Ondersoek geëis na eerste burger se konvooi meisies doodry

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Hoëvlak‑, onafhanklike ondersoek word geëis na die dood van twee meisies nadat hulle glo deur ʼn voertuig in ʼn burgemeester se konvooi doodgery is.

Die voorval het Donderdag op die R66 in White City in Nongoma, KwaZulu-Natal, plaasgevind. Volgens Bheki Ntuli, provinsiale LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, het hy sy departement en die polisie opdrag gegee om ʼn dringende ondersoek na die voorval van stapel te stuur.

“Volgens ooggetuies het die voertuig teen ʼn baie hoë spoed gery toe dit die twee meisies, albei 13 jaar oud, getref het waar hulle langs die pad geloop het,” het Ntuli gesê. Volgens hom is vasgestel dat die voertuig deel was van die konvooi wat die KwaNongoma-burgemeester vervoer het.

Die voorval het tot betogings in die gebied gelei en paaie is versper met woedende gemeenskapslede wat daarop aandring dat daar opgetree word. Volgens Ntuli het hy reeds ingegryp om gemoedere te kalmeer en is die polisie ontplooi.

“Niemand is bo die reg verhewe nie en lede van die beskermingsdienste moet ook aan die land se wette voldoen,” het Ntuli gesê en bygevoeg dat streng opgetree moet word as ondersoeke na die voorval bevind dat die bestuurder roekeloos en nalatig was.

Die DA in KwaZulu-Natal het intussen ʼn onafhanklike ondersoek na die voorval geëis. Sharon Hoosen, die party se woordvoerder oor vervoer en gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het ʼn beroep op Ntuli gedoen om te verseker dat die ondersoek op ʼn hoë vlak plaasvind ten einde geregtigheid vir die twee meisies se families te verseker.

“Die LUR kan nie toelaat dat die uitslag van hierdie ondersoek toegesmeer word nie. ʼn Tikkie oor die vingers sal ook nie genoeg wees nie. Diegene wat verantwoordelik is, moet aan die pen ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sobymykoolkop ·

BLM nie hier van toepassing nie, neem ek aan, as dit ń bleek burgemeester se konvooi was het die hele land gebrand

Hennie ·

As die bestuurder swart was, los hom uit. Moenie nog geld mors op ‘n ondersoek wat geen uitkoms gaan oplewer nie.

Niklaas ·

Dis goed dat die aangeleentheid ondersoek word. En dit sal nie moeilik wees om die skuldige uit te wys nie . En dan , wat dan ? Afdanking , groot boete , tronkstraf , opgeskorte vonnis ? Soveel beamptes is deesdae onaantasbaar , dat die saak net ‘n stille dood sal sterf , onder die mat in gevee.

marius ·

Stuur ‘n grootkop met ‘n verskoning en ‘n sak vol van die belasting betaler se geld en alles is vergewe . Dit is die normes waarvolgens daar regeer word .

ES ·

Ek kan nie verstaan hoekom moet daardie konvooie so jaag om by hul bestemmings uit te kom nie. Dit moet blatante moedswilligheid wees want niemand jaag hulle mos nie??

Karinda ·

Die ou is seker in sy vorige slapie gesteur en moet so vinnig moontlik na sy volgende rus sessie vervoer word. Moeg mense die.

Kaal Keiser ·

Hulle ry so al vat hulle net die belangrike mense se kinders skool toe …

Cherokee ·

Waarom sou dit belangrik wees? Twee onskuldige 13jarige meisiekinders.

Pieter ·

“Niemand is bo die reg verhewe nie”. Hoe oulik, die uitslag van die sogenaamde ondersoek gaan die stelling beslis onwaar maak. Die “connected ones” is veeeêr bo die reg verhewe.

Racheltjie Debeer ·

Hoekom is daar ‘n konvooi nodig om ‘n burgemeester te vervoer?? ‘n Enkele polisie voertuig saam met die burgermeester se voertuig behoort voldoende te wees.

PH ·

Die burgermeester kan maar self bestuur sonder begeleiding ook.

PieterP ·

Hier jaag die verkeer in hulle Gti’s wydsbeen oor die sperstrepe met die groot indoena agter hom en nog twee swart karre weerskante van hom. Die hele pad is net hulle sin en jy moet grond toe skuif. Dus ry ek nou met porselein van gebreekte vonkproppe om hulle na hulle eie kant van die pad te beduie.

Jack ·

Hier gaan niks van kom nie net n verskoning en n paar kospakkies. Die mense met hul blou lig gemors verbeel hulle dat hulle belangrik is en voordat hulle nie aanspreeklikheid aanvaar vir hul eie gemors nie sal dit net dit bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.