Niemand nog vas ná man buite plaashek aangerand word

WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

Francois Labuschagne word behandel na die aanval. (Foto: Verskaf)

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat ʼn man Saterdagaand by die hek van ʼn plaas buite Lichtenburg, Noordwes, oorval en met stokke aangerand is nie.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het die man intussen as Francois Labuschagne geïdentifiseer.

Volgens kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het Labuschagne omstreeks 19:35 by die plaashek aangekom nadat hy kort vantevore sy winkel in Gerdau gesluit het. “By sy aankoms by die plaas het hy gesien die hoofhek is toe en hy het uitgeklim om die hek oop te maak. Hy is toe deur drie onbekende mans aangeval,” het Botma gesê.

Labuschagne is met stokke aangerand en die aanvallers het sy winkel se sleutels geroof voordat hulle in Labuschagne se bakkie op die vlug geslaan het. Volgens Botma is die bakkie later sowat 4 km van die plaas verlate gevind.

‘n Stok wat op die toneel gevind is en wat vermoedelik as wapen gebruik is. (Foto: Verskaf)

“’n Verklaring kon nog nie by die slagoffer afgeneem word nie, omdat hy steeds in die hospitaal is. Dit is daarom nie duidelik of ʼn vuurwapen tydens die voorval gebruik is of nie,” het Botma gesê.

Volgens Müller het Labuschagne erge snywonde aan sy kop opgedoen.

Müller en Botma het albei bevestig dat die voorval nie as ʼn plaasaanval geklassifiseer word nie. “Die vermoede bestaan dat die aanvallers hom dalk van die winkel af gevolg het en gedink het hy het dalk geld by hom. Dit was net toevallig dat hulle hom toe nou buite ʼn plaashek oorval het,” het Müller verduidelik.

Volgens Botma is ʼn saak van motorkaping aanhangig gemaak en sal daar moontlik ʼn saak van aanranding bygevoeg word sodra Labuschagne se verklaring afgeneem kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Deloris ·

Goeie vraag Johan… Alles word mos omseil om nie as n plaasaanval te klassifiseer nie…

Gert van Wierdapark ·

Eish! n Saak van motorkaping, maar nie van aanranding/poging tot moord nie! Ja nee wat, as die admin se papierwerk eers inskop, dan word daar eers water getrap tot al die papiere in plek is, want motorkaping is mos nie so erg nie. Dit kan eers wag!!??

Alida X ·

Moontlik ‘n saak van aanranding bygevoeg word?
Dit maak nie vir my sin nie.
Met ‘n sny oor die kop is dit aanranding.
Of gaan die skuldiges, as hulle ooit vasgetrek word, beweer dit was selfverdediging?

Chris du Preez ·

Hoe kan hulle hom van die winkel agtervolg en dan by die plaashek inwag. Dit maak nie sin nie

KP ·

Daar word nou skielik na al wat n verskoning is gekyk om dit nie as plaasaanval te kategoriseer nie. Ons moet dit dan maar kategoriseer as aanval op blankes, of bestaan die woord blanke nie meer nie???

anton ·

Die hoof hek is juis toegemaak dat hy moes stop en uitklim.
Nou as hulle hom agtervolg het, hoe kon hulle voor hom daar wees om die hek toe te maak en vir hom gewag het?
En as iemand anders die hek toegemaak het, kon hy sekerlik sien dat hy agtervolg word deur n ander voertuig.
Of mis ek iets iewers?

CallieL ·

Sulke aanvallers kan mos maar met die groot woord beskryf word. Dit beteken tog heidin. As jy sulke dinge doen is jy defnitief een en nog erger. Dit sal gepaste naam vir hulle wees

Liezel ·

Is daar ‘n sekere lys wat afgetiek moet word om te bepaal of dit ‘n plaasaanval is? Of duck en dive almal nou net die woord??
Hoe agtervolg jy iemand en gaan maak die hoofhek voor hom toe en wag hom in….??

Idalette ·

Is dit net ek wat sien dat die Boer van Nigel wat by sy plaashek vermoor is “Grumoord op Boer- Johan Pretoruis) , en die aanval dieselfde lyk? Albei se hekke was toe waar dit gewoonlik oop is. Albei moes uit hulle bakkies uitklim en is oorval….

Lourens ·

Stem saam ja, en altwee “lyk nie na ‘n gewone plaasaanval nie”.
Ek moes nou eers gaan seker maak of altwee van die selfde aanval praat of nie.
Dalk net nuwe “modus operandi”?

Issabelle ·

Ja nee …. die aanvalle op plase & boere hou maar net nie op nie …. die misdaad syfer styg daagliks & die uwe van CR stuur hom maar net nie daaraan nie …. nog minder doen hy drastiese stappe om misdaad op boere & die publiek te keer nie ….. want hy word mos ten volle beskerm met lyfwagte nes soos die res van die parlement se klomp ” clowns ” …. hierdie misdaad gaan & sal nooit ophou nie & dit gaan net erger & wreder word …. veral met die ANC …. EFF & ander partye wat doen & se net wat hulle wil …. dit is uiters skokkend , teleurstellend , hartseer dat ons blanke boere so moet sterf …. CR het hom voor gedoen wat hy nie is nie , hy het net stroop om almal se monde gesmeer vir al die lee beloftes om vir hom & sy ANC party te stem as president …. !!!! Duidelik kom hy CR geen lee beloftes na nie …. skokkend …. hartseer …. teleurstellend ….

Willie ·

Mense moet begin paraat wees op alle vlakke… as jy iets vemoet, volg jou “six sense”.. Lyk my deesdae moet jy errs in die bosse langs hek in skiet , en daan uitklim en ook maak…

Tiger ·

Hier is ‘n baie duidelike waarskuwing wat na vore kom uit die geval byuite NIgel en die een : mense word nou by hulle hekke aangeval so almal wat in die donker by sy plaas aankom moet voorbereid wees.’n Lig op ‘n paal wat met ‘n klein sonpaneeltjie werk by ‘n hek wat altyd toestaan sal al baie help.As mens ‘n tweede persoon wat gewapen is saam met jou kan laat ry nog beter.

JJ ·

Lichtenburg is. 2:30 van Randfontein af Nigel is omtrent n uur van Randfontein af. Nigel val onder Oosrand Lichtenburg val onder Noordwes.

ChrisE ·

Dit is maklik om te bespiegel en aannames te maak as jy nog nie self ‘n slagoffer van ‘n aanval was nie. Alle aanvalle is beplan en berekend uitgewerk. Die slagoffer moet dit glad nie te wagte wees of bedag wees van enige tekens dat daar ‘n aanval op hom/haar geloods gaan word nie. Die verrassings element is hier deurslaggewend. As jy ‘n aanval verwag gaan jy paraat en op jou hoede wees. Die mense wat jou wil aanval gaan lokvalle of afleidings strikke stel. Wat is daar makliker as ‘n toe hek op ‘n plaas. Dit gebeur in die stede waar daar plakkers op ruite aangebring word. Dorings in bande by winkelsentrums. Die kreatiwiteit van die misdadeger is legio. Jy as potensiëele slagoffer is net te bly dat jy gehelp word. Intussen word jy beroof of jou bates van jou wederegtelik vervreem. Die dag het aangebreek dat jy enige vreemde persoon met agterdog bejeen en daarop bedag moet wees dat jy ‘n statistiek kan word. Jammer dit is die realiteit van ons samelewing waarin ons onsself bevind.

Oujongvrou ·

Lyk vir my die boere kan al die noodmaatreels in plek he, dit gaan niks help nie. Want die sluipers le op loer, een of ander tyd moet jy uit jou huis en erf kom. En dis dan wat hulle toeslaan. Lafaards, duiwel se handlangers. Sorry mense maar ons in die dorpe en stede het nie n benul hoe dit moet voel om elke dag so in vrees te leef nie.

Lourens ·

Die boere moet maar probeer om ‘n 50M radius om plaas hekke glad te maak met geen bosse en holtes nie, m.a.w. geen wegkruip plek naby hekke nie.
Ook soos voorgestel ‘n sonkrag “sensor” lig by die hekke.
Ek weet dit is duur, maar kan jou lewe red.

Michelle ·

Afgelope paar weke word niemand meer in verband met enige “sogenaamde aanval” aangekeer nie te sleg om hul werk te doen. Daar word geen moeite gedoen nie onbevoeg weet ek nie, ‘n plaas aanval is een en ‘n plaasmoord is een daar is nie ‘n ander woord of beskrywing vir dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.