Nog 8 Covid-19-gevalle in SA

Foto: (Chinatopix Via AP)

Nog agt bevestigde gevalle van die nuwe koronavirus oftewel Covid-19 is in Suid-Afrika aangemeld. Altesaam 24 mense in die land het nou reeds positief vir die virus getoets.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Vrydagmiddag gesê vier pasiënte van Gauteng, twee van KwaZulu-Natal en twee van die Wes-Kaap het Covid-19 opgedoen nadat hulle onlangs oorsee gereis het. Die pasiënte het onderskeidelik Italië, Switserland, Oostenryk en Griekeland besoek.

Tot dusver is nog niemand met die koronavirus gediagnoseer wat nié na die buiteland gereis het nie.

Die pasiënte in Gauteng is mans en vroue tussen 21 en 57 jaar oud. Dié persone het onder andere Switserland, Oostenryk en Italië besoek.

’n Bejaarde van KwaZulu-Natal (79) is positief getoets nadat hy Griekeland en Italië besoek het. Die ander geval in dié provinsie is ’n 52-jarige man wat onlangs na Switserland gereis het.

In die Wes-Kaap het ’n 50-jarige man ook Switserland en Oostenryk besoek voordat hy positief vir Covid-19 getoets is. Nog ’n man (46) van dié provinsie het op sy beurt die koronavirus opgedoen nadat hy Italië besoek het.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Nadia ·

Ek voel ons verdien reguit antwoorde. Hoekom kan mense kom soos hul wil maar net die klomp van China word gemonitor? Dis al lankal nie meer NET n China probleem nie, dis nou ons almal se probleem. Hoekom druk almal hul kop in n gat en maak of hierdie probleem nie bestaan nie? As almal vir n regverdige tydperk lewe asof almal die virus het ipv om te maak asof iemand iewers dramaties is kan dit dalk vinniger gestop word? Of redineer ek verkeerd?

Jinksie ·

Hulle moes maar bly waar hulle was en nie gaan speel het waar die virus is nie. DOM RYKMENSE!

Maritha ·

Asb mense. As julle teveel geldjies het, voer ń honger diertjie of kinders. Hou op vakansie hou oorsee. Of gaan en bly daar en moenie die goggas vir ons trug bring ni!

Blackwidow ·

Wat het geword van die Vrystaatse man wat nie oorsee was nie en die virus op gedoen het,

AnnieStevens ·

so baie verskillende nuusberigte met inligting wat nie ooreenstem nie, wat moet ons glo?

Jaco ·

Wanneer gaan dit ophou? Een van die dae is die hele SA ook besmet en dat is dit te laat.. Ek is baie bekommerd!

Kompas ·

Ek dink mense wat vanaf Europa af terugkom Suid-Afrika toe, moet in kwarentyn geplaas word. Die virus gaan soos ń velldbrand versprei as mense kom en gaan net soos hulle wil. Ek eis as die virus in plakkerskampe begin versprei en dan gaan dit nie eers die mense wat daar bly se skuld wees nie. of in ouetehuise ??

Werner ·

Wel ek weet van nog n geval van Gauteng verseker en hy was nie by een van daai lande nie so nie naastenby al die gevallen word rapporteer nie

Sune van Heerden ·

Dagsê Sean

Die woord “albei” was net oortollig in die sin. Jammer vir die verwarring. Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Brakenjan ·

Wat gaan gebeur sodra Covid ‘n plakkerskamp bereik? Gaan almal hul koppe in die sand druk, en “shocked” wees terwyl dit op Apartheid blameer word? Hierdie reisigers is klaarblyklik nie een geïdentifiseer op onse lughawens deur hierdie ‘goed voorbereide government’ nie.

gatgogga ·

“Die pasiënte in Gauteng is albei mans en vroue tussen 21 en 57 jaar oud.”
?

Sune van Heerden ·

Dagsê Johannes

Die woord “albei” was net oortollig in die sin. Jammer vir die verwarring. Ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Fiefie ·

Ek wonder nou net, siende dat diè virus van wilde diere af kom, kan ons as diereliefhebbers die virus oordra na ons diere? (En ek bedoel nou maar net dat ons ons diere drukkies en soentjies gee?)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.