Netflix gekap oor beursprogram met kwotas

Netflix (Foto: Facebook)

Netflix word daarvan beskuldig dat hy verdeling onder jong mense saai nadat dié stromingsdiens ’n beursprogram van stapel gestuur het waarvoor slegs studente wat aan B-BBEE-vereistes voldoen, in aanmerking kom.

Solidariteit Jeug meen dié beursprogram is “onregmatig” en “onwettig” en dat Netflix besig is om die Suid-Afrikaanse regering se rasmalheid te steun en daartoe in te stem.

“Hierdie skema maak dit duidelik dat Netflix die immorele staatsideologie klakkeloos najaag,” sê Paul Maritz, bestuurder van jeug en loopbaanontwikkeling by Solidariteit.

Luidens ’n verklaring deur Netflix het dié stromingsdiens en die beleggingsfirma Tshikululu Social Investments kragte saamgesnoer om finansiële steun aan studente te verleen wat in die televisie-en-filmbedryf wil werk. Dié beurs het ten doel om die kwalifikasie en opleiding van “swart kreatiewes” te ondersteun.

Luidens die verklaring kan kwalifiserende studente – spesifiek “swart, bruin of Indiër” – teen einde Oktober vir dié program aansoek doen.

Solidariteit Jeug sê nou die beursprogram saai eerder verdeling onder jongmense in plaas daarvan om eenheid of ten minste samewerking te bewerkstellig.

“Dit is kommerwekkend dat sodanige uitsluiting op grond van ras maar net gewoon en normaal word,” meen Maritz.

“Dit is skemas soos dié wat Solidariteit se onlangse besoek aan die Verenigde Nasies gemotiveer het, en Netflix bewys ons klagte se meriete deur en deur, aangesien die stromingsdiens se optrede onregverdige en diskriminerende gedrag normaliseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Francois Le Cochon ·

Estelle, voor jy kanselleer, kyk eers Squid Games.

Jannie van Niekerk ·

Netflix behoort ‘n bestekopname te doen om te bepaal hoeveel van die kastige “swart benadeeldes” betaal geld oor aan Netflix en hoeveel kastige “wit bevoorregtes” Hulle sal dalk geskok wees om te sien hoeveel wit S uid Afrikaanse Netfklix lede hulle het teenoor swart Suid Afrikaanse lede. Dit lyk vir my dis deesdae mode om op die “arme swart” wa te klim. As ek bv iets beplan wat slegs vir wit mense bedoel is sal ek lewenslank tonk toe gestuur word. Nouja ek probeer, maar Maroela sal waarskynlik nie my “rassistiese” brief plaas nie.

Jaco ·

Kleurlinge en Indiërs ook? Dis ‘n verbetering. Ek wet van BAIE gevalle waar kleurlinge en Indiërs nie beurse en werk kry nie, met die verskoning “ons personeelsamestelling moet die nasionale demografie weerspieël”.

annie ·

In die apartheidsjare moes selfs uitstaande presteerders in matriek, bv agt onderskeidings, die aantal jare wat hul gestudeer het, terugwerk by die paar vriendelike instansies wat destyds gehelp het (en koebaai vir druipelinge). Die beurse het ook nie alle uitgawes gedek nie. Studente moes wedywer vir ‘n plekkie in die son vir sekere kursusse by die vooraanstaande universiteite. Die Zuma-beurse is so vollop soos covid-hand-gel en elke outjie wat net maak of hy sy hand bak maak, word geseën met note en munte vir elke bakatel: klasgeld + blyplek + kos + boeke + tablette + internettyd + kla-maar-net…

Shakespeare ·

Ek wou aansluit maar nou sal hulle verseker my nie met n Brahman bul kan oorreed nie.

Francois Le Cochon ·

Jenny, Netflix is nie ‘n kanaal nie. Dit is ‘n stromings diens wat jou toegang gee tot omtrent alles onder die son kykstof. Kry dit en kyk sommer Squid Games eerste.

Eerlik ·

Het DSTV vir dieselfde rede kanseleer n paar jaar terug! Cheers Netflix, my paaiement gaan beslis nie julle programmetjie ondersteun nie.

Johan ·

Ek gebruik Star Sat,skottel,100 programme,rapsie meer as R200/ maand!

Jeffrey ·

Ek kyk deesdae maar net you tube. Het al tot n hele paar goeie youtubers se kanale aangesluit en is nogaal heel verbaas oor hoe goed party van daai ouens se inhoud is….en dis verniet.

Gerhard ·

Ai Netflix……so onnodig om julle self so in die voet te skiet. Hulle besef baie duidelik nie wie die bevolkingsgroep is wat meeste ingeteken is op hulle nie en wat hulle grootste vorm van inkomste is. Anyway……bad move very bad move Netflix. Gaan vra vir DSTV hoeveel geld hulle in een maand verloor het nadat hulle met hulle nonsens begin het en vra ook sommer vir Woolworths hoe hard dit hulle gestamp het. So ja, kry vir jou Netflix, pak gaan jy pak vat nou. Cheers

Erik ·

Ek kan glad nie verstaan dat dit enige iemand ontstel nie. Waarom het ons Netflix, die regering, Discovery of maak nie saak wie nodig om suksesvol te wees nie? Ons kan dit en doen dit nog altyd sonder enige hulp self.

Cherokee ·

Ek lees van Netflix mar wetie wat dit is nie. Miskien oorlat ek nie tV kyk nie.

Danie ·

So pas my Netflix gekanselleer
Druppel in die emmer, maar vir my n beginsel saak

Jack ·

Ek hoop net jy het hulle duidelik laat verstaan wat die rede vir jou kansellasie was.

Cindy ·

Ek se juis vir almal wat lag wanneer ek weier om Coke produkte (en nou Netflix ook) te gebruik – elke druppeltjie help. Vir my ook eintlik ‘n beginsel saak

Deon ·

Die wat so bbeee support en beurse en werke uitdeel, kan hulle nie sien die mense stel nie belang nie? Almal gee nou al, hoeveel sit nog sonder werk en en, hulle wil nie werk nie, hulle wil net he!!! Varsity is mos gratis, waarvoor nou probeer mense werf wat reeds gratis varsity kry?

Harley Davidson ·

Netflix ek gaan julle boikot, julle gaan nie my paar rand mis nie maar een miljoen mense wat boikot is R 139 miljoen rand weg oor diskriminasie.

N ·

Beste is dat die jongmense jare na apartheid gebore is en absolut niks met dit te doen gehad het nie maar nou gestraf word.

N ·

Dit is n straf om jonk en wit te wees in die vullishoop van n land

pieter ·

Goeiste , die ras malheid ken geen perke nie ,
Is rasse diskriminasie nou ok met die free world ,
Waar gaan dit ophou !! ,
Ons moet planne maak , so kan dit nie aangaan nie .

Sarel ·

So word die ANC Internasionaal ondersteun en Netflix sal nie geboikot word nie.

Spook ·

Dit is vir my baie snaaks, dat die wat nooit apartheid sou ondersteun nie, nou ‘n nuwe apartheid aanmoedig. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.

Willem ·

Ek wou vir my gesin netflix gekry het maar nou kan hulle vergeet.

Francois Le Cochon ·

Willem, moenie kleinlik wees, kry dit, jou gesin sal dit geniet.

Di ·

Blankes moenie hierdie rassistiese ondernemings enigsins verder ondersteun nie. Sal sien hoe vou hulle as al die blankes hulle subskripsies kanseleer. Baie besighede het al gevou weens hierdie rasmal houdings in die land.

Francois Le Cochon ·

Diline, Netflix is nie n fish en chips winkel op die hoek wat afhanklik is van n paar blankes nie. Dit is n wereldwye stromingsdiens met 210 miljoen intekenare.

Di ·

Rerig, wat vertel jy my nou! Natuurlik weet ek dit. Hulle sal dit wel voel as al die blankes hulle subskripsies kanselleer.

Erik ·

Diline, hulle sal nie dit voel nie. Eintlik straf jy net jouself.

Elinette ·

Ja, vra maar vir die Spur-groep wat gebeur het so paar jaar gelede.

Jean ·

Doen dan dieselfde Solidariteit, maak julle bearse oop net vir wit mense

Gerhard ·

Ek stem 100% saam, maar as dit gebeur is daar oorlog in die land, want dan gaan die our people se Solidariteit is rassisties. Onthou, rassisme is net regverdig van een kant af, die ander kant (Blankes) sal boet daarvoor.

Jeffrey ·

Gerhard wat jy sê is baie waar, maar weet jy hoekom is dit so…as hulle voel iets is rasisties, staan hulle saam en doen iets daaromtrent…kan ons soos hulle saamstaan en standpunt inneem teen dit wat ons as verkeerd ag?

Andries ·

Daar is in elk geval so min om te kyk sonder oordadige geweld, vloek en seks, dat die besluit om te kanselleer baie maklik is

Francois Le Cochon ·

Andries, met meers as 50,000 keuses, is daar meer as genoeg familie vermaak wat jy nie in jou leeftyd sal kan baasraak nie.

Cindy ·

Francois betaal Netflix jou om hulle dienste te verkoop of wat?

Spook ·

Francois is ‘n netflix agent, en hy sien hoe sy kommissie wegkwyn :-)

Francois Le Cochon ·

Niks van agent of kommissie hier nie. Netflix maak dit moontlik dat enige iemand in my huishouding enige iets enige tyd sonder enige advertensies kan kyk op enige TV, rekenaar (laptop) of selfoon, vir R160 pm.

Cindy ·

gelukkig het ek so 2 maande terug al my Netflix gekanselleer.. Juis gedink ek moet maar weer inteken, maar Netflix het my nou mooi laat verstaan hoe welkom my wit geld is…

Boon ·

Hulle sluit mende uit op grond van velkleur, iets,waaraan jy niks ksn verander nie. Witmense moet alle besighede boikot wst rasdisjriminssie toepas. Ek doen dit.

Theuns ·

Definisie van racism
/ˈreɪsɪz(ə)m/
Learn to pronounce
noun
prejudice, discrimination, or antagonism by an individual, community, or institution against a person or people on the basis of their membership of a particular racial or ethnic group, typically one that is a minority or marginalized.”
Geld dit nie vir RSA en maatskappye nie?

Theuns ·

racism definition
noun
prejudice, discrimination, or antagonism by an individual, community, or institution against a person or people on the basis of their membership of a particular racial or ethnic group, typically one that is a minority or marginalized.

Theuns ·

Rassisme of rassediskriminasie dui op die sosiale, ekonomiese of politiese diskriminasie teenoor ‘n persoon (of groep persone) gebaseer op ras en/of velkleur. Dit dui nie noodwendig op die haat van een ras teenoor ‘n ander nie, maar ook die uitsluiting of weiering van sekere regte en voorregte, soos destyds toegepas deur die apartheidsregering van Suid-Afrika en die Jim Crow wette in die VSA.

Gerhard ·

Bye bye Netflix…Laat julle bruin,swart en ander kleuriges julle maar ondersteun……Gaan julle nie mis nie

john ·

waneer begin die groot maatskappye leer om nie in politiek betrokke te raak nie…. Go woke go broke

Ria ·

Hulle moenie n bohaai maak as wit SA’ners nuwe instansies oprig wat net vir blankes is nie. Skole wat net Afr. Is, restaurante met Afr. spyskaarte ens.

Elinette ·

En wanneer vat julle Multichoice/Dstv aan oor hulle Phumanathi aandele-program en jeugopleidingsprogram wat EKSKLUSIEF vir swart mense daar gestel is?????

Hondjie ·

Ek wil net se.dit help ni als te boikot wat ni in guns tel ni want dit presies hoe hulle dit wil he.sien dat minderheid van iets hou word dit verban of verander.nou die klein bietjie wat mens kan geniet nog en dat dit onregverdig is is 100% onregverdig en dit los maak ni sin nie.baklei dit met regte manier en kyk dit nog en sien hoe kry jy n gratis grapshow oor hulle moet dit net weer reg stel.vat dit as n gratis sirkus kaartjie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.