Nog ʼn silwermedalje vir SA by Statebondspele

(Foto: cyclingsa_road/Instagram)

Daryl Impey het Sondag ’n silwermedalje in die padwedren by die Statebondspele in Birmingham verower.

Nieu-Seeland se Aaron Gate het goud gewen en Skotland se Finn Crockett brons. Impey het die wedren van 160 km in 3 uur, 28 minute en 29 sekondes voltooi.

“Om my eerste medalje vir Span SA op die ouderdom van 37 by so ’n gesogte byeenkoms te kry, is regtig lekker. Ons het vandag ’n super span gehad. Ons was dalk minder in getalle in vergelyking met ander en ons was minder ervare, maar hulle het soos kampioene gery,” het Impey gesê.

Morné van Niekerk was 12de terwyl Callum Ormiston 37ste geëindig het. Gustav Basson was 66ste.

Impey se silwermedalje bring Suid-Afrika se medalje‑oes op 27 te staan. Dit sluit in sewe goud, nege silwer en 11 brons.

Bykomende bron: Saskok

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

miche ·

As Team SA dan van Mzansi praat( soos miljoene mense), neem ek aan dis ‘n kwessie van tyd voor hul hulself Team Mzansi noem? Nietemin, baie geluk aan Al die deelnemers.

Barend ·

Die Wêreld Junior Atletiek Kampioenskap het ook die afgelope ruk plaasgevind. Niks word van hulle in die nuus gesê nie. Gelukkig was dit op Supersport.

‘n Klompie medaljes is ook ingepalm soos die jong manne wat die 4×100 m aflos titel suksesvol verdedig het met baie goeie oorgeë.

Raath het amper goud in die hoogspring verower, maar ‘n tweedeplek in die reën was ook nie te versmaai nie.

Geluk aan hul almal.

Hendrik ·

Hi Barend. Die 4x100m aflos span is kort na die wedloop gediskwalifiseer omrede die 1ste atleet buite sy baan gehardloop het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.