‘Omvangryke herstelwerk’ lê voor by substasie

Die Mooikloof-substasie het Woensdagaand aan die brand geslaan (Foto: Verskaf)

Voorlopige assessering dui daarop dat minstens 26 kragpanele in Woensdagaand se brand by die Mooikloof-substasie in Pretoria vernietig is.

Die Stad Tshwane het Donderdag gesê daar is reeds met die opruiming van uitgebrande toerusting begin om plek vir die installering van nuwe panele te maak.

“Ons spanne het reeds aangedui dat hulle nuwe panele sal kan kry om dié wat uitgebrand is te vervang.

“Die werk sal in alle erns begin om te verseker dat die terrein so vinnig moontlik skoongemaak word sodat die nuwe panele geïnstalleer kan word. Ons spanne sal ook onverpoos werk om die substasie weer in werking te kry,” het Hilgard Matthews, woordvoerder van Tshwane, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Matthews is die werk wat benodig word “egter omvangryk”.

Maroela Media het vroeër berig dat inwoners van dele van Pretoria dalk nege dae sonder krag kan wees.

Intussen duur ondersoeke na die oorsaak van die brand voort terwyl die stad alle beskikbare hulpbronne ontplooi om te verseker dat die substasie so gou moontlik weer in werking is.

Matthews sê inwoners sal op hoogte gehou word soos herstelwerk vorder.

Die gebiede wat geraak word, sluit in Moreletapark, Pretoriuspark, Mooikloof, Olympus, Bosveld en ’n deel van Garsfontein.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

casper ·

Dit is nou presies wat gebeur wanner onkundige mense met ‘n lae vlak kwalifikasie probeer om instandhouding te doen sonder ervare supervisie !!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

So, wat het ons geleer uit hierdie voorval? En wat gaan onverwyld gedoen word dat die stelsel nie weer uitbrand nie? En wat gaan gedoen word om die stelsel te beskerm teen stropers, saboteurs of terroriste?

annie ·

Die werker wat glo gebrand het, wat was sy rol in die gebeure?

Hennie ·

En die volgende substasie brand is nie vêr weg nie. Sisteem is oorlaai agv die “roofkykers” wat nie vir krag betaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.