Nege sterf toe Saps op verdagtes toesak

 Foto ter illustrasie. (Argieffoto)

Nege verdagtes wat glo ʼn transitorooftog beplan het, is Donderdag tydens ʼn skietgeveg met die polisie oorlede.

Lede van die Gautengse polisie se taktiese reaksiespan het Donderdag omstreeks 06:00 inligting ontvang dat verdagtes glo die rooftog beplan.

Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het die polisie hulle na die gegewe adres in Sebokeng, Vanderbijlpark, gehaas waar ʼn skietgeveg tussen ʼn groep gewapende verdagtes en die polisie ontstaan ​​het.

Volgens Bheki Cele, minister van polisie, was die rowers “gereed om toe te slaan”.

Nege verdagtes is deur die polisie doodgeskiet en minstens drie is beseer.

“Agt verdagtes is op die toneel dood verklaar, terwyl die negende verdagte in die hospitaal dood is,” sê Mathe. “Nog drie verdagtes is beseer en ook na die naaste hospitaal vir mediese behandeling geneem.”

Die polisie het beslag gelê op ses gewere, ses kommersiële eenhede springstof wat gereed was om gebruik te word, asook vier voertuie.

Lede van die springstof-eenheid het die opgespoorde springstof veilig verwyder.

“Ek is vol vertroue dat die polisie vordering maak in die stryd teen ernstige misdrywe en geweldsmisdaad,” sê Cele.

“Dit is ons teen hulle, ons kan nie saam met misdadigers regeer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Michael ·

Ag asseblief jys self ‘n misdadiger en net so jou regime

melaney ·

“Ons kan nie saam met misdadigers regeer nie.” Julle het nog nooit die eens pragtige land regeer nie hoedman.

domheks ·

Wonder van wanneer af is regeer en plunder dieselfde woord?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.