Nog donderstorms wag op dié provinsies

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Erge donderstorms en swaar reën sal Gauteng, Mpumalanga en Limpopo na verwagting later vandag weer tref.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Saterdagoggend ’n geel vlak 2-waarskuwing teen donderstorms vir dié drie provinsies uitgereik. Dié waarskuwings geld vanaf 12:00 tot 23:00 en voorspel dat donderstorms swaar reën, sterk wind en selfs moontlik vloede op vatbare paaie, laagliggende gebiede en brûe tot gevolg kan hê.

Die weerdiens waarsku ook teen nat paaie, die val van bome en geringe strukturele skade.

Maroela Media het vroeër berig reën word Saterdag ook in KwaZulu-Natal, die oostelike dele van Noordwes en die Vrystaat voorspel. Die Oos-Kaap kan ook vanaf Saterdag tot Sondag reën te wagte wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.