OB-komitee hoor nog getuienis oor Vrede-verslag

Adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Twitter)

Adv. Busisiwe Mkhwebane, geskorste Openbare Beskermer (OB), het glo gesê sy sal “gelukkig wees” indien geen nadelige bevindings in die Vrede-verslag gemaak word nie.

Lufuno Reginald Ndou, wat 19 jaar lank in verskeie hoedanighede in die kantoor van die OB gedien het, het Donderdag voor die parlement se artikel 194-komitee, wat belas is met die proses oor die moontlike verwydering van Mkhwebane as OB, getuig.

Hy het van 1 Desember 2016 tot 31 Januarie 2017 as waarnemende uitvoerende hoof van die OB se kantoor gedien en het in 2018 bedank.

Ndou het getuig dat hy in September of Oktober 2017 ʼn telefoonoproep van Mkhwebane ontvang het waarin sy kommer uitgespreek het oor die ondersoek na die Vrede-suiwelprojek.

Mkhwebane het glo aan hom gesê dat adv. Erika Cilliers, wat as hoofondersoeker aan die verslag gewerk het, die DA se saak in die verslag stel en dat dit duidelik is dat sy “vir die DA werk”. Mkhwebane het toe glo gesê dat sy bly sal wees as daar geen nadelige bevindings in die verslag is nie.

Volgens Ndou het Mkhwebane ook gesê dat die #GuptaLeaks-e-posse nie tydens die ondersoek gebruik moet word nie, hoewel dit strydig was met ʼn vorige opdrag van haar om te sê dit moet wel gebruik word.

Hy het glo sy bekommernis met Mkhwebane gedeel toe hy opgemerk het dat slegs een reël van die e-posse in die konsepverslag ingesluit is, en gesê dit kan gronde vir ʼn hersiening wees.

Ndou het die saak glo weer tydens ʼn taakspanvergadering geopper en is glo deur sommige kollegas, wat ook voorheen onsuksesvol probeer het om die kwessie te opper, aangeraai om dit te los.

Die komitee sal sy werk Maandag voortsit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jaco ·

Vreemde storie, dié Vrede suiwelprojek. As die meeste begunstigdes van die projek nou wit was, het ek nog verstaan waarom al die geld wat vir hulle bedoel was, weggeraak het: seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid op wit mense. MAAR die begunstigdes was almal swart; almal slagoffers van apartheid. So hoe dan nou? Hoe sorg die ANC regering dan so swak vir hulle eie mense?

domheks ·

cANCer sorg net vir die ‘elite’ die res van ‘our people’ moet maar doodgaan van die honger!

Hennie ·

Vir elke maand wat sy vasklou aan haar werk, word sy nog R200k betaal …

efjy ·

Liewe hemel kry klaar met die vrou. Sy lieg die heel pad. Almal kan nie die heel tyd lieg en net sy het nooit “niks ” verkeerd gedoen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.