Nzimande wil Unisa onder administrasie plaas

Die Unisa-kampus in Pretoria. (Foto: Gauteng-toerisme)

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, wetenskap en innoverings, het ʼn brief aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) geskryf oor sy voorneme om die instelling onder administrasie te plaas.

Hy het die brief aan James Maboa, die raadsvoorsitter van Unisa, gerig.

Nzimande beoog om ingevolge wetgewing wat hom bemagtig om dit te doen, ʼn administrateur by Unisa aan te stel. Ingevolge dié wetgewing sal die raad van Unisa ontbind word met die aanstelling van ʼn administrateur.

Volgens Ishmael Mnisi, ministeriële woordvoerder, volg Nzimande se besluit op verslae wat saamgestel is deur ʼn onafhanklike assessor, prof. Themba Mosia, asook die ministeriële taakspan oor Unisa onder voorsitterskap van dr. Vincent Maphai.

Blade Nzimande, minister van hoër onderwys (30 Junie 2021) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

“Min. Nzimande is van mening dat die onafhanklike assessor se verslag finansiële en ander wanadministrasie van ʼn ernstige aard openbaar en dat dit die doeltreffende funksionering van die universiteit raak,” sê Mnisi.

“Die verslag onthul dat die aanstelling van ʼn administrateur in die beste belang van Unisa en van hoër onderwys in ʼn oop en demokratiese samelewing is.”

Die ministeriële taakspan het ʼn onafhanklike oorsig van Unisa se afwyking van sy mandaat gedoen; dit het reusegevolge vir die finansiële volhoubaarheid en toekoms van die universiteit getoon.

“Die taakspan het ook ʼn streng assessering gedoen van hoe die vierde nywerheidsrevolusie, asook die daarmee gepaardgaande ontwrigtings en veranderinge, die akademiese doelwit, programme, markte en bedryfsmodel van Unisa sal beïnvloed.”

Unisa se raad het sewe dae om skriftelik op die minister se brief te antwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

quartus ·

Niemand sou ooit kon dink dat UNISA ineen kan stort nie. Is dit die gevolg van regstellende aksie ?

Charles ·

Ek het deur UNISA geswot toe hy nog funksioneel was. Dammit! Daar gee ek my ouderdom weg…

domheks ·

VIVA cANCer!!! Julle vaar uitstekend. Nog ‘n instelling tot niet!

H.A. ·

Plaas maar eenmaal al die anc beheerde besighede onder administrasie.

Di ·

TIPIES! Alles onder die korrupte regering se beheer is ten gronde! Wonder of hulle geen skaamte het om te sien hoe hulle alles vernietig het nie

Kokerboom ·

Dis baie swaar om toe te kyk hoe ‘n eens instelling van uitnemendheid vernietig word deur die gevaarlik onbevoegde kaderregering!Hoe lank nog gaan ons die absolute gemors toelaat?

Katinka ·

Wat gaan jy doen, jy kan niks doen nie ongelukkig. Jy kan maar net staan en kyk.

blia ·

So dryf julle die een instelling na die ander (wat goed gewerk het) in die afgrond in. Die omvang van jul vermoë om ‘n land te ruineer slaan my stom!

Di ·

Presies! Daar is nie EEN Afrika land waar hulle regeer wat ‘n SUKSES verhaal is nie.

Tewis ·

Dr maak tog net seker daar word ń beviegde aan gestel en nie net nog ń maatjie nie!!!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek het 11 jaar lank aan Unisa studeer: Twee meestersgrade voltooi. Was voor 2000 ‘n puik universiteit. Ek het geen vertroue in en respek vir enige ANC en EFF leier van die verlede en hede nie.

marius ·

Van die grootste universiteit ter wereld tot ‘n krot. Hoe tiperend.

Katinka ·

So val alles onder die ANC, een van die dae is dit net bakstene en sand.

Ockert ·

That’s what happens when the students do not pay or refuse to pay any fees what so ever

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.