Omstrede Eskom-kwytskelding teruggetrek

Minister Enoch Godongwana aan die woord. (Foto: Twitter)

Die nasionale tesourie het besluit om Eskom se omstrede kwytskelding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur vir eers terug te trek.

Enoch Godongwana, minister van finansies, het tydens ʼn gesamentlike parlementêre sitting van die staande komitees oor finansies, openbare rekeninge en openbare ondernemings gesê dat die kwytskelding tydelik teruggetrek word. Dit is sodat verdere samesprekings met die ouditeur-generaal (OG) en Eskom se ouditeurs gehou kan word.

Die omstrede kwytskelding, wat Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer is, sou behels dat Eskom vir die volgende drie jaar nie inligting oor wanbesteding en vrugtelose en nuttelose uitgawes in sy finansiële state sou moes aandui nie. Die entiteit sou dit wel nog in sy maandverslae moes meld. Volgens ʼn voorlegging wat Donderdag in dieselfde komiteevergadering voorgelê sou word, het Eskom verlede jaar self hierdie kwytskelding versoek.

“In die lig van kommentaar hieroor vanaf die OG én lede van die publiek, het die tesourie besluit om die publikasie van die kwytskelding in die Staatskoerant tydelik terug te trek, totdat verdere samesprekings kan plaasvind,” het Godongwana gesê.

Die aankondiging het grootskaalse teenkanting vanuit verskeie oorde ontlok, met talle rolspelers wat aanvoer dat dié stap die plundering van Eskom se geldkoffers net verder sou vergemaklik. Verskeie politieke partye en burgerregte-organisasies het ook gedreig met regstappe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Suzette ·

Hierdie spul moet dopgehou word dat hulle dit nie onder die tafel deur druk nie……

Roek ·

Of jy hul nou dophou of nie, hulle ploeter net voort en gee net mooi niks om nie !!

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat van Transnet se kwytskelding wat so stil-stil gebeur het?

Amelia ·

Ja maak bekend waar wat se geld heen gaan (nie dat dit wel gebeur nie te veel korupsie ) Wil als weer onder mat invee

Papsak ·

Hulle bly skelm hou hulle dop hoekom moet hulle van alles kwytgeskel word hulle het hierdie gemors aan gejaag laat hulle betaal en dit reg maak hoekom moet belastingbetalers altyd vir alles betaal dit baie onregverdig

SjN ·

Hoekom is dit in die eerste plek ingestel, iets word verdoesel!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Iets massiefs word verdoesel. Gaan vra maar vir Andre de Ruyter.

Koos 100 ·

Dit spreek boekdele oor die regering, tesorie en die minister van finansies. Die ANC kan nie hulle eie finansies bestuur nie, maar word deur die massas vertrou om die land en hope SOE’s te bestuur???

Carel ·

As MY maatskappy die “boeke kook” & korrupsie verdoesel, dan sal SARS my kaalgat uit trek, sekwestreer, my huis verkoop, ‘n insolvensie veiling op my beteken, ‘n helse boete oplê & in die tronk smyt . . . maar die Minister van Diefstal is mos verhewe bo die wet??
Piesang Republiek het so pas ‘n nuwe betekenis gekry.

Di ·

Net so! Hulle ALMAL het aandeel in die massas korrupsie wat in hierdie land aangaan. Boetie sorg vir boetie!!

Di ·

Wys mens net hoe hulle skelm hullle probeer om hierdie tipe dinge in werking te stel. As menigtes nie opslae hieroor gemaak het nie, sou hulle steeds voort gegaan het hiermee. Kyk net waar hulle kan wegkom om meer geld te verdoesel, skelms!

Kokerboom ·

Gegewe die finansiele posisie van Eskom, hoekom het Minister van Finansies dit in eerste plek toegelaat? Hy het ons vertroue in sy oordeelsvermoeë totaal geskend!

Frank ·

Oordeelsvermoe impliseer intellegensie en rasionele denke en dit is nie juis vollop in die ANC nie so nee, ONS het nooit enige vertroue in sy oordeelsvermoe gehad nie

efjy ·

Dis goed, maar die wet moes nooit eers die lig gesien het nie. Skade aan die regering se integriteit ( as daar nog oor was) is reeds gedoen. Wys tot watter ongekende vlakke hulle kan en sal daal om diestal goed te praat.

Wit Leeu ·

So dom soos grond ! Dis als net om die ANC rampokkers te beskerm !!! Genade iemand moet ‘n stokie hiervoor steek !!!

Johann ·

Die ANC is bankrot en desperaat. En skuld hulle kamerade en mede vergrypers wat saam by die krippe vreet. Hulle sal als doen om seker te maak hulle maak “budget”.

marius ·

Wetgewing om te verdoesel wat onder die mat ingevee word . Daar bestaan geen groter hool op aarde nie.

Frank ·

Dit is of was nie wetgewing nie en ek raai jy bly seker nie in SA nie

Nie Verbaas ·

Dit is verskriklik bevredigend om te hoor hoe die ANC se “hoogs intellektueles” die een toets na die ander dop.

Herman L ·

Kenmerkend van die kaders dat hulle wag tot daar ‘n krisis is voortdat hulle optree om dan uit te vind dat hulle nie die krisis kan oplos nie. Hulle spring dan rond soos ‘n kat op ‘n warm plaat om net later weer hulle besluit terug te trek.

annie ·

Waar is ons president deesdae of het ons ‘n nuwe president wat nog net nie die moed gehad het om voor die tv te verskyn nie. Eintlik sou laasgenoemde nogal ‘n goeie teken wees, iemand wat nog skaam kry oor alles wat so sleg en verkeerd is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.