Net 4% van Alexandra-inwoners betaal vir krag

(Foto: Spotlight SA)

Slegs 4% van inwoners van Alexandra, ʼn Johannesburgse township, betaal in hierdie stadium ʼn kragrekening. Dít terwyl City Power al miljoene rande aan die herstel, instandhouding en vervanging van elektrisiteitsinfrastruktuur in die gebied bestee het.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê minisubstasies, transformators en kabels word gereeld in Alexandra opgeblaas, verbrand of gesteel.

“Die probleme in die township word vererger deur die ongebreidelde vandalisme, kabeldiefstal en onwettige aansluitings. Die aanbou van nog kamers plaas ook enorme druk op die beskikbare elektrisiteitskapasiteit.”

City Power het verskeie vergaderings met raadslede en inwoners van Alexandra hieroor gehad en nóg ʼn vergadering word Saterdag gehou.

“Ons gaan volgende week begin om meters oor die hele Alexandra aan te pas om te verseker dat inwoners vir elektrisiteit betaal.

“Dit sal die ouditering, vervanging en terugstel van slim voorafbetaalde meters oor die hele gebied behels.”

Mangena sê die installasies sal met huise oos van die Jukskeirivier begin.

Die Jukskeirivier (Foto: GULSHAN KHAN/AFP)

“Ons het 5 000 meters vir die eerste groep installasies beskikbaar gestel. Dit sal erwe met dubbelverdiepingwoonstelle en agterplaaskamers dek.”

City Power sal aanvanklik die meters gratis vervang. Die agentskap vorder intussen ook met sy projek wat behels dat ou kragmeters teen November nie meer herlaaibewyse sal aanvaar nie. Slegs herprogrammeerde of nuwe slimmeters sal gebruik kan word.

Aanvanklik word sakeondernemings, ook spaza-winkels en tavernes, in Alexandra geteiken.

“Ons het reeds raadslede in daardie wyke betrek; hulle het vir ons ʼn lys van ondernemings in hul wyke saamgestel wat vir meterinstallasies geteiken moet word sodat hulle vir elektrisiteit kan betaal.”

Mangena sê City Power het reeds meer as R4 miljoen aan die projek bestee, onder meer om kapasiteit in die township te verhoog.

“Ons het ook begin met die installering van ligte wat met sonkrag werk om sigbaarheid en veiligheid van inwoners tydens beurtkrag te verseker.”

Sonkragaangedrewe geisers word ook vir behoeftige verbruikers geïnstalleer om die druk op hulle te help verlig.

Mangena sê hulle verwelkom ook die verbintenis van die meeste inwoners van Alexandra om voortaan vir hul krag te betaal.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Mnr De Beer ·

Die probleem le by mense wat nogteeds hul krag en water rekening moet betaal. Gratis meter installeer gaan hulle dood eenvoudig net forseer om ander manier elektriseteit te soek deur om onwettige kabels aan te le. Hulle sal strike. Hulle sal afbrand. Protest vir free electricity and water. Noem maar n paar. Solank as wat die verkeerde mense wat in bewind is nie die reels en wet toepas op ALMAL sal die onregverdigheid voortduur. Almal moet betaal vir water en krag soos die res wat dit well doen. Nie sekere moet betaal en ander hoef nie.

Wondermaarnet ·

Herstelwerk gebeur gewoonlik vinnig waar mense min of niks vir krag betaal nie, maar ons wat betaal moet dae lank wag.

Aai ·

Sit dit af sit dit af ons land bloei en die res wat nie wil werk lewe lekker.

Papsak ·

Sit af die krag hoekom moet ons betaal en hulle mors met water krag maar lewe lekker doen dit dan vir onns almal laat ons ook dan niks betaal nie net regverdig maar alles val in hulle skote our people

Jacobus ·

Die lae betaal koers geld ook in elke klein dorpie. Dit betaal dan Eskom om die goeie en slegtes te groepeer en almal te wurg. Skandalig! Net meer beloftes en meer KFC.

SwartBees ·

Daai meters word getokkel nog voor die instaleerder by die deur uit is.

Misky ·

Net as mens dink jy is nou tot in jou sokkies in geskok oor iets, lees mens so berig. Nee wat, ons moet eers in as en puin lê voor die oë sal oopgaan!!!!

Bolandse Nooi ·

Sien hoe word dit weer afgebrand, afgebreek en vind daat “diensteleweringsprotes” plaas sodra dit begin word!

Herpiet ·

Sterkte. As hulle nie toe betaal nie, sal hulle nie nou betaal nie

Kobus ·

Eskom sit Lichtenburg se krag af maar hier brand al wat lig is. Die vrugte word nou gepluk van ANC wat die nie-betaal mentaliteit geskep het.

JohanR ·

Laat jy en ek wat wit is net twee maande agterstallig raak……..

Seef ·

As ek net een dag laat betaal word my krag afgesny. Hoekom? Hulle weet ek gaan nie amok maak en alles afbrand nie. Siek man, siek.

Hans ·

Hopetown in Noordkaap sit sonder water en rioolering, want Eskom se rekening was nie deur dorpsraad betaal nie. Hoekom geld daar verskillende maatstawwe vir wanberalers?

Minnie ·

Ons kan kommentaar lewer tot ons flou val. Niks gaan verbeter in ons eens pragtige land nie.

Jacobus ·

Hulle mors hulle geld met daai slim meters, dit word eenvoudig net gebypass. Alles is verniet vir our people belowe nou vat hulle maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.