NWU sluit Potch-kampus oor ‘verwagte onrus’

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die NWU se Potchefstroomkampus. Foto: NWU Pukke/Facebook

Die Noordwes-Universiteit het aangekondig dat sy Potchefstroomkampus Vrydag gesluit sal wees weens die “huidige klimaat in die hoër onderwyssektor”.

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê die besluit is geneem om die veiligheid van studente en personeel te verseker nadat inligting ontvang is dat “onrus” op die kampus verwag kan word. “Die universiteit het alle veiligheidsmaatreëls gereed om die situasie te bestuur. Die kampus kan rustig ontruim word. Daar sal met kampuskoshuisstudente, wat nie die kampus kan verlaat nie, die nodige reëlings getref word met inagneming van hul veiligheid.”

Die universiteit het gesê kampusbestuur monitor die situasie en sal studente en ander mense voortdurend op die hoogte hou. “Die gevolge van die besluit op enige akademiese aktiwiteite wat nog ter sprake is, sal met dekane bespreek word, en waar nodig aan studente gekommunikeer word. Die eksamen sal soos beplan normaal voortgaan.”

Die universiteit het ook ʼn beroep gedoen op personeel om slegs die kampus te betree “indien dit van kardinale belang is en noodsaaklike dienste verrig moet word”.

Die sluiting volg ná studentebetogings verlede week by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) begin het en vinnig dié week na universiteite oor die hele land oorgespoel het. Verskeie van die universiteite het reeds interdikte teen die betogende studente bekom nadat eiendom beskadig is en geweld plek-plek uitgebreek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bruno Stef ·

Ek hoop en vertrou dat my kleinkind darem haar eksamen sal kan afle NWU Potch kampus is darem nog redelik toeganklik seker omdat hulle getalle teen die betogers tel.

Swanna ·

Hoekom word hierdie kampus gesluit en ook nie die ander nie. Is dit oor dat hier iets gaan gebeur, waar ‘n botsing gaan plaasvind en die hare gaan waai? Hulle wou mos hier vir Totius se staand beeld verwyder en toe het daar van die wittes weerstaand gebied en dit gestop. Is dit dat hier die bom dalk kan ontplof en verder kan verspry?

Nelmari ·

Die ander kampusse is reeds gesluit. NWU is laaste om te sluit. Hulle sluit dit eerder voordat die probleme begin.

iemand ·

My broer wat nog daar swot se daars mense van die ander kampusse ingery Potch toe en hy sien baie mense wat nie daar hoort nie. Net gister is daar in sy kar ingebreuk.

Huisvrou ·

Sou dinge anders gewees het as SA universiteite vroeër al die leiding van internasionale universiteite geneem het en meer aanlynkursusse en gratic MOOC-tipe kursusse aangebied het?

Knersus D ·

Ja, dit is die antwoord, maar ek dink (weet?) dat ons Tersieere Instansies sal deur die regering en radikale andersdenkendes (a.k.a agtergeblewenes) geteiken word.

Dup du Plessis ·

Hierdie is regtig besig om mens gatvol te maak. Die kinders moet Maandag met eksamen begin. My seun is in ‘n koshuis daar, honderde km van sy huis, baie van sy maats kom van Namibië af – waarheen moet hulle ontruim? Nou word belhamels van die ander 2 kampusse van NWU aangery om by Puk moles te kom maak. Dan wonder mense nog hoekom ons eerder wil hê dat Puk losgemaak moet word van die ander 2 kampusse. Dankie Kgwadi, Froneman, Wessels en al jul maatjies – en alle eer aan FW, Roelf en die hele ou spul.

Daniel ·

Hulle wil alles verniet he en as hulle nie kan nie dan wil hulle betoog en alles aan die brand steek. Ek het ook ‘n dogter op potch wat onderwys swat en betaal harde kontant elke maand sonder om te betoog of ander mense keer wat betaal.

Syb ·

Volgens n epos wat deur my kind ontvang is vanaf die NWU is die student gevra om vanmiddag 12:30 by die Sanlam auditorium bymekaar kom om die aangeleentheid ivm met die taal kwessie by Pukke te bespreek en n memoranduim op te stel wat aan die Universiteit gegee word. NWU sal eers op 20/11 hulle verhoogde studie kostes bekend maak op 20/11/2015.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.