Die departement van korrektiewe dienste het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat daar ‘n gat in ʼn tronksel by die Baviaanspoort-gevangenis buite Pretoria gevind is. Twee Boeremag-lede is glo onder die 12 gevangenes wat in die sel aangehou is.
Ofentse Morwane, die woordvoerder van die departement, het Maandag gesê die gat is verlede Sondag ontdek. Morwane sê daar kan nie in die stadium beweer word dat dit moontlik deel van ‘n ontsnappingspoging was nie.
Morwane wou nie sê wie die Boeremag-lede of die ander gevangenes in die tronksel was nie. “Die beginsel van onskuldig totdat skuldig bewys, geld hier. Ons kan nie nou spekuleer oor wat gebeur het nie, aangesien dit sekere sake kan beïnvloed,” het Morwane gesê.
Morwane sê ʼn interne ondersoek is van stapel gestuur om te bepaal wie die gat, wat sowat 10cm breed en 4cm diep was, gegrou het. Hy het nie kommentaar gelewer oor wat gebruik is om die gat mee te grou nie.
“Die sel is ontruim en die 12 gevangenes word afsonderlik in ander selle aangehou terwyl die ondersoek voortduur.”
Die saak is ook by die polisie aangemeld.
Volgens die Sowetan-koerant is die Boeremag-lede glo Herman van Rooyen en Dirk Hanekom.
Altesaam 20 lede van die Boeremag is verlede jaar in die Pretoriase hooggeregshof skuldig bevind aan hoogverraad. Hulle is tussen vyf en 48 jaar tronkstraf opgelê. – Sapa
Ek kry die idee die Boeremaglede word verdink – waarom die knaende verwysing na hulle.
Stem Trippie! NS: “Ofentse” – as jy dit uitspreek klink dit nogals soos “offense”….
En die ander gevangenis …… Watse misdade het hulle gepleeg ?????
10cm by 4cm…? Kwalifiseer dit as ‘n gat?
hahahaha…. ek wil dit ook graag weet!
‘n Gat is seker ‘n gat en dis opwinding. Lanie ek dink hulle het vergeet om hulle skoenveters vas te maak. Ha ha!
Nou kry die Boeremaglede selfs die skuld vir swak instandhouding. Wat is onder die gat?
“Rathole”
hahahaha ,,,,,Ja en nou kan ons seker se daar sien almal in die tronk hulle gat!!!!!
‘n Slaggat in die sel?! Synde die anc die padoppervlaktes onderhou kan die “gat” aan die deur van die regerende party gelê word. Swak instandhouding.