‘Onbevoegde polisiediens laat misdaad styg’

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die groot toename in misdaad in Gauteng kan deels toegeskryf word aan die ekonomiese druk en die polisiediens se onbevoegdheid om misdaad te bekamp.

Só het Kobus Hoffman, VF Plus-lid van die Gautengse provinsiale wetgewer, gesê met die bekendmaking van Gauteng se misdaadstatistieke vir die tweede kwartaal van die 2022-’23-boekjaar.

“Die VF Plus het reeds by verskeie geleenthede die provinsiale kommissaris, lt.genl. Elias Mawela, gewaarsku dat misdaad sal aanhou styg as daar nie aandag gegee word aan ʼn behoorlike begroting wat voorsiening maak vir genoeg toerusting, voertuie en behoorlike opleiding nie.”

Van Julie tot September vanjaar het die moordsyfer met 19,4% toegeneem vanaf 1 320 tot 1 579 in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Poging tot moord het met 28% vanaf 1 228 tot 1 575 gestyg. Swaarvoertuig-kapings het met 32,4% vanaf 253 tot 335 gestyg, terwyl diefstal uit voertuie met 18,5% vanaf 4 395 tot 5 210 gestyg het.

“Dit is ook onrusbarend dat die top 40 polisiestasies in Gauteng almal ʼn toename in die aantal aangemelde sake gedurende Julie tot September gehad het,” het Hoffman gesê.

Seksuele misdrywe teenoor vroue en kinders het met 90,2% toegeneem van 1 698 tot 3 230.

“Die VF Plus kan dit nie genoeg beklemtoon dat die syfer oor die feestyd skerp gaan styg indien die Gautengse polisiediens nie daadwerklik optree om misdaad te bekamp nie.

“Gauteng se inwoners kan nie langer met onbevoegde polisiediens saamlewe waar niemand se lewe veilig is nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Die land het gevou mnr Hoffman. Jy kan praat, waarsku en briewe skryf tot jy blou is. Hier moet nuwe staatkundige oplossings gevind word. Dringend!

Hendrik ·

Ek stem saam en sesessie (#CapeExit) en/of selfstandige bestuur(Orania Art 234 van grondwet) moet nou sterk gedryf word

Lillian ·

Afsiek, Aflui, afsleg … altyd siek, altyd moeg, altyd nie in die bui om enigiets te doen nie …

Kokerboom ·

Virseker maar kan mens hul kwalik neem met so ‘n patetiese topbestuur?

Christelle ·

Lillian, hoekom gaan jy nie polisie toe nie, sjoe, ons gaan sommer in n week n verskil sien. Daar is baie lede wat werklik hul bes probeer.

Nie Verbaas ·

En dan kwalifiseer die meerderheid nie eers om n graaf vas te hou nie.

Swerwer ·

Ons mensdom in hierdie land moet wakkerskrik en begin saamstaan teen hierdie kommuniste. Praat help jare nie meer nie maar so word alles maar net gelate aanvaar. Wakker word

Republikein in die Wes Kaap ·

Georganiseerde misdadigers is die vyand. En hulle hou te veel van geld om kommuniste te wees.

My siening ·

Useless criminal police force, you can not trust them and the good ones are threatened by this scum, nê Cele kader!

Anel ·

En nou gaan daar binnekort amper 10000 op ons losgelaat word. En seker nue eers ‘n handvol van ons mense nie. Dan kom hulle op die stasies so arrogant soos tien. Kan nie engels verstaan as jy met hom praat, kannie eers behoorlik lees of skryf nie, maar hulle word aangestel bo baie ander bevoegde jongmense wat die polisie ‘n roeping gesien het. Mens kry skaam vir die lede as mens na hul voertuie kyk, want meeste van hulle pas dit nie op nie. As daar niks is om mee te ry nie, sit hulle en niks doen. Hulle beskade wat dit is mos nie hulle sin nie en hulle eord nie verantwoordelik gehou nie. Geen disipine meer nie. Net maar nog ‘”job”!

Koos 100 ·

Gauteng SAPD val onder die Nasionale polisie diens, begroting inkluis. VF+ julle baklei op ‘n verkeerde forum met die verkeerde persoon. Julle moet met Cele en kie gaan baklei.

Jacques ·

Al wat ek kan se is dat dit ons eie skuld is en geen rede het om te kla nie ons het die Land vir hulle op n skinkbord gegee. Meeste mense wat kla het almal Ja Gestem met die Refferendum destyds.

Republikein in die Wes Kaap ·

Moet ook nie die Dakar bendetjie vergeet nie.

skurweberg ·

Die oorbevolking, besoedeling in riviere en damme, die maatskaplike en morele verval wat Suid Afrika en ander plekke teister sal nie meer deur ‘n polisiemag of menslike ingryping aangespreek kan word nie. Natuurkragte, pessiektes en ander rampe wat nie deur mense beheer word nie, was nog altyd die groot gelykmaker. Die nuwe Virus-variant erger as Covid is reeds geidentifiseer moontlik die begin van ‘n nuwe massa uitdunning van die mens. Hoe sal ons weet?

Linx ·

Ek gaan weer se “bring die bevoegde mense terug”,hou op mense aanstel volgens kleur en nie meriete,enige regdenkende mens kan sien “you failed”so hoekom nie die regte ding doen nie,dit is so frustrated om nie te kan se wat jy wil nie,maar kan niemand sien en erken dat dit wat gedoen word die verkeerde ding is nie.Ek is ‘n trotse polisie beampte maar dit is teleurstellend hierdie organisasie ,en of die stasie/eenheid provinsiaal is of nasionaal,daar is geen verskil nie oral is ‘n probleem.VETTING word heeltemal nie meer gedoen nie so almal is welkom,verder moet ek en die bietjie loyal kollegas van my,met misdaad baklei dan moet jy nog pasop vir jou kollegas ook….ds uitputtend

Pieter ·

Dis nie net in Gauteng nie klein plattelandse dorpies loop net so deur van die misdaad sagte teikens

Keelvol ·

Die voetsoldaat is neto goed as wat die leiers hom toelaat om te wees. Misdaad kan nie met beide hande agter die rug beveg word nie.

Andre ·

As politieke partye maar net die wil gehad het om hul mense te mobiliseer om op te ruk na die parlement en unie gebou om druk te plaas op die regering en hulle te ontbloot vir wat hulle is: onbevoeg! Dit moet ten minste een maal’n maand gebeur

Republikein in die Wes Kaap ·

Politieke partye is van geen nut. Die lewe is al te lekker as LP. Maar ons kan verseker burgerregte organisasies, kerke, landbou unies, private maatskappye, skole, sekuriteitsgroepe en alles waaraan ons behoort of ondersteun druk om meer aktief te wees. Dit sal miljoene mense onmiddelik aktiveer om deel te wees op veskeie vlakke.

marius ·

Van ‘n volhoudbare land na ‘n stinkende riool plaas . Dis die waarheid .

Hendrik ·

Vir elke probleem is daar ‘n nuwe geleentheid om die probleem op te los. Ons het besluit as gemeenskap om saam met polisie te werk en ons misdaad is baie laag. (Net oos van Pretoria) Ongelukkig moet die manne van die rusbanke afklim en tyd insit. Gat lig en doen iets vir jou gemeenskap. Ons het reuse suksesse met kameras en hommeltuie (drones) maar die grootste probeem van manne wat sit en TV kyk. Ons werk almal bedags en is ook moeg partykeer maar ons wil/sal ons gebied beveilig.

Friedrich ·

Dit is seker hoekom daar polisie stasies is waar daar gewaarsku word dat hulle deur gewapende reaksie sekuriteits maatskappye beskerm word. PATETIES!

Friedrich ·

Wat het geword van die goeie ou dae van biurtwagte in dorpe? Stel mense nie meer belang nie?

Gert ·

Soos iemand eens aan my genoem het. Wanneer jy al jou geld verloor het, het jy niks verloor nie, wanneer jy jou gesondheid verloor het jy iets verloor, maar wanneer jy jou karrakter verloor het jy alles verloor. Ons sit nie met n’ land en dienslewering wat siek geword het nie maar wat wel sy karrakter verloor het. Dit gaan nie oor blank of nieblank nie maar oor kultuur. Die regte gesonde kultuur moet begin ondersteun word om weereens die land se karrakter te bou sodat almal wat daarin wil deel, werklik bemagtig kan word.

Danie ·

Dis omdat die polisie deur poletiek bestuur word.Die polisie moes ook deur zondo ondersoek gewees het.Kriminele bestuur die polisie nou.

Christelle ·

Wat help dit die SAPD vang mense en die howe gee ligte strawwe en paroolraad laat net vry. Daar is in elk geval ver te min lede vir die mense in die land.
Ek wens die publiek wil ophou om net te kritiseer, as julle dan so goed is, word dan self n polisie man of vrou, dan gesels ons weer. Soos in elke werk is daar die vrot appels ja, maar die res doen hulle bes om n sukses te maak.

Hendrik ·

As die manne in blou ons nie kan veilig hou nie sal ons self ons eiendom en lewens moet beskerm. Ek het ‘n motor diefstal en huis braak statstiek Julie maand geword en sal enige iets doen om te beskerm wat ek nog het ten enige koste. hulle kom drink nie koffie en vra vir ‘n verlore vriend se adres nie.
Beurt krag en straat ligte wat nie werk nie veroorsaak ook dat daar ‘n aansienlike styging in inbrake is.

Die regering, polisie en alle staats instansies is onbevoeg en die biekie wat iets probeer wen nie die stryd nie.

Niklaas ·

Dit weet ons lankal. SAP se onbevoegdheid en sukkel vermoë sal duidelik lei tot hoë misdaad syfer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.