‘Omstrede’ EFF-lid gekap ná studenteverkiesing

Jesse Griesel (Foto: Facebook)

’n Vrouestudent aan die Universiteit van Kaapstad (UK) is as “rasseverraaier” uitgekryt nadat sy as EFF-kandidaat in die studenteraadverkiesing deelgeneem en die naasmeeste stemme in die afgelope verkiesing verwerf het.

Luidens die voorlopige verkiesingsuitslae wat deur die universiteit beskikbaar gestel is, het die EFF agt van die 15 setels in die UK se studenteraad verower. Onafhanklike kandidate beklee in dié stadium sewe setels. Die EFF oorheers die afgelope jare reeds die UK se studenteraad.

Die 19-jarige Griesel het die naasmeeste stemme ná die onafhanklike kandidaat Tebogo Mabusela in die verkiesing ontvang.

Griesel word sedert haar aankondiging as EFF-kandidaat in September oorval met negatiewe kommentaar van mense wat haar op sosiale media as ’n verraaier uitkryt.

Die tweedejaarstudent het aan IOL gesê sy het die negatiewe kommentaar verwag, maar steur haar nie daaraan nie.

“Wit mense wil praat oor die EFF wat Suid-Afrikaners verdeel en rassespanning veroorsaak, maar EFF-lede het my omhels. Ek is deur wit mense as ’n rasseverraaier bestempel.”

Griesel sê sy ontvang ook baie steun nadat sy haar beskikbaar gestel het as kandidaat vir die EFF in die studenteraadverkiesings vir die 2021-’22-termyn.

Dít sluit in steun van hooggeplaastes soos die EFF-LP Nazier Paulsen, asook die voormalige DA-LP Phumzile van Damme wat haar gelukgewens het met haar besluit om haar beskikbaar te stel.

Griesel het verlede maand op Twitter gesê sy verbind haar as EFF-kandidaat daartoe om “gratis, gehalte- en gedekoloniseerde hoër onderwys” na te streef en werkers en studente in die universiteitsruimte te verenig.

Sy beoog ook om as lid van die studenteraad meer plek in universiteitskoshuise te verseker vir alle studente wat behuising benodig en geslagsgebaseerde geweld te pak.

Sy voel ook sterk daaroor om te verseker dat “benadeelde swart studente”, lede van queer-liggame, vroue en diegene wat aan geestestoestande ly nie deur enige beleidstellings benadeel word nie.

Maroela Media het navrae aan Griesel én die EFF Student Command gerig en wag steeds op terugvoer.

  • Die uitslae van die UK se studenteraadverkiesing is nog voorlopig en enige besware teen kandidate kon op die laatste Dinsdag nog ingedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

80 Kommentare

Elmarie ·

‘n Toe bek is ‘n heel bek. Laat ek liewer niks meer kwyt raak nie

ES ·

Kyk, sy kan aan enige politieke party behoort of deelneem wat sy wil – haar vrye keuse – maar hoekom ‘n party wat rassisme skree om elke hoek en draai en wat glo dat almal verniet onderwys moet kry maar nie voorstel hoe dit moontlik is om verniet gehalte dienste en onderwys te verskaf wanneer die mense wat daardie dienste bied salarisse moet kry nie.

Alta Alleman ·

Gaan sy ook saam met Julius toi toi en Kill the boer Kill the Farmer skreeu????

Mariana ·

Sy het blykbaar ‘n oplossing vir die verniet kry problee..

Aai ·

Sy weet duidelik nie waarvoor hulle staan of sy verraai haar eie velkleur.

Moedeloos ·

Wonder wie betaal vir haar studies? EFF brand als af en beskadig alles. Daar is ander platforms wat sy kan gebruik om haar stem te laat hoor. Hier kom nog n Carl Niehause episode

Nie Verbaas ·

Slaap maar voort liewe kind. Jy is duidelik baie oningelig of geïndoktrineer. EFF stel nie belang in jou agenda nie want hulle het presies die teenoorgestelde in die oog.

Dries ·

Sy sal eendag aan haar kinders moet verduidelik. Dit maak vreeslik seer. Arme ouers

Dries ·

Ai tog wat swot sy. Kannie baie intelligent wees nie. Het heel moontlik nie die vaagste benul wat sy besig is om te doen nie

Kerneels ·

Ek lewer gewoonlik nie kommentaar nie, maar ek moes nou eers in teken en vir Mariana dankie se vir haar skerp trugvoer. Ek het my nou pap gelag!

Heinrich ·

Sies tog, haar common sense laat haar toe ook maar in die steek en sy val hook-line-sinker vir die linkse propaganda wat vandag in skole gepredik word. Dis nie blankes wat teen haar kritiek uitspreek nie, dis mense wat van haar gebroke politiese mening verskil. Verskil is, sy wat kamptig nie-rassig is skreeu saam ‘rassisme’. Sy is deur EFF lede omhels as ‘n useful tool omdat hulle dieselfde verwronge ideologië aanhang; soos die dekolonisering van universiteite. Plaas daarvan dat julle julle eie universiteit oopmaak waar inklusiwiteit, kommunisme, marxisme en sulke dergelike kursusse gevolg kan word maar nou wil julle wiskunde, wetenskap en besigheidsbestuur vernietig by werkende instansies.

Belinda ·

Wonder net of sy die african language verstaan dat sy mooi weet wat gese word gedurende hul manifesto’s ens.
Ek gaan maar eerder net nou niks verder comment nie anders word my mening deur die modureerder weer afgehaal.

Daniel ·

Wonder of sy saamstem met Malema se “kill the boer” uitlatings?

Inkpot ·

Sy het geweet as sy vir die EFF staan, sal sy wen want dis die gesindheid by UK.
Dat mens jouself nou so kan uitverkoop!

Sarel ·

Dit is ‘n jong mens en ek glo met min ondervinding in die Politiek. Dit is egter hasr keuse en niemand het die reg om haar te beledig nie. Tipies van ons om iemand verder te vervreem…sy sal wel ontnugter word soos die ouens hulle ware kleure wys

Pieter ·

Moenie dink as die pawpaw die fan strike, jou rooi barette jou agterstewe gaan red nie meisie

Inge ·

Ek skud net my kop. Weet sy regtig wat aangaan? Nee, ek dink nie so nie.

cccp ·

“Wit mense wil praat oor die EFF wat Suid-Afrikaners verdeel en rassespanning veroorsaak, maar EFF-lede het my omhels. Ek is deur wit mense as ’n rasseverraaier bestempel.”
Ja, wel, ek dink jy het jou oorsaak-en-gevolg siklus ‘n bietjie deurmekaar sus. Jy wil dit laat klink asof jy die EFF verdedig en aanhang omdat EFF-lede jou omhels en wit mense jou as a rasseverraaier bestempel. Laat ek jou gou reghelp: EFF-lede omhels jou en witmense bestempel jou as ‘n rasseverraaier omdat jy die EFF verdedig en aanhang.
Wat party mense tog sal doen vir ‘n bietjie aandag en publisiteit.

AW ·

Laat ons nou maar eerlikwees….

Iewerste het iets drasties in haar lewe verkeerd verloop.

Nou die Vraag…

Op watter vlak van haar menswees , het daardie probleem ontstaan en as gevolg van wat

Kaal Keiser ·

Het Piet Retief nie ook gemaklik gevoel op een of ander stadium nie ?

Hondjie ·

Hahaha sy glo seker aan if you cant beat them..join them.lol

Jr ·

Jy sal nog spyt wees meisiekind. Hulle gaan jou onder jou agterent skop.

Gerhard ·

Ek is, soos meeste van julle, ook n ouer….sy kan regtig bly wees ek is nie haar ouer nie!!!! In my huis preek ons nie rassisme nie, maar oor my dooie liggaam sal ek my kind toelaat en veral nog n dogter ook, om van haarself so n teiken te maak. Ek wou nog meer se, maar woorde, ordentlike woorde ontbreek vandag

Henry ·

Wat ek wil se, mag ek nie se nie. Maar jy moet elke aand baie dankie se dat jy nie my dogtertjie is nie!!

Phillip ·

Gat kruip en hoop sy kry gouer haar graad more loop sy druipstret rond en dan draai almal hulle rug op haar . Haar hare gee haar weg

Adriaan ·

Tien teen 1 is sy n rykmanskind wat n slegte verhouding met haar ouers het en nou alles wat teen hulle waardes en norme is najaag, in n poging om hulle te “straf”.

Skim ·

Ek kry haar ouers jammer. Enige iemand wat gratis onderwys skree het nie ‘n benul waarvan hul praat nie. Stem sy nou buiten die onderwys storie saam met die EFF wat rassehaat betref? Sy geniet net al die aandag wat sy in die media kry, betreurenswaardig dat die EFF se ideologië haar ‘claim to fame’ is.

Di ·

GOOD LUCK meisie, sal sien hoe lank word jy goed behandel deur hulle

commontar ·

Wys jou net – enige publisteit is goeie publisiteit. Sy sou waarskynlik op geen ander manier verkies kon word tot die Studenteraad nie. Almal maak maar hulle eie keuses.

Jakalas ·

Los maar die arme kind, sy sal self haar les leer met tyd. Vir haar ouers se onthalwe, hoop net sy stap ongeskonde daar uit…

Kirst ·

Nog ‘n SA universiteit waarheen ek nie my kinders sal stuur nie. Gelukkig raak afstandonderrig al hoe makliker.

Frikkels ·

Ai tog Jesse kind. In die land van die blindes, is die eenoog koning. Wat het met jou opvoeding verkeerd geloop?

marius ·

Wonderlik ! . Gaan vier dit sommer vanaand en stap aleen huis toe !

Boerseun007 ·

Griezel Ek word naar net om na die foto te kyk.. Wat n dam skande. Die EFF is die grootste rasiste en dis teen wit mense jou dwaas. weet jy ooit wat een van hulle krete is “kill a farmer kill a boer”. Hulle is pure evil!!! Is jy deel van daai beleid ook!!!!

Martie Smartie ·

Sjeim, arme kind. Kan haar mense haar nie reghelp nie. Ek kan verstaan as sy as jongmens radikaal wil wees, n rebel en selfs aandag soek. Maar ai kind, rerig, daar is ander maniere. Eisj

Cobus ·

Los die dametjie, sy is mooi groot en volwasse. Kom ons kyk oor twee jaar van nou af, as dit so lank is, waar sy in die lewe is en hoe haar paadjie geloop het. Ek weet waartoe dit lei, want ek ken my geskiedenis. Sy gaan so ontnugterd en dalk nog vernederd anderkant uitstap. Hoop ou Julius sal haar maar troos.

Casper ·

Ja my kind en as jy wakker word is jou koffie koud.Die kriminele en verkragters daar buite vra nie vir watter party jy stem nie.Dit is seker jou demokratiese reg om die party van jou keuse te ondersteun maar oppas wie jy vertrou.Ek neem aan jy het ‘n EFF vriend aan jou sy.

My siening ·

Ja ons praat weer oor n jaar, in 1976 het n wit engelse journalist in soweto geskreeu I am British toe gooi hulle haar eers met klippe. UK IS IN ELKGEVAL EEN RASISTIESE UNIVERSITEIT! Wag tot hulle haar vra waar is alle verniet goed??

piet ·

Wat bedoel jy is ‘n “rassistiese universiteit”? Baie Afrikaners studeer daar, ek het ook. Word gereken as die beste universiteit in Afrika.

Anton J ·

Wat ‘n fout! Arme meisiekind. Ons sal jou seker eendag weer terug verwelkom wanneer jy die woord “spyt” verstaan en besef het.

anniekiewiet ·

Wat ‘n hartseer feëverhaaltjie. Ons wonder wat is jou agtergrond, waar het jy grootgeword, maar meer wonder ons of jy familie is van die verraaiers wat ons mooi land weggegooi het in die hande van hulle almal wie jy nou so aanhang.

piet ·

Reg of verkeerd, dis haar keuse en het niks met enige iemand anders uit te waai nie.

Esme ·

So jammer dat die kind haarself blootstel aan politiek. Ek wil glo dat haar ouers haar sal ondersteun in haar besluitneming – dit kan verrykende gevolge he.

Erika ·

Hierdie Jong meisetjie dink nie nugter nie…Of course she will be embraced…

JM ·

Haar uitdagende: “Kyk hoe dapper en oulik is ek.” Meisiekind, jy is in vir die verrassing van jou lewe en dit gaan nie ‘n aangename een wees nie. “Meng jou met die semels …” Dat ‘n mens so domastrant kan wees!!

Elize ·

Sy sal wel iewers in die toekoms met n harde slag terugkom aarde toe….

Pieter J ·

Hierdie universiteit was nog altyd die broeiplek van liberalisme en allerlei ander onheile.

sopbeen ·

Aitoggie kind. Die lewe het nog nie eens op jou kleintoontjie getrap dan wil jy jou kom slim hou. MM kon dit nie beter stel nie….. Moenie die oom of tannie in die familie wees van wie niemand hou nie.

Boer ·

Ek dink maar net aan haar oupa, pa en ooms wat in die grensoorlog moes veg het vir haar vryheid. Dit is n klap in hulle gesigte. Dankie tog sy is nie famielie van my nie.

Hennie ·

Iemand wat dink gratis onderrig kos niemand niks. Die klein snotkop weet soveel soos haar swaapagtige leier, ou Julie-haas!

Susan ·

Sies tog, sy het seker baie min aandag op skool gekry? Wonder of sy besef die EFF het geen ooghare vir die wittes nie, sy dink seker sy gaan ‘n beloning vorentoe kry van Malema homself?!

gpsa ·

Hoop regtig nie Maroela Media gaan weer verslag gee oor hierdie persoon nie.

Rhona ·

Tipies n geval van n kind wat nie haar geskedelis ken nie en n rebel without a course is. Was dit een van my kinders, wat deur hulle ouers wel opgevoed is met die politiek vanaf die verlede tot en met die hede, het ek nie verder haar studies betaal nie, haar my huis verbied sodat die EFF vir haar verder sorg en haar as my kind onteien.

Hendrik ·

As jy die krokodil voer, moet jy nie kla as hy jou eet nie …word groot poppie!

Johan D ·

Toe ek die berig lees het ek dadelik aan haar ewe wit kameraad gedink wat baie dapper was in Brackenfell! Die perd het egter vinnig agter ʼn bakkie geskuil toe die pawpaw die fan strike, toe hy weer tevoorskyn kom is die rooi beret en baadjie nie meer aan sy lyf nie! Ek wonder hoekom hy daarvan ontslae geraak het, weet iemand dalk?
Ek wonder of die kind werklik dink sy word op die hande gedra en of sy nie dalk maar net gebruik word nie?

Hasie ·

Sy het duidelik nog nooit gewerk as onderwyser nie….Sy is sekker bereis om verniet die massas te leer ….go for it

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.