Nog twee vas vir kriptogeld-bedrogspul

hof-hamer

(Argieffoto)

Nog twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ’n kriptogeld-bedrogspul.

Zain Muhammed Valle (57) en Michelle Bianca Bezuidenhout (25) is by hul huise in onderskeidelik Lenasia en Alberton in hegtenis geneem en het Dinsdag in die streekhof in Lenasia verskyn. Hulle word van bedrog en geldwassery aangekla.

Volgens kapt. Ndivhuwo Mulamu, Valke-woordvoerder, hou hul inhegtenisneming verband met ’n beweerde kriptogeld-bedrogspul waar die klaer oorreed is om in Siyakhula Logistics te belê met die belofte van potensieel winsgewende dividende.

“Die klaer het na bewering R34 miljoen in die onderneming en Bezuidenhout se bankrekeninge oorgeplaas.”

Valle en Bezuidenhout het saam met Jarrod de Lange (32) in die hof verskyn. De Lange is in 2020 in hegtenis geneem.

“Daar word beweer dat Valle die klaer aan De Lange voorgestel het om in ’n vennootskap te gaan, maar dat die geld sonder toestemming vir ’n ander maatskappy gebruik is.”

Valle en Bezuidenhout is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat. De Lange, Bezuidenhout se man, is op borgtog van R20 000 vrygelaat.

Die saak is tot 19 Julie uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

duiweboer ·

Ek is innig jammer vir die mense wat so dom is om sulke geld sommer net oor te plaas. Verder is ek ook jammer vir jong mense soos Bianca wat hulle lewens weg gooi en in die tronk gaan sit.

E ·

Ja want hulle word gewoonlik deur ouer skelms gelei en beinvloed. Vroue en meisies moet liewer baie mooi dink voor hulle doen.

Dries ·

Hel, R34 miljoen is in enige taal baie geld. Die klaer moet n baie suksesvolle sakeman? wees.

Boon ·

Mense se hebsug verlei hulle gereeld, maar hulle will nie leer dat as iets te goed is om waar te wees, dit dan nie waar is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.