NW-regering betaal salarisse vir 36 000 ‘spookwerkers’

Argieffoto

Argieffoto

Soveel as 36 000 staatsamptenare in Noordwes verdien maandeliks ʼn salaris, hoewel hulle nie werklik vir die provinsiale regering werk nie.

Premier Supra Mahumapelo het Woensdag bekendgemaak dat daar 36 000 “spookwerknemers” in die Noordwes-regering is. Hierdie werkers word ʼn salaris betaal en ontvang al die betrokke voordele, maar verrig geen werk nie.

Chris Hattingh, DA LP, het gesê die regering het in 2008 glo miljoene rande aan konsultante bestee om ʼn stelsel te ontwikkel wat die probleem van “spookwerkers” uitskakel. “Nou, sewe jaar later, was dit blykbaar ʼn nuttelose oefening en ʼn mors van belastingbetalers se geld,” het Hattingh gesê.

Die Congress of the People (Cope) het hom ook teen sterkste uitgespreek teen hierdie skoksyfer wat dié party die “skandaal van die eeu” noem. “Dit is onverstaanbaar hoe Noordwes kan toelaat dat 73% van sy begroting bestee word om salarisse te betaal. Hoekom het die wetgewer nie vrae gevra oor die buitensporige toedeling van hulpbronne aan salarisse nie? Eiebelang het heel eenvoudig geseëvier oor openbare belang,” het die party in ʼn verklaring gesê.

Hattingh het bygevoeg dat die reuse-hoeveelheid spookwerkers daarop dui dat die regering mense aanstel ongeag hul vaardighede, kwalifikasies, vermoë of ervaring om ʼn diens aan die inwoners van Noordwes te lewer, maar eerder bloot om vriende gelukkig te hou.

“Die DA sal vra dat die premier die uitkomste van die 2008-program om van spookwerkers ontslae te raak uiteensit, sodat die miljoen rande wat op hierdie duidelik mislukte ingryping spandeer is, bevraagteken kan word,” het Hattingh gesê. “Die premier moet ook ʼn nuwe plan aan die wetgewer voorlê om van spookwerkers in die provinsiale regering ontslae te raak.”

Cope het ʼn beroep op die Valke gedoen om die saak te ondersoek aangesien dit “duidelik ʼn saak vir spesialis-polisie is”.

Die woordvoerder van die Noordwes-regering was Woensdagmiddag glo in ʼn vergadering en kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

NEL ·

Wonder as Noordwes so lyk wat die kleinste provisie is hoe lyk die res van die land. Kader sorg vir kader en so gaan die belasting geld in die sakke van die wat nie ‘n steek werk nie. Hoe lank kan dit nog aanhou………..

Theresa ·

As jy dom is, is jy dom. Dis hoekom ons land ten gronde gaan. Dis agv mense in poste wat nie weet wat hulle moet doen nie. Dit gaan nie meer oor bevoegdheid nie – dit gaan net oor my comrade wat in die stoel sit. Dis mos hoe dit hoort. Dit gaan orals in alle werksplekke so. Daardeur word ons land en mense vernietig. En hulle wonder nou wat gaan aan, maar die statistieke wys mos – alles verbeter elke dag…………………………………..

Yvonne ·

Dis BELAGLIK!!
Grote Griet. Wil jy my se hulle weet nie eens wie werk daar en wie nie? Aii hoe lekker gaan dit net nie, wil ook op my jack heeldag sit en ‘n salaris EN voordele ontvang!
Gun wonder hierdie land is soos wat hy is nie. JULLE IS ALMAL USELESS!!!

Windhond ·

Die grootste grap wat ek die jaar gehoor het en dit nog met my belasing geld wat die onbevoegde skelm ANC regering hulle ongeletterde spook boetties en sussies mee betaal.

George ·

Veronder stel elke werker het omtrent R25000 per maand gekry dit is R25000 maal 36000 spoke gee vir jou R900 000 000 per maand wat ge steel is .

Marthie ·

En die korrpuse van die lot is seker die Onderwys Departement. G’n wonder Onderwyswes ontvang nie hulle salaris of “back pay “nie. Dit is ‘n skande.

Kwagga ·

Ag nee magtig man. Die verkeerde vra word gevra in die Parlament. Ek betaal geen belasting meer. Ons kan in die hof ook draai ek het my bewyse nou. Onthou wat Siener van Rensburg voor spel het en ek glo nie eens aan al hierdie nonsens nie maat ek sien dit raak elke liewe woord wat die man 100 jaar gelede voorspel het. Scary

nuwe suid afrika ·

Lekker man lekker! Welkom in die nuwe. BEE korrupte Suid afrika.

Fanie ·

Ek haat dit as mense praat van ‘n Nuwe Suid-Afrika. Nuut beteken tog immers nuut(skoon, vars, ongerep,onbeskadig). As vrot nuut is, dan wil Ek weet, wat is nuut!!

Jenny THom ·

Geen wonder ons land is in die toestand nie. Alleen ABBA Vader kan ingryp en Sy volk verlos. Wanneer laas het julle in Kerkstraat verby President-woning gery? Doen jouself die guns en gaan kyk bietjie die ongelooflike sekuriteitmuur wat nou, afgesien van al die ander daar opgesit word? Waarvoor is die mans sooooo bang?
Dankie vir Maroela Media, lekker om saam met julle op daaglikse basis te kuier.

Deon ·

Ek is seker dat die 36,000 spoke se geld gaan elke maand na ‘n paar van die raads lede se bank rekening toe,die bank rekening nommers moet met die ID nommers vergelyk word tesame met die belasting nommers (Bv: elke een wat “oes” het dalk 10 verskillende bank rekening nommers by 10 verskillende banke,met sy vrou, sy familie en selfs sy eie ID nommer. En as daar belasting nommers betrokke is,wat sê SARS,of gaan hulle dit ook oorsien soos in Malema se geval?

Charming ·

Daarsy oplossing gevind…ek gaan ophou werk. NW toe trek en ook ‘n spook word wat salaris verdien en by die huis is of nog beter dalk my eie onderneming bedryf. Klink vir my na ‘n wenner!!!!!!!! Maar helaas sal hulle “ek is skuldig” op my gesig sien nog voor ek iets gepleeg het,………….. :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.