NSFAS: Hoof, betaalstelsel ondersoek  

Andile Nongogo (Foto: NSFAS/Facebook)

ʼn Ondersoek is begin na die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) se direkte betaalstelsel en bewerings teen sy hoof Andile Nongogo.

Die NSFAS-raad het in ʼn verklaring gesê daar is die afgelope paar weke verskeie aantygings teen Nongogo gemaak wat verband hou met die onderwys-en-opleidingsowerheid vir die dienstesektor (SSeta) en hoe dit verband kan hou met onaanvaarbare gedrag in die toekenning van tenders by NSFAS. Nongogo is die voormalige uitvoerende hoof van SSeta.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het onlangs klagte teen Nongogo ingedien in verband met beweerde buitensporige besteding wat hy destyds by SSeta goedgekeur het.

Nongogo sal tydens die ondersoek met verlof wees en Masile Ramorwesi, finansiële hoofbeampte, sal in sy plek waarneem.

NSFAS-studente regoor die land het die afgelope paar weke aan betogings deelgeneem oor die nuwe direkte betaalstelsel. Hiervolgens stel NSFAS diensverskaffers aan om studente se toelae direk aan hulle uit te betaal in ʼn verpligte NSFAS-rekening. Volgens NSFAS het dié stelsel ten doel om tussengangers soos universiteite of banke uit te skakel. Van die probleme sluit glo in dat studente wat voorheen befonds is skielik nie meer toelaes ontvang nie en dat toelaes laat of glad nie betaal word nie.

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, is egter van mening dat die direkte betaalstelsel ʼn noodsaaklike maatreël is om onreëlmatighede met die betaling van toelaes te verminder.

Nzimande het die NSFAS-raad tot 30 Augustus gegee om die verslag aan hom voor te lê met ʼn plan oor hoe hulle al die uitdagings rakende die direkte betaalstesel gaan regstel.

NSFAS-finansiering het in nege jaar meer as vyfvoudig toegeneem, van R5,9 miljard in 2014 tot R47,6 miljard in 2023.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

annie ·

Studente, munisipale werkers en die staatsdiens+ skep die meeste pap in hul bakke. Die res dribbel af in die pad met baie daarvan wat glo gebruik moet word om slaggate heel te maak. Dié dat ons deesdae so lekker bly en ry in die voorspoedige land van ons.

Papsak ·

Korrupsie korrupsie niks wil stop nie hulle hou net aan en aan hierdie land het nie geld nie masr ja se liewers niks verder nie

christo ·

NFSAS studente is veronderstel om hulle lenings terug te betaal sodra hulle begin werk. Dit gebeur nie. Die hele administrasie is in chaos. Wel, wat kan mens verwag van skelm applikante en ANC kaderontplooing?

Di ·

Is daar EEN organisasie waar hulle in diens is, wat ‘n sukes storie is? Mooi geleer by hulle ANC kaders

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.