tydens Maandag se hofverrigtinge. (Foto: Tania Heyns)

“Beskuldigde nommer een [Gideon Fourie] het sy bakkie voor die deur van Dingo’s se hoofingang parkeer. Hy het uitgeklim en na die oorledene toe gestap. Hy het die oorledene opgetel en na sy bakkie toe gedra. Hulle is toe daar weg hospitaal toe.”

De Lange is daarna weer die plek binne om verder te kuier.

Op die staatsaanklaer se vraag oor waarom hy spesifiek na Fourie gestap het om hom van Botha se toestand in kennis te stel, het De Lange vanoggend geantwoord: “Hy was die enigste persoon wat ek gesien het van die argument weggetrek word. Hy was die enigste manlike stem wat ek tydens die bakleiery gehoor het. Ek het aangeneem hy is betrokke.”

Volgens hom het hy egter nooit vir Fourie of Hearn aan Botha sien slaan nie.

Jacques de Lange in die beskuldigdebank. (Foto: Tania Heyns)

Die staatsaanklaer het dit egter aan De Lange gestel dat hy net geweet het dat Fourie by die aanranding betrokke was omdat hy self betrokke was.

“Dit is nie toeval dat jy hom genader het nie.”

Op die vraag oor waarom die uitsmyter valslik sou getuig dat hy by die aanranding betrokke was, het De Lange geantwoord: “Dit is duidelik dat hy nie ’n probleem daarmee het om vir die hof te lieg nie.”

De Lange en die betrokke uitsmyter het glo nie goed oor die weg gekom nie.

Landdros Ian Cox het De Lange egter oor sy stelling rakende die uitsmyter oor die vingers getik.

“Dit is dalk jou opinie, maar jy kan dit nie sê nie.”

Die staatsaanklaer het dit ook aan De Lange gestel dat hy en sy medebeskuldigdes met ʼn gemeenskaplike doel opgetree het toe hulle Botha glo aangerand het.

Die masjiene wat hom aan die lewe gehou het, is destyds enkele dae ná die aanranding afgeskakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Tanya ·

Ok…. so jy is nie betrokke nie?! Jy hoor jou vriende is deel, jy loop na die bakleiery toe, die beseerde lê op die vloer (jou vriend is sommer al klaar uit en sit in sy kar), beseerde sukkel om asem te haal, maar jy bied nie hulp aan nie… ek ruik ‘n rot, jou storie is vol gate Mnr. de Lange, jy sal veel beter as dit moet doen om jouself uit die storie te red!

Vexed ·

Gits Tanya, klink of jy presies weet wat gebeur het! Wonderlik deel met die res van ons. Maar wees baie presies. Ek soek detial. Dankie!

Daleen ·

Die drie kan ou Zuma op sy neus laat kyk met al hulle uitstel tegnieke.

Pieter ·

Miskien kom julle nou daarmee weg, maar as julle skuldig is hoop ek julle gewete knou aan julle vir die res van julle lewe, en weet maar as die oordeelsdag aanbreek, sal julle moet betaal vir julle aksies.

SjN ·

Vertrou dat die waarheid seevier, klink of elkeen sy eie bas wil red.

VaalDonkie ·

Mens gaan “kuier” nooit by ‘n plek wat se naam op -‘s eindig nie. Dis net vir bakleigatte.

VaalDonkie ·

Ek was nie daar nie, so ek kannie maak of ek weet wat daar gebeur het nie. Maar ‘n “bouncer” het gewoonlik nie ‘n probleem met jou as jy nie ‘n kapokhaantjie is nie.

Pannies ·

Daar moes mos ander getuies ook gewees het wat gesien het wat gebeur het.

Groen-oog ·

Ek is al n ouvrou en was nog nog noooooit in so plek nie want ek kan net vir myself indink hoe dit by so plek gaan. . .
N lot jong manne met drank daarby. Nenou nenou gaan daai drank arms toe en whalla n bakleiery en soos hier …. n onnodige dood.

As jy wil baklei moenie suip nie.
As jy wil suip doen dit verantwoordelik en by jou huis.

melaney ·

Jou stelling sou 30 jaar gelede sin gemaak het. Deesdae wil elke jan rap en sy maat wys wat hy het.

Groen-oog ·

Seker so. Maar drank bly drank en jong mense veral wil mos nou manliker en sterker en slimmer wees en wys “hy kannnn n vuis gooi.” En dat hulle nie bang is nie. En dus nie ding van die afgelope paar jare nie. Dis al n euwel van baie jare terug. Die 4 dans van drank.

1. Dans jy getrek
2. Dans jy sterk
3. Dans jy in die middel van n fight en
4. Dans jy in die hof

Hasie ·

As hul vol drank is ,is hul slim verby en bakleierig want dan is hul mos pure man

madels ·

Lyk my baie lelike dinge gebeur in Benoni :-(…laat hierdie brawes maar betaal vir wat hul aan daai arme man gedoen het. Hoe hard moet jy iemand slaan om hom basies dood te slaan? Dis verskriklik!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.