Netbal SA wil sport meer ‘kommersialiseer’

(Foto: pixabay)

Netbal Suid-Afrika (NSA) het ʼn nuwe beleggingsarm op die been gebring om dié sport meer te kommersialiseer sodat dit ook op ʼn ekonomiese vlak kan floreer.

Volgens Cecilia Molokwane, president van NSA, is die hoofdoel om mense nie net geesdriftig oor die sportsoort te maak nie, maar dit ook in ʼn aantreklike sakebelegging vir handelsmerke, belanghebbendes en individue te omskep wat ʼn bydrae tot die ontwikkeling van die sport wil lewer.

Die beleggingsgroep, Netball South Africa Investment Group (NSAIG), bestaan uit 13 direkteure onder wie Douglas Ramaphosa, ʼn bedrewe sakeman en die jonger broer van pres. Cyril Ramaphosa.

“Deur strategiese vennootskappe, innoverende borgskapooreenkomste en die doeltreffende toekenning van hulpbronne beoog NSAIG om ʼn sogenaamde ekosisteem te skep waar netbal ekonomies gedy.

“Deur ʼn omgewing vir finansiële stabiliteit te kweek wil die beleggingsgroep ekonomiese geleenthede vir die sportsoort skep wat nie net tot voordeel van die spelers en die organisasie is nie, maar ook die breër Suid-Arikaanse gemeenskap.”

Leapeetswe Molotsane, wat tot voorsitter van die NSAIG verkies is, beaam Molokwane se stellings en sê die groep se doelwit is duidelik: “Om finansiële stabiliteit vir netbal te verseker.

“Ons glo ʼn gesonde finansiële grondslag is die kern vir die ontsluiting van netbal se potensiaal, wat die sportsoort sal toelaat om nie net op die baan te floreer nie.”

Die span direkteure is:

  • Leapeetswe Molotsane
  • Douglas Ramaphosa
  • Cecilia Molokwane
  • Ayanda Mafuleka
  • Veronica Motloutsi
  • Mbalenhle Manukuza
  • Sidwell Phutheho
  • Thato Lepinka
  • Nabeel Gani
  • ⁠Nolwazi Mdunge
  • Andile Mcobothi
  • Nosisa Fubu
  • Rethusitswe Ntshole

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Andre ·

…Cyril moes alweer ‘n joppie skep vir die familie!
Maar nie iets wat brienkrag vereis nie!

Casper ·

Weereens politièk georiënteerd en ek sien ‘n Ramaphosa se naam op die lys.Netbal in piesangland het nog nooit die wêreld aan die brand gespeel nie.

Wit Leeu ·

Ag asseblief ! Wat weet die klomp nou eintlik van netbal. Gaan die selfde paaidtjie loop as enige instelling wat die goed aanraak ! Bankrot…………………

Dup ·

Ek hoop net nie die rande en sente by Netbal SA gaan begin wegraak nie….of jaag ek nou weer onnodig spoke op…..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.