Nóg ʼn verdagte vas ná Vrystaat-plaasaanval

Argieffoto

ʼn Vyfde verdagte is in hegtenis geneem nadat ʼn bejaarde egpaar Saterdagoggend op hul plaas in die Hertzogville-distrik in die Vrystaat met pangas aangerand is.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê dié verdagte is Saterdagmiddag in hegtenis geneem. Volgens Thakeng is die polisie ook warm op die spoor van die sesde verdagte wie se identiteit aan die ondersoekspan bekend is.

Thakeng het bevestig dat een van die verdagtes ʼn werker op die plaas is. Meer inligting oor die verdagtes kan egter nie in dié stadium bekendgemaak word nie om te voorkom dat die ondersoek benadeel word.

Maroela Media het vroeër berig Japie (75) en Emma (75) van den Berg is Saterdagoggend buite hul huis op die plaas Langeveld aangeval. Hulle is erg aangerand, glo met pangas, en twee vuurwapens is gesteel voordat die verdagtes op die vlug geslaan het.

ʼn Plaaswerker het om 07:00 die polisie gebel en hulp ontbied. Meer as 50 boere met twee helikopters het dadelik ingespring om die polisie te help om die aanvallers se spoor te vat en vier verdagtes is kort na die aanval in hegtenis geneem.

Thakeng het vroeër die boere geloof vir hul vinnige optrede en uitstekende samewerking wat daartoe gelei het dat die verdagtes so vinnig vasgetrek kon word.

Die Van den Berg-egpaar is na ʼn hospitaal in Bloemfontein gehaas. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het Saterdag aan Maroela Media gesê hy verneem dat veral Japie baie ernstig beseer is.

Meer inligting oor die egpaar se toestand is egter nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

leser ·

kyk maar in enige geval van transito roof, gewone roof, plaasaanvalle, kapings, ens., inligting kom van binne af of een van die verdagtes is ‘n werknemer van die besigheid, plaas of huis.
“maar meneer, die persoon werk al 15 jaar vir my, is al 20 jaar ‘n werker van die familie”, pasop, mense, maak julle oë oop, WAWYD OOP

Middie ·

Mooi so, boere, saamstaan is nou ons redding. Julle vinnige optrede het vrugte afgewerp. Weer eens duidelik dat ses mense twee bejaardes aanval. Hulle krag lê in getalle, maar ons moet net saamstaan..

Countryboy ·

Die “verdagte” se identiteit mag nie gegee word nie want dit kan inmeng met die ondersoek…maar as n boer n betoger raak ry word sy volle identiteit vrygelaat….kom…maak die skuim se identiteit bekend laat ons publiek maar die polisie se vuil werk doen en na hom soek…

skrywer ·

maak nie saak hoe oop jou oë is nie leser, jy kan die perd nie in die pad steek nie. al weet jy ook hy is n verraaier. almal slaap nie soos jy dink nie. wetgewing bind eenvoudig ons hande.

Oom Kalahari ·

Meeste van die gevalle is die inligting en aanvalle deur werknemers van binne. Hul gee alle interne inligting uit teen vergoeding en maak seker die tye is reg ge-orkestreer. Boere moet begin kyk na alternatiewe opsies. Die grootste vertrouelinge is soms jou gevaarlikste, want om met die duiwel al jou persoonlike inligting te deel maak jy ‘n wolf in skaap klere. Asb gesels met mede boere en kry oplossings.

Reguit ·

Om ‘n laaste woordjie by skrywer hierbo te voeg: …..wetgewing bind eenvoudig jou hande…… en nét so gaan wetgewing jou laat bloei ook, en nét so gaan jou kinders ook bloei. Beste opsie is om daardie walglike hool te verlaat wat sulke wonderlike “wetgewing” het. Want met sulke “wetgewing” gaan jou kinders GEEN toekoms hê nie.

NZ ·

Daar is soveel eie ras mense sonder werk wat maar te bly sal wees om n arbeider op n plaas te kan wees. wat van gee jou eie ras werk en kyk of die aanvalle minder raak.

Ella ·

Ek stem saam met jou NZ! So n boerdery sal dan dalk glad nie geteiken word nie want daar sal té veel witmense wees. Ons weet mos nou al teen diè tyd dat hulle lafaards is daarom dat hulle in groepe aanval en weerlose oumense teiken! Dink hulle sal te bang wees om n plaas aan te val waar daar meer as twee witmense woon!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.