OB: Nuwe mosie nou oorweeg

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer. (Argieffoto: Twitter)

Die speaker van die parlement het bevestig sy oorweeg die DA se jongste mosie om adv. Busisiwe Mkhwebane as Openbare Beskermer te verwyder.

Die DA se vorige mosie oor die aangeleentheid is teruggetrek en ʼn nuwe een is ingedien nadat die party Vrydag meer as 7 000 bladsye van aanvullende getuienis teen Mkhwebane aan speaker Thandi Modise oorhandig het.

Volgens Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, is alle prosesse rakende die DA se vorige mosie, wat in Desember ingedien is om Mkhwebane van haar amp te onthef kragtens die nuwe reëls van die parlement, nou gestaak.

Modise sal die nuwe mosie oorweeg deur te bepaal of dit aan die nodige vereistes voldoen waarna sy ʼn nuwe besluit sal neem. Indien die nuwe mosie aan die vereistes voldoen, sal ʼn onafhanklike paneel van kenners aangewys word om ʼn voorlopige assessering van die mosie te doen.

Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, het vroeër gesê die 7 000 bladsye van aanvullende getuienis het ten doel om hul mosie te ondersteun. “Ons hoop die parlement sal vinnig optree deur ’n ad hoc-komitee aan te stel vir die verwydering van Mkhwebane.”

Volgens Mazzone kom al meer inligting en erge mistastings aan die lig wat die party se oproepe om Mkhwebane van haar amp te onthef, ondersteun.

Die DA voer aan Mkhwebane is onbevoeg vir haar pos, onder meer op grond van die groot aantal hofuitsprake wat verskeie van haar bevindings al ongeldig verklaar het.

“Die DA hoop die skandelike hoofstuk van Mkhwebane se bewind aan die stuur van ’n eens trotse hoofstuk 9-instelling sal binnekort tot ’n einde kom sodat ons ’n sterk en bekwame kantoor van die Openbare Beskermer kan vestig wat Suid-Afrikaners teen staatsmisbruik beskerm.

“Die DA sal nie rus totdat Suid-Afrikaners die Openbare Beskermer kry wat hulle verdien nie,” het Mazzone gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Maria ·

Wel Inderdaad het sy tallose mistastings gemaak wat deur die reg omgekeer moes word, mag ons spoedig verneem van haar verwydering, Dankie aan die DA. Dit lyk of dit nou beter gaan met die opposisie en is daar veel minder skermutselings en verskille binne die party

Gato ·

Sy is soos daai Hanswors wat by die SAUK was (Hlaudi Something). Hulle glo net hulle self en dink almal is verkeerd behalwe hulle self.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.