Nooddienswerker ‘teregstellingswyse’ langs pad geskiet

(Argieffoto: pixabay)

ʼn Nooddienswerker se liggaam is Donderdag langs die R76-Lindley-pad in die Vrystaat aangetref nadat ʼn verbyganger die polisie kort na 13:00 daaroor ingelig het.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê polisielede het die nooddiensvoertuig, ʼn wit Subaro Forester, langs die pad gekry. Dit het in die rigting van Bethlehem gestaan, met die hoofligte steeds aangeskakel.

Die 48-jarige slagoffer, wat volgens Mbambo teregstellingswyse geskiet is, se liggaam is op die grond agter die voertuig gevind.

“Hy het vyf koeëlwonde agter in die kop gehad en sy sandale het langs hom gelê,” sê Mbambo.

Die slagoffer het nie ʼn uniform aangehad nie. Die sleutel was steeds in die voertuig se aansitter.

Niemand is nog in verband met die moord aangekeer nie en die motief daarvoor is in hierdie stadium onduidelik.

Die Bohlokong-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

  • Enigiemand met inligting oor die voorval kan kapt. Screamer Tshabalala bel by 082 453 0794 of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Maggies ·

Dit gaan veroorsaak dat géén nooddiens meer wil uitgaan om mense wat regtig in nood verkeer te gaan help nie. Ai wat gaan van ons pragtige land word? Chaos regeer hier.

Stefan ·

Dis presies wat die wat die land onregeerbaar wil maak wil bereik.

Wielspore ·

Daar is deesdae onderlinge geskille tussen nooddienswerkers. In die verlede het die staat dit reguleer maar deesdae kan jy met ‘n basiese eerstehulp kurses agter jou naam jou eie ambulans diens begin. Die mark is oor voorsien van nooddienswerkers wat privaat besit en bedryf word en nou begin daar sabotasie plaasvind. Onlangs is ‘n privaat ondernemer se voertuie gedurende die nag met ‘n petrol bom gegooi.

koos ·

Hierdie storie klink baie verdag. Watter krimineel sal ‘n voertuig net so laat staan? Daarby tereg gestel?

Jack ·

Klink vir my asof die land nou n jagveld geword het. Niemand weet wie die prooi is nie maar dit kan ek of jy ook wees. Dit word nou ernstig tyd om te trek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.