Nog ʼn verdagte vas in Phala Phala-saak

Twee verdagtes in hof oor diefstal by Phala Phala

Imanuwela David (links) en Froliana Joseph het Dinsdag vlugtig in die Bela-Bela landdroshof in Limpopo verskyn. (Foto: Mashudu Malabi Dzhangi / Nasionale Vervolgingsgesag)

ʼn Derde verdagte sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Bela-Bela verskyn in verband met die diefstal op pres. Cyril Ramaphosa se wildsplaas Phala Phala.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, is die verdagte in hegtenis geneem nadat hy homself Donderdag by die Bela-Bela-polisiestasie oorgegee het. “Die verdagte was glo betrokke by ʼn huisbraak en diefstal op die plaas Phala Phala.”

Imanuwela David (39) en Frolina Joseph (30) sal ook weer Vrydag in die hof verskyn. Die twee het Dinsdag vir die eerste keer vlugtig in die hof verskyn op aanklagte van sameswering om huisbraak te pleeg, huisbraak, geldwassery en diefstal. David en Joseph is onderskeidelik Sondag en Maandag in hegtenis geneem.

Die klagte hou verband met ʼn inbraak op Ramaphosa se wildsplaas in Februarie 2020 waartydens $580 000 uit ʼn rusbank gesteel is.

Volgens Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Limpopo, is David en Joseph bekend aan mekaar. Die twee van hulle het saamgesweer om Phala Phala te beroof, beweer Malabi-Dzhangi.

“Die ondersoek het gewys dat die beskuldigdes op 1 Januarie 2020 saamgesweer het om by Phala Phala in te breek en te steel,” sê Malabi-Dzhangi.

Volgens haar het David toe op 8 Januarie saam met nog twee ander verdagtes op ʼn ander plaas in die omgewing, Stokkiesdraai, ingebreek, maar niks gesteel nie. Die dag daarna het hulle glo by Phala Phala ingebreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hannes ·

Die vierde verdagte, Cyril Ramaphosa is seker staatsgetuie, dus word hy nie vervolg nie.

Piet 6 ·

Ek wens julle wil berigte behoorlik lees voordat julle kommentaar lewer. Ek beskou jou kommentaar as naamskending en ek hoop president Ramaphose maak ń saak teen jou en eis miljoene van jou.

Helien ·

Hoe lekker lag ek nou. Skande dat Ramaphosa niks oor gekom het nie.

vuurvliegie ·

Piet met al die gemors wat die ANC en CR daagliks kwytraak sal die howe vol wees as ons landburgers hulle moet dagvaar.

Rooikoos ·

Wie dink jy het die geld in die rusbank versteek? En waar kom dit vandaan? Huh?

Shakespeare ·

Wonder hoeveel het Ramaphosa hulle betaal om onder die bus ingegooi te word.

Porseleintjie ·

Wonder hoeveel hulle betaal word? Not to worry. Indien wel gevonnis word, sal dit n hehaling wees van Zuma se vonnis en kwytskelding.

annie ·

Cyril woek na wild en wakker na culprits terwyl hy die hoofverdagte behoort te wees.

AREND1 ·

Ja.Dis reg dat hulle vervolg word,want dis ʼn misdaad en nou word Ramaphosa nie vervolg nie.

Wondermaarnet ·

Ek wil weet waar is die geld. Jy kan nie net buitelandse note inruil by enige bank sonder om te bevestig waar dit vandaan kom nie.

Papsak ·

Asb derde een vas getrek maar geld op Ramaphosa se plaas in sy sitbank gekry maar hy kom niks oor nie kyk hoe beskerm hulle hom kla hom ook aan o hy is onaanraakbaar hy nou niks gedoen nie asb

electricmango ·

Ewe skielik is daar nog een, ons polisie laat geen steen ongeroerd nie. En hulle werk vinnig. Die landsburgers bedank julle vir julle vinnige en voortdurende speurwerk.

Sê maar net ·

Ag die hele saak sal op die ou end uitgegooi word. Moeg vir nuus oor korrupsie, diewery en vrot stand van sake in ons land….maak my net depressief.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.