‘Nie genoeg bewyse’ om lodge-eienaar te vervolg

Herman van Tonder. Foto: Via Facebook.

Herman van Tonder, eienaar van die bekende Mbizi-lodge buite Bela-Bela in Limpopo, is Dinsdag in die hooggeregshof in Polokwane vrygespreek van die moord op sy vrou.

Van Tonder (50) se vrou, Elrina (42), is op 6 November 2014 dood. Van Tonder is sowat vier jaar later in hegtenis geneem in verband met haar moord.

Volgens Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Limpopo, kon die staat die hof nie met sy bewyse oortuig dat Van Tonder Elrina vermoor het nie. Van Tonder is gevolglik vrygespeek.

“Die NVG sal die uitspraak onder die loep neem om verder ʼn besluit te neem,” het Malabi-Dzhangi gesê.

Maroela Media het vroeër berig Van Tonder en Elrina was die aand voor haar dood alleen by die huis. Van Tonder het die volgende oggend met sy vrou se liggaam by die hospitaal opgedaag.

Van Tonder het beweer Elrina het in sy teenwoordigheid gesterf aan natuurlike oorsake en/of siekte. Dit was duidelik dat sy al ʼn geruime tyd dood was en sy het enkele sigbare beserings gehad.

Volgens die staat het ʼn nadoodse ondersoek later getoon dat Elrina verwurg is.

Van Tonder het sewe jaar lank volgehou dat hy onskuldig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

SjN ·

Na 7 Jaar, wat moes die man nie alles verduur nie, waar/wat was die probleem? Vertrou hy kan aangaan met sy lewe.

Mariaan ·

Verwurg…en hy onskuldig…was dit dan n spook? Losgekom…ai ai

melaney ·

As hy enigsins verantwoordelik is, sal sy straf wel uitgedien moet word, al is dit in die hiernamaals.

Kobus ·

ek oordeel nie. Net hy weet. Sy gewete sal hom aankla indien hy wel skuldig is. Hy moet maar self besluit

Staal ·

Ek het nie woorde nie!! … dalk het n spook haar verwurg? Moordenaar

Perdeby ·

Wel as daar nie genoeg bewyse is nie, dan is dit nou maar so, niks wat ons of enige iemand anders kan doen nie. Daar is honderde mense enige kleur wat onskuldig in die tronk sit.

Dries ·

Dit is uiters misleidend om in die opskrif te beweer dat die persoon weens te min bewyse nie ‘vervolg’ kon word nie. Dis in totale leuen.
Hy is inderwaarheid vervolg, het in die hof tereggestaan op die aanklag, maar is onskuldig bevind omdat die staat nie deur genoegsame bewyse en getuienis die hof van sy skuld kon oortuig nie.
Hy is dus na behore onskuldig bevind – n reuse verskil teenoor n geval waar hy weens min bewyse nie vervolg sou kon word nie.

Dit is betreurenswaardig dat daar deur so n opskrif die indruk geskep word dat geregtigheid moontlik nie geskied het nie. Die persoon is deur n bekwame hof en voorsittebde beampte onskuldig bevind, nadat bewyse getoon het die persoon kon nie bo redelike twyfel aan die klag skuldig bevind word nie.

Ook opmerklik hoe sommige kommentators kommentaar lewer asof n ‘moordenaar’ vrygespreek is! Dit is nie die geval nie – daar is bevind hy is nie, aan die hand van die bewyse, skuldig nie.

piet ·

Stem saam, Dries. Ons moet egter onthou dat verslaggewers/berigskrywers gewoonlik nie regskenners is nie en jy kan nie verwag dat artikels altyd 100% tegnies korrek sal wees nie. Mens sou egter verwag dat daar tweekeer gedink word oor ‘n hoofopskrif.

Dries ·

Beslis, maar juis die rede waarom daar ervare subredakteurs moet wees. n Baie meer gepaste opskrif sou sekerlik wees, ‘Lodge-eienaar onskuldig’.

Die fundamentele basis van regspleging is sekerlik dat mens begryp dat nie elkeen wat voor n hof gedaag word skuldig is nie? My kommer is dat, in n land soos SA waar daar soveel gebreke in veral die staatsektor is, skep foute soos hierdie die indruk by lesers dat die beskuldigde n straf vryspring agv n gebrekkige stelsel, terwyl daar in hierdie geval geen bewyse daarvoor is of rede om so te glo nie.

Sekerlik het skuldiges ook al as vry mense uit n hof gestap, maar dan ook is dit gewoon omdat die bewyslas nie genoeg was vir skuldigbevinding nie.
In hierdie spesifieke geval berus ek by die bekwame hof se uitspraak, en hoop die man kan hierdie nagmerrie agter hom sit en voortgaan met sy lewe.

Cherokee ·

Jy raak nie met jou verontskuldiging aan feite wat weergee is soos ‘sigbare beserings en klaarblyklike verwurging’ nie. As jy hom wil verdedig moet jy objektief wees. Lesers weet niks meer as wat hier gelees word, en dit skep juis vraagtekens. Jy het daardie bewerings gesystap.

Herman ·

Iewers is iets nie pluis nie:
1. Herman en Elrina is alleen tuis tydens haar dood.
2. Elrina is in Herman se teenwoordigheid dood aan “natuurlike oorsake” of “siekte”.
3. Herman neem Elrina se liggaam die volgende oggend persoonlik hospitaal toe – Waarom neem hy ‘n dooie se liggaam hospitaal toe? Waarom haar nie deur professionele mense op die toneel laat dood sertifiseer en die liggaam verwyder nie? Peuter met bewysstukke?
4. Sy was al geruime tyd dood – Waarskynlik al die vorige aand?
5. Sy het enkele sigbare beserings gehad – Waar was die beserings en wat was die aard?
6. Die nadoodse ondersoek wys dat sy verwurg is – As Elrina in Herman se teenwoordigheid dood is, wie het haar dan verwurg? Is verwurging ‘n natuurlike oorsaak of ‘n siekte?
7. Herman word na 4 jaar in hegtenis geneem – Is die saak toe eers ondersoek of het daar op daardie stadium “nuwe” getuienis aan die lig gekom?
8. Nog 4 jaar verloop voor ‘n bevinding en uitspraak?

Johanna ·

Swak ondersoek werk….. maar 7 jaar se nalatigheid.
Hoe is iemand dood aan siekte, daar is n wurgmerk aan haar nek… ondersoek verder maar open sommer a dissiplinere ondersoek ook

KatjieDeKat ·

Dit is walglik hoe mans in hierdie land wegkom met moord en mishandeling van vroue.

Casper ·

Hierdie is ‘n fyn beplande moord.Hoe gaan daar bewys word dit was hy,daar is nie vingerafdrukke nie.Hierdie “moordenaar”kyk baie misdaadprogramme.Dalk ‘n nuwe madam in sug.

Mariana ·

Sy “vriendin” het kort na Elrina se dood by hom ingetrek en hulle is al lankal getroud. Hoe kon die val op die trappe die wurg merke aan haar keel veroorsaak het?

Mariaan ·

Ja nee…weggekom met moord meneer…sien ander kommentaar v feite…dit maak net nie sin nie..sy optrede uiters verdag….was daar dan n spook?? Arme vrou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.