OB weier om te swig onder druk oor Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die ANC se beleidskonferensie in Johannesburg. (Foto: Rajesh JANTILAL / AFP)

Die kantoor van die Openbare Beskermer (OB) is nié beïndruk daarmee dat opposisiepartye nou druk op die instelling plaas om pres. Cyril Ramaphosa se terugvoer aan hom oor die Phala Phala-skandaal te publiseer nie.

“Die OB se kantoor is ’n onafhanklike en onpartydige instelling wat slegs onderworpe is aan die Grondwet en sy magte sonder enige vrees, guns of vooroordeel uitoefen,” het Oupa Segalwe, woordvoerder van die OB, Donderdag gesê.

Hy het voorts daarop gewys dat die Grondwet enige inmenging met die funksionering van die OB se kantoor verbied.

“Die kantoor van die OB beskou dus die optrede van diegene wat druk op die instelling uitoefen om die betrokke bewyse bekend te maak terwyl die ondersoek nog aan die gang is, as inmenging en doen ʼn  beroep op hulle om dit te staak.”

Die OB se stief reaksie volg nadat die DA vroeër vandag in ’n verklaring gesê het die geheimsinnigheid oor Ramaphosa se terugvoer aan die OB oor Phala Phala is onaanvaarbaar en behoort uitgedaag te word.

Die president word daarvan beskuldig dat hy ʼn inbraak in 2020 op sy wildsplaas Phala Phala in Limpopo probeer geheim hou het. Diewe het na bewering $4 miljoen gesteel.

Die kantoor van die OB is sedertdien gelas om bewerings te ondersoek dat Ramaphosa die etiekkode vir lede van die uitvoerende gesag geskend het en het verlede maand bevestig dat die president sy terugvoer in dié verband aan die OB verskaf het.

Die OB se kantoor het wel gesê dat hy geen onderhoude sal toestaan of “enigiets meer sal sê nie anders as om te bevestig dat hy reageer het”.

Segalwe sê nou die besluit is geneem om die integriteit van die ondersoek te beskerm.

“Belangstellendes word dus versoek om geduldig te wees. Die uitkomste van die ondersoek sal op ’n gepaste tyd aan klaers en die publiek gekommunikeer word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Almal lieg so dat niemand meer geglo word nie! Dit is nie net hierdie partye wat vrae vra nie. Die hele land wil weet. En nee, ons vertrou niemand nie. Julle het julself mos oor en oor bewys! Kyk waarvan word Zuma beskuldig en kyk waar sit hy vandag. Leef in weelde op ons belastingbetalers se geld. Wat laat jul dink ons glo hierdie gaan anders wees? Laat ek nou eerder weerhou van dinge kwytraak wat my, die eerlike mens, in die tronk sal laat beland!

Nie Verbaas ·

“slegs onderworpe is aan die Grondwet en sy magte sonder enige vrees, guns of vooroordeel uitoefen,” het Oupa Segalwe, woordvoerder van die OB, Donderdag gesê. Nou doen dit dan en hou op sloer.

Manie ·

Die OB besef nie dat landsburgers die eienaars van die grondwet is nie, dit behoort aan die mense, nie aan die staat nie, die staat en sy instansies moet namens die mense van die land daarna omsien, dus werk die OB vir die mense van die land, ons betaal hulle (onverdiende) salarisse. So sussie, dis ‘n geval van landsburgers sê en jy doen, anders tatta jy.

Andries ·

DA. Los hul uit tot die ondersoek voltooi is. Of is die weer net ‘n publisiteits foefie.

Johann ·

Die foto sê als: “as ek hulle lank genoeg ignore en ander pad kyk…gaan hulle my uitlos”. Mags mal multimiljoenêr wat terloops veronderstel is om verandwoordbaar te wees vir ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.