Omstrede pastoor gee hom oor aan Valke

Die “profeet” Shepherd Bushiri. Foti: Facebook

Die omstrede pastoor Shepherd Bushiri van die Enlightened Christian Gathering-kerk (ECG) het hom Dinsdag aan die Valke oorgegee kort nadat sy vrou in hegtenis geneem is.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê Mary Bushiri is vanoggend by die egpaar se huis in hegtenis geneem.

Hoewel Shepherd aanvanklik inhegtenisneming probeer ontduik het, het hy hom later, vergesel deur prokureurs, by die Silverton-polisiestasie oorgegee.

Die ECG sê egter in ’n verklaring die Valke het die pastoor en sy vrou Maandagmiddag versoek om Dinsdag omstreeks 11:00 saam met hul prokureurs by die Valke se kantoor aan te meld om ’n aangeleentheid te bespreek rakende ’n belegging wat op ’n maatskappy genaamd Rising Estate betrekking het.

Shepherd Bushiri en sy vrou Mary. Foto: Dimpho Maja/African News Agency (ANA)

“Ons is meegedeel dat die Valke voor die afspraak na die profeet se huis gegaan het en net sy vrou in hegtenis geneem het,” lui die verklaring.

Volgens Mogale word die Bushiri-egpaar saam met ’n ander egpaar van betrokkenheid by bedrog en geldwassery ten bedrae van R102 miljoen beskuldig.

Dié egpaar, Willah en Zethu Mudolo, is reeds oor die naweek in hegtenis geneem en het sedertdien in die Pretoriase landdroshof verskyn. Die saak is tot 30 Oktober uitgestel vir ʼn formele borgtogaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Janee ·

Ag, so lekker om so grênd te wees met ander se geldjies!!!

Stofbakkies ·

En dan volg die mense hom nog slaafs na, ai die selfgemaakte Profete tog. So bly om te sien die wiel begin stadig maar seker draai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.