NVG besluit oor vervolging van platejoggies

DJ Fresh. (Foto: Facebook)

Die platejoggies DJ Fresh en Euphonik het in ʼn gesamentlike verklaring aangekondig dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) alle aanklagte teen hulle laat vaar het.

Maroela Media het vroeër berig ’n vrou het verlede maand aantygings op Twitter gemaak oor ʼn beweerde voorval wat glo in 2011 gebeur het. ʼn Klag is ook by die Sunnyside-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die twee platejoggies sê nou nadat die saak teen hulle ondersoek is, het die hoofaanklaer besluit dat daar nie meriete in die saak is nie en besluit het om hulle nie te vervolg nie.

Die NVG het nog nie self die besluit bevestig nie.

“Soos ons tevore gesê het, hierdie is vals aantygings en dit stem ons bedroef dat geslagsgeweld, ʼn ernstige krisis in Suid-Afrika, op hierdie manier as wapen gebruik is.”

Die twee het hul vriende, familie, ondersteuners en regspan bedank.

Primedia Broadcasting, eienaar van die radiostasie 94.7, het verlede week gesê hy het in die lig van onlangse ernstige bewerings teen hulle besluit om DJ Fresh (Thato Sikwane) en Euphonik (Themba Nkosi) se uitsaaikontrakte finaal te beëindig.

Die twee het daartoe ingestem dat hul kontrakte beëindig word.

Hulle het vroeër ook op Twitter aangekondig dat hulle al hul openbare verskynings gaan hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Casper ·

Dit gebeur toenemend dat vroue vals klagtes indien uit wraak of weerwraak net om die slagoffer ‘n les te leer.Dit kan mense se lewens heeltemal verwoes en die vrou kom niks oor nie.Vroens down dit ook om alleen toesig oor hulle kinders te kry.

Is jy seker? ·

Of dalk ‘n broer? Kneus merke wys nie altyd nie, want hulle weet waar om te slaan…

cynthia ·

my eie suster het dit aan haar eks man gedoen, net vir toesig, sy het sy hele lewe verwoes.

Chris dupreez ·

Die listigheid van die slang. En dit sluit albei partye in

Hennie J ·

Ek is nou nie regtig dol oor die outjies nie, maar nou sit Primedia Broadcasting met eier op die gesig. Hulle wou so graag wys hulle doen die regte ding en nou het dit lelik gebackfire!

Menan ·

Hennie ek wonder ook nou of hulle die twee outjies weer gaan aanstel of wat? Sal graag terugvoer hieroor wil kry. Shame man, die arme outjies.

Heinrich ·

Ken niemand meer die benadering om nie ‘n ‘knee-jerk reaction’ te hê op sulke berigte nie? Om mense se loopbane sommer op te skort oor gerugte sonder ‘n hofuitspraak is absurd.

Misky ·

Hartseer dat party vroue jare later kan kom en sulke aantygings maak en dan is daar geen bewyse of selfs moontlikheid van DNS toetse nie. Hoe bewys so man sy onskuld en dat sy hele lewe nie tot niet gaan nie? Nie dat ek sê dis die geval hier nie, maar weet van sulke gevalle en sommige vrouens het n wrok en kan baie skade aanrig.

Genis ·

Hoe sou Serfaas gese het: mens kry eva’s dan kry jy eva’s…

cynthia ·

het die wereld se respek vir DJ Fresh het hom al ontmoet, wat n gentleman, ek glo niks wat daai vrou se nie wil net sy lewe verwoes. Dit maak mens siek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.