NGV: Belastingbetalers moet nou voet neersit

ngv-paneelbespreking-paul-maritz-anthea-jeffery-en-morne-malan

Paul Maritz het met dr. Anthea Jeffery van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge en Morné Malan, senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, oor die NGV gesels. Foto: Esté Meyer Jansen/Maroela Media.

Die Nasionale Gesondheidversekering (NGV) stelsel is dalk net die finale strooi wat tot ʼn belastingopstand in Suid-Afrika kan lei.

Dit was die mening van Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, wat aan Maroela Media se regstreekse uitsending van ʼn paneelbespreking oor die NGV deelgeneem het. Die kundiges het ook Maroela Media-lesers se vra oor die NGV beantwoord.

“Edward Kieswetter, die nuwe kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, het reeds sy kommer oor ʼn belastingopstand uitgespreek. Almal van ons is natuurlik bereid om belasting te betaal maar op die voorwaarde dat die staat dié geld eerlik hanteer en goed bestee,” het Buys gesê.

Hy meen die opbrengs van Suid-Afrikaners se belastinggeld moet net so goed, indien selfs beter wees, as hulle private beleggings maar die meeste belastingbetalers voel tans dat dit glad nie die gedoen word nie.

Morné Malan, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, het gesê die persone wat vir private gesondheidsorg betaal, is ook dikwels die mense wat reeds vir openbare gesondheidstelsel met hulle belastinggeld betaal het.

Dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, het gesê die regering se plan met die NGV is om mediese skemas te verminder totdat daar een staatsbeheerde mediese skema vir die hele Suid-Afrika is.

Dr. Johann Serfontein, ʼn senior gesondheidsorgkonsultant by HealthMan, wat ook verbonde aan die Vryemark-stigting is, het gesê die regering sit tans met ʼn ideologie wat dit moet toepas, maar die regering is nie seker hoe om dit te laat werk nie.

Hy glo Suid-Afrika sal op die ou einde met ʼn afgewaterde weergawe van die NGV sit wat moontlik as ʼn soort fonds bedryf sal word wat dienste by die private gesondheidsorgsektor vir die agterstande in die openbare stelsel sal aankoop soos met lang waglyste vir katarak-chirurgie.

“Suid-Afrika kan die NGV as ʼn model nie bekostig nie en ons weet nie eintlik hoe om dit aanmekaar te sit nie. Ek dink dit is in die tussentyd uiters belangrik dat almal insette lewer vir ʼn werkbare alternatief vir die NGV,” het Serfontein bygevoeg.

Buys meen die NGV moet beskou word binne ʼn politieke burgeroorlog binne die ANC waar die party alles in sy vermoë doen om populistiese beleid uit te voer om mag te behou.

“Ek dink die NGV sal in praktyk nog baie verander en stem saam dit sal afgewater word. Een rede hiervoor is die ekonomiese werklikhede van Suid-Afrika,” het Buys gesê.

Hy sê die staatsdiens se salarisrekening, rente op staatskuld en die land se maatskaplike stelsel verteer reeds sowat 70% van Suid-Afrika se begroting.

“Daar is eenvoudig net nie geld vir die NGV nie en die projek gaan geweldig lank neem om in te stel. Ek sien dit eerder as ʼn skilpad wat op ons afstorm as ʼn renoster wat ons bestorm.”

Hy het verder bygevoeg dat die regering nie kan regeer nie en die belastingbetalers sukkel om te protesteer. “Ek dink die regering moet leer om beter te regeer en belastingbetalers moet dalk leer om hul stemme dikker te maak. Belastingbetalers is ook nie teen die idee dat armes beter gesondheidsorg verdien nie, ons dring ook daarop aan dat die openbare gesondheidsorgstelsel dringend reggeruk word in die belang van almal in die land.

Jeffery het op haar beurt gesê dit is nou noodsaaklik dat elke Suid-Afrikaner moet kommentaar indien tydens die parlementêre proses waar die NGV hiervoor voorgelê word.

ngv-paneelbespreking-johann-serfontein-flip-buys-en-paul-maritz

Dr. Johann Serfontein van HealthMan en Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het aan Paul Maritz verduidelik waarom hulle dink die NGV sal nie kan werk nie en wat die alternatief is. Foto: Esté Meyer Jasen/Maroela Media.

“Geskrewe kommentaar moet teen 11 Oktober ingedien word en hierdie is die geleentheid om vir die regering en parlement te sê daar is alternatiewe om universele gesondheidsorg in Suid-Afrika in te stel.”

Malan het beklemtoon dat al ondersteun hulle nie die NGV-plan nie beteken dit ook nie hulle glo die status quo in gesondheidsorg moet voortduur nie.

“Daar is tans ʼn krisis in die gesondheidstelsel maar die krisis is juis deur die staat se oorbetrokkenheid veroorsaak. Om die staat se betrokkenheid by die stelsel uit te brei sal dit dus ook nie verbeter nie.”

Hy glo ook verskeie belanggeroepe sal saamstaan om druk op die regering uit te oefen om die NGV se model te verander. As dit nie werk nie meen Malan sal dit op ʼn hofgeding uitloop om die plan teen te staan.

Malan het gesê Solidariteit sal ook die geleentheid gebruik om kommentaar in te dien op die NGV.

Steun ons saak só:

Die staat is besig om jou gesondheid te kaap. Lewer kommentaar voor 11 Oktober 2019 en gee ons jou mandaat. Só steun jy Solidariteit se regsaak, want jou gesondheid is nie onderhandelbaar nie. Volg die skakel: https://solidariteit.co.za/ngv/

Kyk die volledige opname hier:

Nasionale Gesondheidsversekering: Kenners beantwoord jou vrae

Kenners verduidelik hoe die NGV jou sal raak, beantwoord jou vrae en sê of daar nog 'n manier is om dit te stop. Stel jou vraag in die kommentaarboks by die video.

Posted by Maroela Media on Wednesday, September 4, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Muffin ·

Wie gaan betaal en wie gaan gebruik. Dit kan en sal nie in SA werk nie.
Hopeloos te veel keegleers.

VerwoesteLand ·

Muffin, ek neem aan jy gebruik ironie (in jou vraag), want dit is duidelik wie gaan betaal. As Ramp-ma-posa reeds sê dat die land se geld op is en pensioenfondse nou geplunder gaan word, is die skrif aan die muur. Die huidige regering het van ’94 af geen noemenswaardige suksesverhaal nie. Nou gaan hulle die volgende “e-tol” lanseer (lees NVG) en op my en jou afdwing. Wie wil nog in hierdie land belê? Mens sou dink dat die rampspoedige misdaad met mening aangespreek sou word, maar dit vererger net daagliks. Ek kan net nie verstaan dat die (valse) Weste nie ‘n woord sê nie…. dit spreek ook boekdele!

Gert ·

In die artikel word herhaaldelik gestel dat die regering gaan besef die plan is onhaalbaar. Ek verstaan nie hoe kan enigiemand dit dink nie. Alles wat die regering doen wys hulle is heeltemal uit voeling met die werklikheid, soos die minister gesê het, dis nie sy probleem waar die geld vandaan moet kom nie, hy stel net die NGV in en die res moet homself uitsorteer.

Pottie ·

Die weste gaan niks se nie hulle het daai tyd die anc ondersteun as hulle nou moet iets se dan gaan hulle moet erken hulle het n groot vout gemaak en dit sal hulle nooit doen nie

Andre ·

Ja…dit gaan nie werk nie…en natuurlik wil die privaat hospitale en dokters ook nie hê dit moet werk nie…want as die regering ons getap het dan vat my privaat medies die res…R114 000 vir 2 nierstene……en dan moet jy nog vir hulle foute betaal…die normale man word in geloop deur die regering en sy mede christen geldgierige landsgenote….

CW ·

versigtig met die term mede Christen, onthou die bybel se nie almal wat vit my se Here Here sal die Koninkryk binnegaan. Hier is vreeslik baie van die wat nie die Koningkryk sal binnegaan, ongeveer reken ek so 95% van die bevolking

Manie van Worcester ·

Pottpr ek verskil van jou, hulle het destyds anc gesteun omdat die regering hulle nie toegelaat het om die land se hulpbronne te vat en hulle geweet het onder anc regering kan hulle. Dis nou gedoen, noe gee hulle geen bloue duit meer om wat hier gebeur nie.

Wielspore ·

Belasting opstand is die oplossing, ek betaal belasting vanaf 1981 toe ek begin werk het en voel dat ek tans niks in ruil daarvoor kry. Die oplossing is daarin dat die huidige staats werknemers opstaan en hulle werk begin doen, raak produktief, julle is van die hoogs betaalde instansies in SA.
Die huidige hospitale kan meer koste effektief bedryf word, as ek dit nie mis het kry mense wat vir die staat werk gratis medies by staats hospitale. Laat hulle begin betaal vir die voordeel.

Manie van Worcester ·

hoe gouer hoe beter, dit sal regering tot sy sinne bring

Pottie ·

Broer ek het laas week ook gese belasting opstand toe was ek gestenig op maroela media wat van ons blankes maak soos die mense in hong kong ons bly almal net vir n week by die huis ons het nie nodig om die strate in te vaar of die plekke af te breek soos party mense nie dan wil ek sien wat gaan die anc regering maak en as hulle nie luister nie dan bly ons nog n week by die huis maar nou ja weet nie eers of ons dit gaan regkry nie so nie weet ek nie wat gaan van ons word nie mense

Anoniem ·

Staatsdiensamptenare hoef nie na staashospitale te gaan vir mediese dienste nie. Hulle behoort aan GEMS – die mediese fonds vir staatsdienamptenare.

Carel Pienaar ·

Kom ons kry dit duidelik. As die NGV voortgaan gaan ek / ons oor na n vol belasting staking. Kan Soladariteit, Afriforum en ander publieke instellings wat die aksie voorstel aan begin kommunikeer hoe ons as gewone mense kan deelneem.

Dis n feit dat die gesondheids sorg in die land hersien moet word. Ek kan nie n plan ondersteun en meer geld gee vir n regering wat duidelik nie na my belasting gelde kyk nie en nog minder probeer om mense wat duidelik by staatskaaping betrokke is ongeskonde laat wegkom nie.

Thea ·

Gaan nie werk nie wie gaan vir my besluit watse mediese sorg ek nodig het en wat nie. Sie toestande van die regering hospitale is in gaos miskien moet hulle maar eers dar begin en die gemors uitsorteer voor hulle aan enige iets anders dink.

CW ·

is hulle manier van uitsorteer, vervang een mislukking met n ander

Pottie ·

Die anc vra nie hulle maak soos hulle wil dit is mos hulle land en ons belasting geld

Neels ·

Die koruptenare se hoofdoel met die NVG is om hulle hand te le op die mediese fondse se miljatde. Daar is geen ander instansie wat hulle nog kan plunder nie. Nou word die mediese en pensioenfondse geteiken .

Danie ·

Ek sal die petisie teken, net soos wat ek ook die petisie teen OSV geteken het. Maar ek weet nou al dit gaan niks help nie.

Vena Strauss ·

Politici en ANC Kaders moet hul mediese fonds lidmaatskap nou reeds kanselleer en gebruik maak van die uitstekende mediese sorg waarop daar so gespog word.. Elle lange waglyste vir operasies, siek pasiënte wat pleit om hulp, gange het verander in sale en pasiënte lê op die vloer want daar is nie beddens nie.

Ray ·

As Solidariteit vir my kan wys dat hulle nie die belsstinggeld gaan misplaas nie maar wel in ñ “withholding account” kan laat le om oorbetaal te word wanneer so ñ belasting “revolt” geneur is ek bereid om my besigheid se belastinggeld daarin te sit. Dus betaal ek my belasting. Ek betaal net aan ñ derde party om dit onder veilige bewaring te hou totdat ñ punt bewys is en gedokumenteer is.

Jimmy ·

Die massas sal nie in opstand kom nie want hulle gaan voordeel trek. Die handjievol minderheid kan wel staak en die ekonomie tot stilstand bring. Maar hulle sal nie want dit is nie in hul DNA nie. Vir die afgelope 30 jaar het hulle net gepraat en gepraat en gedreig.

Kerneels ·

Die enigste belasting wat werkendes kan terughou is BTW, sondebelasting en sekere tariewe. Om dit te doen moet beswaardes minder bestee.

Piet ·

Kerneels, die PAYE wat van werkendes se salarisse afgetrek word word nie deur SARS gedoen nie. Die werkgewer verhaal dit en moet dan oorbetaal aan SARS. ‘n Oplossing is dus dat werkgewers die geld in ‘n rekening spesifiek vir die doel geskep hou en eers oorbetaal aan SARS wanneer die belastingopstand verby is. Natuurlik is goed soos UIF, boedelbelasting, belasting op rente en dividende ens ook in die hande van die algemene man om oor te betaal of nie.

Kerneels ·

Piet, watter werkgewer gaan die risiko loop om nie PAYE oor te te betaal nie? Dis onwettig en maatskappye sal beboet word en aandeelhouers woedend laat, veral buitelandse beleggers en fondsbetuurders wat pensioenfondse se geld belê. Direkteure en senior finansiële bestuurders sal krimineel aangekla word en kan in die tronk beland. Dieselfde met UIF. Werkgewers trek ook bydraes af wat aan vakbonde soos Solidariteit oorbetaal word. Onthou, nie alle werkers steun in elk geval ‘n belastingboikot nie. Dié wat teen die boikot is sal hul werkgewers hof toe sleep omdat verpligtinge nie nagekom word nie. Kyk wat gebeur nou by Denel. En wie gaan die rekenings administreer? Dit sal ekstra tyd en kostes vereis. Ouditeure sal ook nie finansiële state afteken nie. SARS ontvang inligting van alle banke en weet presies wat is die rente wat jy verdien, selfs buitelandse verdienstes. Hulle het ook toegang tot maatskappy registers en weet wat is die dividende wat uitbetaal en verklaar moet word. Jy gaan net boetes en rente betaal. Eksekuteurs moet boedelbelasting oorbetaal, anders sal SARS nooit klaring verleen dat ‘n boedel afgehandel word nie. Ongelukkig vir ons is die belastingadministrasie in SA baie goed ontwikkel en gesofistikeerd. Al wat ons kan doen is om minder te koop en dan minder BTW te betaal. Ons kan ook ons arbeid weerhou. Geen werk, geen betaling, geen PAYE. Dit mag die land tot stilstand bring.

Hendrik ·

Hoe kan ek verhoed dat my werkgewer die belasting van my verhaal en dit oorbetaal? Wat is my regte?

Jimmy ·

Hendrik, jou werkgewer sal vir jou lag. Die belastingwetgewing is goed ontwikkel.
Piet, vergeet maar van ‘n belastingboikot. SARS weet alles van ons af want hulle het toegang tot baie bronne. Amper soos ‘n seekat wat jou leeg suig.

Ray ·

@ Hendrik, as werknemer kan jy nie die PAYE proses beinvloed nie. Wergewers is volgens wet verplig om dit af te trek en oor te betaal. Mara die werkgewer kan soos ek bo genoem het so iets doen indien besighede saam besluit om so ‘n aksie te hou. Daar is wel ‘n groot risiko betrokke vir die werkgewer. SARS deel graag 10% boetes met rente uit. Dus is dit vir die werkgewer ook nie so maklik om net te se ek weerhou dit nie, want die weerhouding kos die maatskappy dan geld aan boetes en rente.

Kallie ·

Al wat ons kan doen is om die ekonomie se water en ligte af te skakel. Bly by die huis vir ‘n maand of drie. Dit moet net wettig wees, anders word jy afgedank. Koop blikkies kos vooraf en gebruik spaar geld om vir dienste te betaal. Of gaan kamp êrens, vang vis en bak jou eie brood in ‘n tuisgemaakte bakoond. Jy sal boonop spaar op brandstof. Skole sal in elk geval sluit. Organiseer die massa wegbly gord, wasr bure mekaar help. Die land sal gou verander in ‘n begraafplaas.

Gert van Wierdapark ·

Lyk my sommige mini-sterre wil CR se “pie in the sky -stad” navolg met die NGV se aanjaag!!

Kommentaar ·

Hulle wil hê ons moet “kommentaar” lewer oor hierdie gemors? Wat het gebeur met die duisende kommentare wat oor onteiening sonder vergoeding voorgelê was? Dit was alles met een strook van die tafel afgevee. Niemand glo meer in die mooiklinkende “resep” van “kommentaar lewer” nie. Mense emigreer eerder.

Johanna Botha ·

Die wat nie belasting betaal kry meer en die wat vinger uittrek en belasting betaal …hulle key niks …intussen staan daar net meer mense bakhand

Sit net eendag op sy ·

As julle van nature nuuskierig is. Soos ek. Sit net eendag op sy. En Jul hoef nie eers 5-6 uur in oggend al daar by n staats hospitaal hoef tewees nie as n ongelukkig staats pasient. Net om darm verseker tewees jy as n siek persoon word gou gehelp. Kyk na Lang toue en loop en maak Sommer n draai by die staats tandarts. Help dink aan planne en sien hoe die situasie is daar. Elke verbetering help want indien regering se planne gaan slaag gaan dit ons voor land wees want privaat hospitale gaan moontlik ook selfde situasie ervaar. En Kom terug en vertel ons van jou ervarings daar. Dit Kan jou kollegas dalk help in toekoms.

Reinette ·

Gedurende 2014 was daar genoeg personeel en medisyne by ons kliniek op die dorp en die dokters kon na almal omsien wie hulle nodig gehad het. Vandag moet 3 susters onder groot druk hulle werk doen met meer pasiënte. Hulle is veronderstel om 7 susters sterk te wees. Vir maande al word my en andere medisyne meer as gehalveer. By die hospitale is die druk net so erg. Dit klink soms asof die personeel ‘n marathon deur die gange hardloop. Ons mediese personeel is alreeds oorwerk en dit is maar net by hierdie een kliniek. Hoor van ander waar dit veel erger gaan. As dit nou al so erg is, wat probeer die regering bewys met hulle aandrang om hulle planne deur te voer? Hulle kry dit nie eens reg om net na ‘n deel van ons om te sien nie en moet eers die huidige stelsel regruk voor hulle die hele land se mense probeer bedien.

Jerry ·

Of die NGV goeie of nie goeie gesondheidsdienslewering teweeg gaan bring nie is nie ter sprake vir die ANC staat nie. Wat ter sprake is, is dat dit n uiters voordelige belegging met goeie opbrengste vir die ANC staat sal Virseker! Soos die ANC die NGV in sy huidige formaat wil implementeer gaan dit die belastingbetaler nie te veel uit die sak uitjaag nie, maar met al die slimjanne se planne om dit te verbeter en uit te brei is ek bevrees gaan dit die belastingbetaler baie meer kos en dit is presies waarop die ANC staat sy hoop vestig! Die ANC lei julle in die versoeking sodat julle hoek en sinker daarvoor val, net soos met julle regrukplanne vir die SOE’s wat die belastingbetaler net meer en meer gaan kos! Elke liewe plan van die ANC is n lokval vir julle om beter en duurder planne vir die ANC op die tafel te sit. Julle is veronderstel om die ANC te sink, nie om die ANC vet te voer nie!

Anni ·

Staatsamptenare het GEMS as hul mediese fonds. En dit kos ook “pretty a pound”. Staats hospitaal gratis, vir staatsamptenare, van wanneer af?

Winx ·

Transnet, SAPS, Prasa, ALLE staatsdepartemente, SARS, … nog ? Nie bestem om te faal cc … het alreeds. Ons belastingbetalers kort standbeelde opgerig ter ere van die las van vermorsing wat ons dra. Vader weet….

charmaine ·

Stop alle belasting aftrekkings op salarisse dit sal dalk werk. Want belasitng geld word in elk geval nie gebruik waarvoor ons betaal nie, nou moet ons nog vir die gepeupel ook betaal die wat afbreek en niks kan opbou.

ap ·

Geen verder bailouts , die anc het geweet waar om the skep , word by die dag net erger ,

Susan de Klerk ·

Natuurlik wil privaat hospitale en dokters nie he NVG moet werk nie. Skreiende skande hoe hulle arm mense sonder mediese fondse behandel. Vriende wat tydens ‘n ernstige, onverwagse krisis van hul dienste gebruik moes maak, amper bankrot. As jy nie ‘n mediese fonds het nie, bly asb weg van privaat hospitale gaan liewers dood.

P ·

SAL is n flop Poskantoor is n flop Eskom is n flop Danel is n flop wat gaan van die een word ook n flop word niks wat aan die staad behoort is n sekses nie niks is volhoubaar nie

Deon ·

Hier is baie kundigheid in die land om die gesondheidskrisis maklik aan te spreek. Een model is om van die groter staatshospitale gedeeltelik te privatiseer. Raak daardeur ontslae van swak bestuur en lakse personeel. Dit is belangrik dat alle rolspelers antwoorde moet soek. Sodra die staat dreig is daar weerstand wat tot verder dreigemente lei. Gewone burgers gaan ly en sterf. Aggressie gaan ons nêrens bring nie.

NET EK ·

Die nuwe belasting wet is as jy minder as vyf honderduisend verdien betaal jy nie belasting nie!! Nou hoe gaan die mens die NVG betaal???

Kobus ·

Jy moet steeds belasting betaal, jy hoef net nie ‘n opgawe in te dien nie. Tensy jy ander tipe inkomstes verdien, soos rente, dividende of huur.

wilma ·

@NET EK – ek is nie seker dat jou stelling korrek is nie. Ek is onder die indruk dat as jy vir een werkgewer werk en minder as R500 000 verdien, belasting van jou salaris afgetrek word en jy nie ‘n vorm vir SARS hoef te voltooi nie, alhoewel sommige belastingkundiges aanbeveel dat jy wel die vorm voltooi om toekomstige probleme te verhoed. Kan iemand asb. hier behulpsaam wees? Dankie.

Waai die Beste ·

Soos skrywers hiero mooi verduidelik het sal dit nie vir maatskappye moontlik wees om hulle werkers se maandelikse balasting te weerhou nie. Jou werkgewer is verplig en sal aanhou om jou belasting af te trek en jy kan dit nie stop nie. Die enigste manier hoe jy kan stop om jou belasting vir die hool te gee is om te emigreer sodat jou kundigheid en belasting na ‘n land gaan waar dit korrek en regverdig spandeer word.

Net ek ·

Spekuleer met persentasies. Staat versorg reeds 90% by staats hosp. 10 % sorg self en die belasting betalers dra die kostes. Nou moet die belastings betalers weer opdok verder en VAT word verhoog maar nou gaan almal bydrae. Nou die wat koop van 90% kry geld by 10% wat belasting betaal of een wat belasting ontduik. Ek wonder of daar n som gemaak kan word. Alle belasbare inkomstes en VAT, ek glo daar word meer VAT gein as wat Salarisse kan dra. Skuif die verhaling na VAT en stop gratis mediese sorg aan Buurlande. Die SA maters is reeds ongelukkig oor black tax want dit is nie regverdig nie. Diefstal en
staarskapings in regering is mos okay en norm, kla die maatjies nee want hulle Viva ANC

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.