Nóg ʼn kragtoring buite Welkom slaan om

(Foto: Verskaf)

Nóg ʼn kragtoring in die Vrystaat het Dinsdag omgeslaan en die kragtoevoer na die Witpan-substasie buite Welkom afgesny. Dít volg op twee soortgelyke voorvalle die naweek.

Dele van die stad, asook die Brand-goudmynaanleg en die Jurgenshof-myn was Maandag sonder krag.

Volgens Eskom het die 132 kV-kragtoring op die Everest-Witpan-lyn omgeslaan nadat staaldrade gesteel is.

“Hoewel daar in hierdie stadium geen aanduiding van die geraamde hersteltyd is nie, geniet die kwessie dringende aandag,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Die twee kragtorings wat Sondag op die Goudveld ná stormweer omgeslaan het, word tans herstel.

Die middestad van Welkom, die nywerheidsgebied, Bronville, Mandela Park, Doorn, Thabong- uitbreidings 9 en 15, asook dele van uitbreiding 19 sit ook sonder krag weens die skade aan die torings.

Eskom het weer om verskoning gevra vir die ongerief en verbruikers gevra om geduldig te wees terwyl herstelwerk voortduur.

Die kragvoorsiener het verbruikers gemaan om versigtig te wees omdat die kragtoevoer sonder vooraf waarskuwing weer herstel kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sarel ·

Wees geduldig … sodra herstel is gaan Eskom Beurtkrag toepas vir die verlies aan kragkewering

Stefan ·

Dit moet nie as diefstal hanteer word nie maar as sabotasie wat heelwat swaarder gestraf kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.